Skip to content
Nuwe gelowige bly toegewyd aan Christus

Elke keer wat ʼn Moslem die Evangelie hoor en as die Waarheid aanvaar, is nie net ʼn klein wonderwerk nie.

Die waarskynlikheid dat Daniel* (25) ooit die Evangelie sou hoor, was bykans niks nie – maar tog het God vir hom ʼn manier geskep om die Waarheid en Lig te sien toe hy besluit het om die Bybel te lees om te bewys dat die Koran reg is.

Om Christus te kies, het meegebring dat Daniel verwerping, eensaamheid en die nabyheid van die dood verskeie kere op ʼn jong ouderdom ervaar het. As dit nie vir ʼn plaaslike kerk en Geopende Deure se ondersteuning was nie, sou hy verseker na Islam teruggekeer het. Danksy jou ondersteuning het Daniel ʼn familie in Christus en hoop vir ʼn ewige toekoms.

 Hoor hoe hy sy getuienis deel…

Dit is ʼn wonderwerk dat Daniel nog leef en steeds toegewyd aan Christus is. Soos so baie jongmense wat tot bekering kom vanaf Islam na Christenskap, moes hy ʼn tydperk van uiterste isolasie en eensaamheid deurmaak. Nuwe en jong gelowiges is gedurende dié oorgangstydperk op hul kwesbaarste, aangesien hulle nog nie ten volle by die Christen-gemeenskap geïntegreer is nie.

Sonder holistiese ondersteuning van die Kerk, verloor baie hul lewens of keer hulle weer na Islam terug. Daarom het hulle die ondersteuning van hul familie in Christus nodig sodat hulle in dié tydperk veiligheid kan vind en in hul geloof kan groei.

Julle ondersteuning het gelowiges soos Daniel gehelp om sy omstandighede te verander. En vandag is hy ʼn verpleër. “Dit is nie net my sukses nie, maar ook julle sukses, en ek wil julle graag bedank,” sê hy.

 Help nuwe gelowiges en gelowiges wat voortdurend vervolging weens hul geloof ervaar vandag deur jou ondersteuning. Ongeag of hulle besig is om te vlug of weg te kruip weens hul geloof, jou ondersteuning sal help om aan hul dringendste behoeftes te voldoen sodat hulle kan aanhou om sterk te staan in hul geloof.

 Indien jy vandag in staat is daartoe, maak asseblief ʼn skenking om hulle te ondersteun sodat hulle in hul geloof kan groei om die vervolging en diskriminasie wat hulle ervaar te weerstaan sodat die Koninkryk van God ook kan aanhou om in hul lande te groei.

 Sluit ook hierdie maand by ons aan vir die bekendstelling van ons meerjarige veldtog vir Afrika om meer te leer en te sien hoe jy by dié veldtog betrokke kan raak.

 *Naam verander en identiteit versteek vir sekuriteitsredes

 

  • Hidden
  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik

Back To Top