Het jy geweet dat jy ʼn geskenk in jou testament kan laat vir die vervolgde Kerk, wat jou ondersteuning verder laat strek as jou leeftyd?
Talle van ons deurlopende projekte word deur die donasies, nalatenskappe en gebede van lojale ondersteuners onderhou. Nalatenskappe wat deur ons ondersteuners agtergelaat word, sorg vir 2% van ons huidige inkomste.
Deur ʼn erflating aan Geopende Deure te los, kan jy voortgaan om die mees vervolgde gelowiges te ondersteun deur die lig van Christus in die donkerste plekke op aarde te laat skyn, en God se Koninkryk uit te bou vir komende generasies. So kan ons saam aan ons lydende geloofsfamilie kan sê: “Ons sal daar wees. Ons sal jou bystaan. Jy sal nooit alleen wees nie.”