Skip to content

30 Dae van gebed vir Afganistan

Dít is wat gelowiges in Afganistan aan ons vertel. Sedert die Taliban (TB) se oorname verlede Augustus, het die lewens van Christene in die land ʼn nare draai geneem. Dit was egter nog nooit maklik nie: Dit het net nog moeiliker geword. Selfs voor die Taliban se terugkeer, was die lewe as Christen in Afganistan ondraaglik. Met die Taliban terug aan bewind, is geheime gelowiges meer weerloos as ooit tevore.

Verbeel jou net dat jy as ʼn Moslem grootgeword het, en eendag, van nêrens, ontmoet jy God in ʼn droom. ʼn Helder figuur wat jou op jou naam roep en sê: “Volg My.” Jy het al gehoor dat dit met ander gebeur het, maar nooit met mense wie jy ken nie. Jy het al die woedende skare gesien wat ʼn vrou stenig wat beskuldig word dat sy Islam verraai het. Jy weet dat om vrae te vra, hierdie droom na te streef en daardie Man te volg, gevolge het…

Back To Top