Skip to content

ARISE AFRICA

Staan op teen gewelddadige vervolging in sub-Sahara Afrika

Christene regoor sub-Sahara Afrika is onder druk soos nog nooit tevore nie.

Islamitiese ekstremiste teiken gelowiges en wil die Kerk vernietig.

Vervolging is verwoestend vir mense soos Ayuba* van Nigerië. Nadat sy pa deur Boko Haram vermoor is, het Ayuba ʼn dreigement ontvang: Jy is volgende.

Die Kerk se oorlewing is op die spel – tensy ons optree.

Sal jy as een saam met Christene soos Ayuba in sub-Sahara Afrika staan?

  • Elke R295 kan een Christen help wat uiterste geweld ervaar het deur hoop en genesing by ʼn traumasentrum te voorsien.
  • Elke R565 kan voedsel, medisyne en ander noodleniging aan een gelowige gee wat deur vervolging ontwortel is.
  • Elke R1 550 kan 17 jongmense van vervolgde families vir ʼn maand opvoed, wat hulle hoop vir die toekoms sal gee.

 

“Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom.”

Jesaja 60:1

*Naam verander en verteenwoordigende foto gebruik  vir sekuriteitsredes.

**Enige oortollige fondse sal gebruik word om vervolgde Christene te versterk in ander lande waar dringende hulp nodig is.

Back To Top