Skip to content

“Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig!

Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring.

Daar is donkerte oor die aarde, duisternis oor die nasies,

maar oor jou gee die Here lig, oor jou verskyn sy magtige teenwoordigheid.

Nasies kom na jou lig toe En konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.”

Jesaja 60:1-3

Daar is meer Christene in Afrika as op enige ander plek ter wêreld. En tog, volgens die mees onlangse Geopende Deure-navorsing, is ʼn konserwatiewe skatting dat 95% van die Christene wat in 2022 weens hul geloof doodgemaak is in sub-Sahara Afrika vermoor is – waarvan die oorgrote meerderheid in Nigerië is. Die geweld teenoor Christene regoor sub-Sahara Afrika is eenvoudig ondenkbaar.

Maar die wêreld het dit nie opgemerk nie.

Selfs erger: Die wêreld se Christene het dit nie opgemerk nie.

Die Arise Africa-veldtog is daarop gemik om dit te verander, met God se hulp.

Die veldtog begin vanjaar met ʼn fokus op die Christelike jeug van Wes-Afrika, getiteld “AS EEN”. Ons gaan vir die volgende vier jaar saam met Christene regoor sub-Sahara Afrika staan om hulle daaraan te herinner dat hulle nie vergete is nie – dat hulle veerkragtigheid vir Jesus vir ons saak maak.

God se hulp is op pad – en die Kerk in Afrika staan op om Hom te ontmoet, terwyl hulle Sy lig omhels selfs te midde van “duisternis oor die nasies”. Jy en ons het ʼn kans om by God aan te sluit in hierdie magtige werk.

Sluit by ons aan as een Liggaam in Christus terwyl ons saam met die Kerk in Afrika teen gewelddadige vervolging opstaan.

STAND UP AS ONE CHURCH TO VIOLENT PERSECUTION IN AFRICA.

“Die gebed van ʼn gelowige het ʼn kragtige uitwerking.”

Jakobus 5:16

Een manier waarop ons teen gewelddadige vervolging in sub-Sahara Afrika kan opstaan, is deur vir ons geloofsfamilie in dié streek te bid.

Teken hier in vir jou gratis gebedsgids wat jy kan gebruik om vir vervolgde gelowiges in sub-Sahara Afrika te bid. Die gebedsgids is ʼn handige hulpbron wat jy kan gebruik in jou gesin, tussen vriende en in kerkkleingroepe om saam vir ons vervolgde familie in die streek te bid.

Jou geskenke help om ons vervolgde familie te versterk wanneer vervolging toeslaan. Jy kan vandag opstaan teen gewelddadige vervolging in sub-Sahara Afrika deur ons vervolgde familie in dié streek by te staan met ʼn donasie om te midde van vervolging aan hul behoeftes te voldoen.

Sluit aan by die Kerk in sub-Sahara Afrika deur op te staan teen gewelddadige vervolging deur vandag ʼn geskenk te stuur:

  • Elke R295 kan een Christen help wat uiterste geweld ervaar het deur hoop en genesing by ʼn traumasentrum te verskaf.
  • Elke R565 kan voedsel, medisyne en ander noodleniging verskaf om een gelowige te help wat deur vervolging ontwortel is.
  • Elke R1 550 kan 17 jongmense uit vervolgde families vir ʼn maand onderrig, wat hulle hoop vir die toekoms sal gee.

*Enige oortollige fondse sal aangewend word om vervolgde Christene in ander lande te versterk waar dringende hulp nodig is.

Help ons om bewustheid te skep oor ons geloofsfamilie in sub-Sahara Afrika deur by ons aan te sluit as ʼn kerkambassadeur vir hierdie veldtog waarmee ons ons familie op die Afrika-kontinent ondersteun.

Jy sal die persoon wees waarna mense by jou kerk kan gaan vir enigiets oor ons Arise Africa-veldtog. Jy moet die kerk op datum hou oor die nuutste stories, hulpbronne en veldtogte om hulle in staat te stel om te bid en aksie te neem.

Wat word van jou verwag?

  • Verbind jouself daartoe om vir die duur van die veldtog as ʼn kerk-ambassadeur te dien.
  • Raak vertroud met die veldtog se inhoud en doelwitte.
  • Bly op hoogte van die veldtog-verwikkelinge.
  • Deel inligting met jou plaaslike geloofsfamilie.
  • Inspireer verandering en gebed vir die vervolgde Kerk in Afrika.

Al wat jy benodig, is ʼn hart vir ons vervolgde familie en gretigheid om ʼn verskil te maak, en ons sal die res verskaf. Vul asseblief die vorm hieronder in om jou aansoek in te dien.

Indien jy enige vrae het, kontak Sonja by [email protected].

Back To Top
Soek