Skip to content
BRING HOOP DIE KERSFEES

Kinders en jeugdiges, wat nou eers aan die begin van hul reis saam met Jesus is, is net soveel die teikens van vervolging as volwassenes. Dit alles het ‘n impak op hul geloof en selfbeeld, en hulle wonder: Waarom ly ek oor Christus? Is Hy dit werd?

Hulle het ‘n veilige plek nodig om in hul geloof en lewens te groei. Gewoonlik is dié plek hul huis, wat veronderstel is om ‘n fisiese en emosionele veilige plek te wees – ‘n hawe weg van die swaarkry van die lewe. Ongelukkig is sommige vervolgde kinders se huise gevaarlik. Dit is waar hulle risiko’s en vervolging weens hul geloof in die gesig staar, want hulle huise is nie in veilige gebiede nie of hul vervolgers bly saam met hulle. Hulle huise is besonder gevaarlik tydens Kersfees.

Jy kan dié Kersfees help om hoop huis toe te bring vir hierdie kinders. Help hierdie Kersfees om hul geloof te beskerm, daarvoor te voorsien en dit te versterk deur ‘n geskenk van hoop.

Gee vandag aan hulle ‘n geskenk van veiligheid, onderrig en ‘n toekoms…

Indien jy daartoe in staat is, sal jy asseblief dié Kersfees aan vervolgde kinders ‘n geskenk van hoop gee?

Elke R165 kan aan ‘n kind ‘n Bybel gee sodat hulle Jesus deur die Skrif kan leer ken.
Elke R450 kan ‘n maand se onderrig aan ‘n kind gee wat deur vervolging geraak word.
Elke R1 206 kan ‘n kind by Geopende Deure Colombië se Kindersorgsentrum ondersteun met veiligheid, onderrig en ‘n toekoms.

Back To Top