Skip to content

In ‘n land wat meer as ʼn miljard mense huisves, is dit moeilik om te dink dat enigiemand alleen kan voel. Tog is dit presies hoe baie van ons broers en susters in Indië voel.

Die vyand wil die Christen-getuienis in Indië vernietig. Ekstremiste wil Christenskap uitvee, maar ons familie in Christus hou dapper vas aan hul geloof te midde van die felste vervolging.

Daar is krag in gebed. Ons kan in die bres tree vir ons broers en susters in Indië en namens hulle intree by ons Vader. Die wete dat gelowiges regoor die wêreld vir hulle bid, sal hulle versterk en hulle herinner dat hulle nie alleen is nie!

Sagar**, ’n pastoor van Indië wat baie vervolging verduur het, het aan ons gesê:

“Ek was baie bemoedig toe ek hoor dat wanneer ons deur vervolging gaan, dat nie net ons plaaslike kerk vir ons bid nie, maar ook die gelowiges van regoor die wêreld vir ons bid. Hierdie kennis het my ontsaglike krag en vreugde gebring.”

So, staan saam met ons in gebed vir die Kerk in Indië van 1-31 Julie 2021.

Vul jou besonderhede in om die gebedsgids af te laai

*Volgens die Geopende Deure 2021 Wêreldwaarnemingslys.
**Naam vir sekuriteitsredes verander.

Back To Top