Skip to content

Sarah het ʼn mag vir die Evangelie geword

Sarah*, ʼn skugter jong vrou in haar 20’s, het in ʼn toegewyde Moslem-familie in Oos-Afrika grootgeword waar almal wat sy geken het Islam gevolg het. Sy het teen alles gegaan wat aan haar bekend was toe sy genesing in Christus gevind het.

Sy het aan aftakelende hoofpyne gely wat geen konkoksie, beswering of rituale kon genees nie, en Sarah het besluit dat sy nie langer aan die genesingsrituale wou deelneem nie.

ʼn Versoek om sommige Christene in haar dorp kerk toe te vergesel om na een van die jonger Christen-kinders om te sien, was die uitnodiging wat sy nodig gehad het vir ʼn saadjie om in haar hart geplant te word – wat gegroei het en haar bemoedig het om die besluit te neem om die Here te volg.

Kyk hieronder na Sarah getuienis. Terwyl jy na haar getuienis luister, mag jy bemoedig word en deur haar verhaal daaraan herinner word dat dit in Christus is wat ons ware genesing vind.

Dankie vir jou ondersteuning wat dit vir Geopende Deure-vennote moontlik gemaak het om teenwoordig te wees toe Sarah alleen was. Hulle het haar bygestaan met die geestelike en emosionele sorg wat sy nodig gehad het deur die Geopende Deure “Discovery Bybelstudie, vervolgingsvoorbereidheid-opleiding en traumasorg-seminare.

Hoewel Sarah steeds vervolging van haar gemeenskap af ervaar, weeg haar oortuiging om die Evangelie te deel swaarder as haar kommer oor vervolging. Die kennis wat sy gedurende Geopende Deure se opleiding opgedoen het, het haar toegerus om haar familielede op te hef en die krag gegee om ʼn tuisgroep te begin, waar sy aanhou om die Evangelie te deel.

“Ek het baie geleer, ek het bystand gekry van die opleiding wat ek aan my groep kon oordra, en dit het hulle gehelp.”

Dankie dat jy gelowiges soos Sarah help om aan te hou sterkstaan tydens vervolging. Die aantal gelowiges wat die opleiding en seminare bywoon, hou aan om te groei terwyl gelowiges vervolging in die gesig staar.

 Wees familie vir gelowiges wat vervolging in die gesig staar omdat hulle in Christus glo, deur hulle met jou gebede en geskenke te ondersteun. Jou geskenke kan help om programme en opleiding soos die “Discovery” Bybelstudie te ondersteun in Oos-Afrika en ander plekke waar gelowiges weens hul geloof vervolg word. So indien jy in staat is om te gee, oorweeg dit asseblief biddend om hulle te help om aan te hou om die Evangelie te versprei.

*Jou geskenk sal aanwend word waar die nood die grootste is. Naam verander weens sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Hidden
  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik

Back To Top