Skip to content
Francisco se moeilike maar waardevolle skeiding

Jy onthou dalk nog vir Valentina (15) van ons Bring Hoop Huis Toe-Kersfeesveldtog verlede jaar. Sy bly by ons Kindersentrum in Colombië, wat ʼn skool en tydelike huis vir vervolgde kinders bied terwyl dit te gevaarlik vir hulle is om by hul huise te bly. Toe sy vir Kersfees by haar familie gekuier het, het ons ook ʼn onderhoud met haar pa gevoer voordat sy na die sentrum teruggekeer het.

Francisco, Valentina se pa, is ʼn musikant en tesourier in sy plaaslike kerk en ʼn lid van sy streek se Christen-raad. Hy is as ʼn Christen grootgemaak, maar het nie in God geglo nie. Maar prys God, hy het in sy twintigs sy lewe aan God toegewy en dien Hom sedertdien getrou. Ongelukkig veroorsaak sy en ander gelowiges se bedieningswerk konflik met sommige mense wat die inheemse tradisies van hul geloof volg.

Die Cauca Inheemse Streekraad (CRIC) het probeer om die onderrig van inheemse rituele in skole in te stel en kerke te sluit. Francisco en ander Christene het gevolglik ʼn inheemse Christen-raad gevorm. Dit het die CRIC kwaad gemaak dat hulle nie aan die rituele, betogings en grondeise deelgeneem het nie. “Hulle het dit nie op ʼn wettige en vreedsame manier gedoen nie, en dit is diefstal,” sê Francisco.

“Toe ons weg is by die CRIC, het hulle die Onderwysdepartement vertel dat ons geen reg op onderrig of gesondheidsorg het nie.” Die families het ook dreigemente van guerrillasoldate ontvang: “Die guerrillas (soldate) het kinders so jonk as twaalf jaar oud gewerf. ʼn Gemeenskapsleier het hulp gesoek om ons kinders weg te kry. So, as desperate ouers dank ons God dat daar ʼn oop deur by die Kindersentrum was.”

Weens die dreigemente en mishandeling is twee van Francisco se drie kinders, Valentina en Elver, weg by die huis vir hul eie veiligheid en om twee van hul fundamentele regte te beoefen: Die reg tot onderrig en, die belangrikste, die reg tot godsdiensvryheid.

Toe hy gevra is of hy voel dat dit die moeite werd is om aan te hou om die Evangelie te verkondig, ondanks die feit dat hy van sy kinders geskei is, hulle gesin die prys betaal en hy voortdurende dreigemente oor tronkstraf ontvang, was sy antwoord ja.

Dit is vir hom die moeite werd oor wat voorlê: “Hulle is voorbereid – nie net akademies nie, maar ook Bybels gesproke. Hulle kom dus nader aan God, en dit is wonderlik vir beide hulle en vir ons. Selfs as ons doodgaan, bly hulle agter om die Woord van God te verkondig; hulle bly agter as nuwe leiers.”

Ondanks die dreigemente en mishandeling, is Francisco se oë op Jesus gerig. Hy sê dit het hom gelei om dié te vergewe wat hom vervolg. Sy droom is “dat ons sal aanhou veg om anders te wees, en om op ʼn ander manier as ander rade te werk. Dat God ons sal help sodat ons altyd goed kan doen”.

Dit is moeilik om omstandighede voor te stel waar dit die regte keuse sal wees om jou kinders weg te stuur. Dit is egter die realiteit in die gebied waar Francisco bly. Dankie dat jy Geopende Deure ondersteun sodat projekte soos die Kindersentrum in Colombië gelowiges in hul uur van nood kan bystaan en die toekomstige generasie van die Kerk kan beskerm.

 Hou aan om ons geloofsfamilie in die aangesig van vervolging te help, sodat hulle kan aanhou om getuies vir Christus in hul lande, gemeenskappe en gesinne te wees. Jou hulp kan vir hulle veilige ruimtes skep, soos ons Kindersentrum, gelowiges toerus met die Bybelse kennis wat hulle nodig het om in hul geloof te groei, in hulle mees basiese behoeftes voorsien en soveel meer. So indien jy in ʼn posisie is om dit te doen, oorweeg dit asseblief biddend om te skenk om hulle te ondersteun, sodat hulle kan aanhou om Christus se getuies in die gevaarlikste plekke te wees

  • Hidden
  • Hidden
  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik

Back To Top