Skip to content

ONS WORTELS

Andrew van der Bijl, ʼn jong Nederlandse sendeling is genooi om ʼn Kommunistiese Jeugfees by te woon in 1955 in Pole. In sy tas het hy Christelike leesstof gedra, bedoel vir gelowiges in Warskou.

Wat hy agter die Ystergordyn gevind het, was ʼn Kerk met ʼn dringende behoefte aan ondersteuning en Bybels. Dit is in hierdie oomblik dat God Broer Andrew, soos wat hy oor die algemeen bekendstaan, geroep het deur die woorde van Openbaring 3:2, “Word wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe…”

Broer Andrew se eenman-onderneming het vinnig gegroei tot ʼn wêreldwye bediening. Die werk van Geopende Deure het uitgebrei om Bybels in China, Viëtnam en later Afrika en die Moslem Wêreld in te neem, en die organisering van opleidingseminare en praktiese bystand vir vervolgde Christene. Onder Broer Andrew se leierskap het Geopende Deure gegaan waar die meeste Westerse Christene nie durf om te gaan nie. Sy ondergrondse netwerk van inheemse Christene het in die geheim gehelp met die verspreiding van miljoene Bybels elke jaar, wêreldwyd.

Dit is meer as 60 jaar later, en Geopende Deure gaan voort om duisende pastore en kerkleiers op te lei en geestelike en statutêre ondersteuning vir Christelike gevangenes te voorsien. Ons bied terselfdertyd ekonomiese verligting vir hulle gesinne, asook die families van martelare.

As jy meer wil weet aangaande Broer Andrew en die bediening van Geopende Deure, bestel gerus jou kopie van God se Smokkelaar by ons.

Teken in om ons nuutste kommunikasie te ontvang

Jy sal die nuutste inligting en opdaterings oor ons vervolgde familie kry, en maniere ontdek om deel te wees van hul storie deur te bid, te gee en saam met ons geloofsfamilie te staan.

  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek