Skip to content

Hoop duur voort as gevolg van jou!

In 2015, toe die burgeroorlog in Sirië voortgewoed het, is kerkleiers van regoor die Midde-Ooste bymekaar geroep deur Geopende Deure se streekbestuurder, Thomas Adam*. “Wat is julle behoefte?” het hy aan hulle gevra. “Hoop,” was die antwoord. “Die Kerk en die gemeenskap het hoop nodig.”

Dit is toe dat die Hoop vir die Midde-Ooste-veldtog bekendgestel is. Dit het begin met ʼn petisie om een miljoen stemme van voorspraak bymekaar te maak vir gelowiges in Irak en Sirië – lande waaruit talle Christene gevlug het, en waar die Christelike minderheidsbevolkings wat agtergebly het voortdurende vervolging vir hul geloof ervaar.

Toe meer as 808 000 mense ons Hoop vir die Midde-Ooste-petisie onderteken het, is die 12-jarige Noeh (in die foto hieronder) gekies om dit in Desember 2017 aan die Verenigde Nasies in New York te oorhandig.

Deur jou gebed en ondersteuning het jy gehelp om hoop vir gelowiges soos Noeh, wat saam met sy familie na Karamles teruggekeer het, lewendig te hou.

“Die lewe is uitdagend en dit is moeilik om werk te kry, maar daar is nou hoop hier,” vertel Noah. “Ons huise is hier, so ons is terug om dit te herbou en hier te bly. Jesus het ons veilig teruggebring.”

 Dit is wat jou ondersteuning help moontlik maak het:

  • 160 Sentrums van Hoop vir beide Christene en Moslems.
  •  2 000 huise is in Irak herbou.
  • 126 Sentrums van Hoop in Irak wat alomvattende ondersteuning bied.
  • 1M+ kospakkette is in Sirië uitgedeel.
  • 808 172 mense uit 143 lande het die petisie namens Christene in Irak en Sirië onderteken.

Dankie dat jy gelowiges in die Midde-Ooste help om terug te keer huis toe, hul lewens te herstel en hul gemeenskappe te herbou. Gelowiges in die Midde-Ooste is dankbaar vir die gebede en ondersteuning van regoor die wêreld, wat gehelp het om hoop lewendig te hou.

Alhoewel die Hoop vir die Midde-Ooste-veldtog tot ʼn einde kom, kan jy aanhou om by ons broers en susters in die Midde-Ooste te staan deur jou gebede en ondersteuning om hoop te laat voortduur in hierdie streek. Jy kan meer gelowiges help bereik met dissipelskap, lewensbestaan, ondersteuning en die Woord van God. Indien jy egter in die posisie is om te kan gee, oorweeg asb. biddend ʼn bydrae om hulle te help om voortdurend sterk te staan in hul geloof en om die sout en lig van hule gemeenskappe te wees.

  *Naam verander vir sekuriteitsredes

Back To Top