Skip to content

Bybel-veldtog

Wees deel van hul verhaal.

Christene regoor die wêreld staar ernstige uitdagings in die gesig. Dit is noodsaaklik dat Christene toegang tot God se Woord het en opgelei word om dit te verstaan – om hulle te help om in hul geloof te groei.

Miljoene Christene het jou hulp nodig om God se Woord te lees en te verstaan.

Geopende Deure help vervolgde Christene sedert 1955 om toegang tot God se Woord te verkry – toe ons stigter, Broer Andrew, die eerste keer Bybels na Christene gesmokkel het wat agter die Ystergordyn woon. Dit is al vir 70 jaar is deel van ons DNS: Om die Woord na gelowiges te bring wat alles waag om Jesus te volg.
Elke Bybel wat aan ʼn vervolgde Christen gegee word, is gelykstaande aan ʼn veranderde lewe – ʼn Dissipel wat dissipels sal maak. Jy kan nóú Christene bemagtig met die geskenk van God se Woord en dissipelskap-hulpbronne – en deel van hul verhaal wees.

Sal jy ʼn geskenk gee om God se Woord en die opleiding om dit te verstaan aan ʼn vervolgde Christen bring?

Elke R180 plaas ʼn Bybel in die hande van ʼn wagtende vervolgde gelowige en help hulle om in hul geloof te groei.
Sal jy asseblief nóú help?

“Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie?” – Romeine 10:14

Gee die geskenk van vreugde

Elke R180

kan ʼn Bybel en dissipelskap vir een gelowige verskaf.

Elke R540

kan ʼn Bybel en dissipelskap vir drie gelowiges verskaf.

Elke R1 800

kan ʼn Bybel en dissipelskap vir 10 gelowiges verskaf.

Romi: Bemagtig deur God se Woord

Terwyl hy in Maleisië grootgeword het, het Romi altyd gehoor dat hy ’n Christen is. Maar hy het geen idee gehad wat dit beteken nie. Daar was geen kerk in sy dorpie nie, en sy ma se Bybel was nie in sy moedertaal nie. Dit het jare geneem voordat Romi uiteindelik die waarheid oor Jesus gehoor het en ’n Bybel in sy taal ontvang het. ’n Geopende Deure-vennoot het na sy dorpie gekom en by hulle gewoon, waartydens hy hulle meer oor die Bybel geleer het. “Nou weet ons hoe om te bid en te deel wat ons uit die Bybel geleer het,” sê Romi.

Lees Romi se volledige verhaal en sien hoe die Bybel lewens verander

Wesley: Toegerus om sterk te staan

Wesley het in landelike Maleisië grootgeword en geglo in die krag van geeste wat in die natuur woonagtig is. Hy was 17 toe hy sy eerste kerkdiens bygewoon het en, in sy eie woorde, “die teenwoordigheid van God gevoel het”. Maar hy het steeds nie geweet wie Jesus was nie. Kort daarna het hy kontak gemaak met ʼn plaaslike Geopende Deure-vennoot wat hom vertel het van ʼn opleidingsprogram vir studente om hulle te help groei in hul geloof. Dit is waar Wesley geleer het om die Bybel te lees en ʼn sterk fondament ontwikkel het. “My lewe het verander nadat ek die waarheid oor Jesus geleer het,” sê hy.

Lees Wesley se volledige verhaal en sien hoe kennis van God se woorde en beloftes ons voorberei om beproewings en swaarkry die hoof te bied.

Geopende Deure: Ondersteun Christene waar geloof die meeste kos

Geopende Deure help al vir meer as 70 jaar Christene wat weens hul Christelike geloof diskriminasie en vervolging in die gesig staar. Ons missie is om gelowiges te versterk deur die verskaffing van praktiese hulp, geestelike ondersteuning, Bybelse opleiding en voorspraakonderrig – wat ook al nodig is om “diegene wat nog oor is, te versterk” (Openbaring 3:2). Dit is die visie wat God aan ons stigter, Broer Andrew (beter bekend as “God se Smokkelaar”), gegee het, en dit is dieselfde visie wat ons vandag nog dryf.

Sluit by ons aan om saam met vervolgde Christene te staan en hoop te bring aan diegene wat dit die nodigste het.

*Should this campaign become fully funded, we will apply your gift where the need is greatest.

Verwante veldtogte en gebeure

Veldtogte

Wêreldwaarnemingslys-veldtog

Sien meer
Back To Top
No results found...