
Watter beter geskenk kan jy gee?
Die Bybel sê: “Op u Woord kan ʼn mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas.” – Psalm 119:160. God se Woord is ewigdurend. ʼn Bybel is dus ʼn geskenk met ewigheidswaarde.
Dit is absoluut wonderlik!
Wil jy dit nie oorweeg om ʼn eenvoudige, tog gewaagde, stap te neem en ʼn maandelikse bydrae vir twaalf maande te gee nie?
Dink net hoe wonderlik dit sal wees as twaalf mense se lewens vir ewig verander is! Dink net watter impak twaalf mense wie se lewens deur die Evangelie verander is, op hul gemeenskappe kan hê.
Deur R180 per maand te gee, kan jy elke maand ʼn Bybel in die hande van ʼn vervolgde gelowige plaas en daarmee saam die nodige dissipelskapondersteuning om hulle te help om die Woord te verstaan.
Die Bybel en dissipelskapondersteuning wat vervolgde Christene ontvang, help hulle om sterk te staan in hul geloof en in hul geloof te groei – ondanks die teenstand wat hulle soms van hul gemeenskappe of die owerhede verduur.
“Ek is só bly dat ek ʼn nuwe Bybel het wat ek my eie kan noem!” sê Dorcas, ʼn jong gelowige van Nigerië, nadat sy haar eerste Bybel ontvang het. “Vir my is hierdie Bybel ʼn wapen waarmee ek die lewenstryd kan oorwin.”
Ons kan almal só ʼn verskil in mense se lewens maak – nie net in Dorcas se lewe nie, maar in die lewens van Christene regoor die wêreld.
Dankie vir jou hulp aan ons broers en susters om in God se Woord gewortel te wees en om hulle toe te rus om in die storms van die lewe staande te bly.
