Skip to content

Die Kerk in Indië is in ‘n krisis – dis tans die 10de gevaarlikste plek in die wêreld vir Christene*.

Te midde van die Covid-pandemie het die gewelddadige vervolging van Christene in die wêreld se grootste demokrasie voortgeduur. In ʼn gekoördineerde poging deur Hindoe-ekstremiste om Christenskap uit te wis. Die krisis in Indië gaan oor meer as net die pandemie.

Daar is ʼn storie wat nie vertel word nie: Gewelddadige vervolging van Christene wat aangehits word deur leuens en propaganda. Die plan deur Hindoe-ekstremiste om Christenskap en ander gelowe in Indië uit te roei. Die Kerk in Indië word stilgemaak, hulle benodig ons stem.

Hierdie is ʼn noodkreet… Dit mag dalk ons laaste kans wees om namens ons broers en susters in Indië te praat namate die situasie teen hulle vererger. Dit is ondenkbaar dat die Kerk in die wêreld se grootste demokrasie vernietig kan word.

 

*Volgens die Geopende Deure 2021 Wêreldwaarnemingslys.

Seën die Kerk in Indië met ʼn geskenk…

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top