Skip to content

Die Kerk in Afganistan:
God het hulle nie vergeet nie, en ons moet ook nie.

Elke jaar stel Geopende Deure die nuutste Wêreldwaarnemingslys vry. Hierdie jaarlikse feit-gebaseerde navorsing lys lande volgende die ergste vorme van vervolging van volgeling van Jesus. Vir die eerste keer is Afghanistan nou die gevaarlikste plek in die wêreld om ’n Christen te wees.

Die gevaar vir ons broers en susters het verhoog. Die land se nuwe regeerders gaan huis tot huis aktief opsoek na enige iemand wat verhoudings met die Weste of met Christenskap het. Meeste Christene kies om te bly, ander, nes baie Moslems, probeer om die grens oor te steek.

Ons broers en susters wat diskriminasie, verdrukking en gewelddadige vervolging in die gesig staar benodig ons langtermyn gebede en ondersteuning.

Op die aand wat Afganistan se hoofstad, Kaboel, in die hande van die vyand geval het, is daar iewers in die stad ʼn klein babadogtertjie gebore, aan Christen-ouers. Sy het die wêreld binnegekom, in ʼn land in beroering, waar Christene en ander geloofsminderhede in vrees lewe, en vroue veral, uiters weerbaar is.

Vanweë die veiligheid van ons werk en familie in die streek, het ons nie altyd die geleentheid om getuienisse vanuit Afganistan te deel nie. Maar vandag kan ek die storie van ʼn vrou, Zabi*,  in ʼn ander deel van die land met jou deel. Zabi weet al te goed van die aaklige dinge wat die Taliban aan gelowiges soos haar kan doen: “ʼn Paar jaar gelede het die Taliban my pa weggevat omdat hy ʼn Christen was,” sê sy, “Hulle het hom vermoor. ʼn Paar maande later het my broer ook verdwyn. Ons het nooit weer van hom gehoor nie.”

Genadiglik, toe die Taliban Afganistan oorneem, het Zabi dit reggekry om na ʼn buurland te vlug. Dit is moeilik om mens in te dink wat Zabi moes deurmaak. Dis verstaanbaar dat sy groot vrese vir die toekoms het, maar te danke aan vennote soos jy, is Geopende Deure se bondgenote in staat om haar te ondersteun. “Ek voel alleen en hopeloos. Julle is ’n straal van hoop vir my.”

Hulle situasie lyk dalk hopeloos… en mens mag wonder, wat dan sal die toekoms vir hulle inhou, vir die klein Christen-babadogtertjie in Kaboel? ʼn Plaaslike bron het gedeel dat die ouers gevoel het dat die geboorte van hulle dogter ʼn teken van God was dat hy nie opgegee het op hulle land nie.

Te midde van die krisis, is God steeds aan die werk! En te danke aan ons vennote se gebede en ondersteuning kan ons voortgaan om te doen wat ons kan om Christene te ondersteun wat in die gevaarlikste plekke in die wêreld woon.

Indien jy in staat is om finansieel die langtermyn werk van Geopende Deure in die top 10 mees vervolgde lande te ondersteun, voltooi asseblief die vorm hieronder:

*Naam vir sekuriteitsredes verander.

Back To Top