Skip to content

By Geopende Deure Suider-Afrika is ons opgewonde om 50 jaar van diens aan die vervolgde Kerk te vier.

Dien ‘n video in
Bespreek jou plek
Maak ‘n skenking
Gee ‘n maandelikse geskenk
Vra vir ʼn Geopende Deure-besoek

Waar ons terugkyk op die laaste 50 jaar, word ons herinner aan die vers:

“In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie;  ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.”
(2 Korintiërs 4:8-9)
.

Geopende Deure Suider-Afrika vier vanjaar 50 jaar van genade in diens aan die vervolgde Kerk. Dié mylpaal sou glad nie moontlik gewees het sonder God se genade, leiding en voorsiening nie. Dit sou veral nie moontlik gewees het sonder ons lojale vennote wat ons vervolgde familie in Christus bygestaan het deur hul gebede en ondersteuning nie.

Hoekom hou ons ʼn viering?

  • Om God te dank vir sy getrouheid deur ons die voorreg toe te laat om die vervolgde Kerk te kon dien vir die afgelope 50 jaar.
  • Om al die vervolgde Christene te onthou wie ons die eer gehad het om te kon dien en te versterk tot eer van God.
  • Om ons vennote te bedank wat vir al die jare saam met ons vervolgde familie gestaan het in gebed en ondersteuning.

Ons vervolgde familie word op elke denkbare manier verdruk, terneergedruk, vervolg en vertrap vir hul geloof in Christus. Tog, afgesien hiervan, en te danke aan God se genade en ons ondersteuners se liefde vir hulle, is hulle nie verleë, radeloos, verwerp of vernietig nie.

God se getrouheid is sigbaar in die manier waarop Hy by ons was, deur die goeie tye en uitdagings van die bediening, en deur teenwoordig te wees in die lewens van ons vervolgde familie wanneer hulle dit die meeste nodig het. Ons vennote se liefde en ondersteuning het verseker dat ons familie kon sterk staan vir die Naam van Christus, ongeag van wat hulle in die gesig moes staar wanneer hulle Hom dien in van die donkerste plekke op aarde om ʼn Christen te wees

Is dit tog nie waaroor die Liggaam van Christus gaan nie? Elke personeellid, vennoot en elke vervolgde Christen wat hul rol speel as deel van die Liggaam van Christus  – elkeen met hul eie talente en gawes. Diegene wat kan bid, bid. Dié wat kan gee, gee. Elkeen wat kan lei, dien en doen dit met liefde. Hierdeur word diegene wat op die frontlinies van ons geloof lewe, versterk in hul stryd om die duister af te weer.

Daarom, laat ons saam, met ons hande in die lug, feesvier en die Here dank vir 50 jaar van genade en diens van die vervolgde Kerk!

Datum:
8 Mei 2021

Tyd:
08:30 vir 09:00 – 12:30

Plek:
Northcliff Union Church of aanlyn

Kaartjies:
R100 per persoon
R50 aanlyn

Bespreek vandag jou sitplek(ke) om in persoon of aanlyn by ons aan te sluit:

Die kaartjieverkope vir ons 50ste viering is gesluit. Vir enige navrae, stuur ‘n epos aan [email protected]
Back To Top