Die afgryse van die oorlog met die Islamitiese Staat lyk soos iets van die verlede. Die Kerk daar is egter nie vergete nie, en ek wil vandag die dringende nuus wat ek van pastoor Edward in Sirië ontvang het met jou deel.
Pastoor Edward is só dankbaar vir Geopende Deure-vennote soos jy. Jy het gehelp om hoop aan die lewe te hou toe Islamitiese ekstremiste die Kerk wou uitwis. Die Kerk het nie net oorleef nie – maar as ʼn baken van hoop geskyn.
“Julle het ons gehelp om die lig van Christus te bring deur in mense se behoeftes te voorsien,” sê pastoor Edward.
Hul hoop is egter broos. Die oorlog is dalk verby, maar die bedreiging van ekstremisme is blywend. En sonder ons voortgesette ondersteuning en gebede, bestaan die kans dat Christene hoop verloor en die land verlaat.
Jy kan vandag hoop laat voortduur, deur die Kerk te versterk om ʼn Sentrum van Hoop te wees – wanneer jy bid en gee.
- ELKE R205 kan drie kinders voorsien van hul eie Bybels.
- ELKE R620 kan dringende kos, wintersklere en komberse voorsien aan ʼn Christen in Sirië hierdie winter.
- ELKE R1 020 kan kritieke trauma-ondersteuning en -berading aan ʼn gelowige by ʼn toevlugsoord voorsien.
Dankie dat jy die Kerk bystaan deur die moeilikste tye.
“Julle is die lig vir die wêreld. ʼn Stad wat op ʼn berg lê, kan nie weggesteek word nie.” MATTEUS 5:14