Goeie nuus: Briefskryf is nou weer aan die gang. Sien die nuutste skryfveldtogte hieronder!
Wanneer ons vervolgde Christene bemoedig gee ons vir hulle hoop, help ons hulle om geduldig te wees, en maak ons dit vir hul makliker om ander lief te hê met Jesus se liefde. Jy kan vriendelike woorde aan ons vervolgde broers en susters skryf, en hulle versterk in die geloof namate hulle God se Koninkryk uitbou waar geloof die meeste kos.
Skryf aan vervolgde christene
Briewe aan vervolgde Christene kan slegs in Engels geskryf word, dus is al hul stories ook slegs in Engels beskikbaar.
Bid dat:
- Jou brief veilig by sy bestemming sal aankom.
- Die ontvanger geseënd sal wees deur dit wat jy geskryf het en opgebeur sal word deur die wete dat jy vir hulle bid (Romeine 15:30).
- Die Here die ontvanger krag sal gee om te volhard, en dat hulle God se deernis en genade sal aanvoel (Jakobus 5:11).