Die Woord van God bly ʼn lamp vir ons voete (Psalm 119:105).
Ongelukkig is daar steeds vervolgde gelowiges wat nie ’n Bybel besit nie. In sommige lande is Bybels nie maklik bekombaar nie, of dit is onwettig, of beskikbaar maar nie in ʼn taal wat hulle verstaan nie. Gelowiges is dus verheug wanneer hulle Bybels ontvang en koester dié geskenk soos goud.
Deur vandag ʼn geskenk te gee, sal jy help met die verskaffing, druk en verspreiding van fisiese, oudio- of digitale Bybels aan gelowiges in hul eie taal. Jy sal help om hulle geloof te versterk en die besit van ʼn eie Bybel sal help om hul geloofsreis te ondersteun.
R160 kan een gelowige van ʼn Bybel in hul eie taal voorsien.
R400 kan een gelowige van ʼn oudio- of digitale Bybel voorsien.
R830 kan een gelowige wat ʼn Geopende Deure-geletterdheidsklas bywoon, met ʼn Bybel bereik.
ʼn Geopende Deure-werker in Afrika wat gehelp het om Bybels onder jongmense te versprei, het eerstehands die Boek se kosbaarheid ervaar, asook die belangrikheid daarvan om dit meer toeganklik te maak sodat gelowiges in hul geloof kan groei. Dus is hy só dankbaar vir jou ondersteuning om Bybels aan gelowiges beskikbaar te stel. ” Ek dank julle vir jul bydrae om die Koninkryk van God te versprei,” het hy gesê.
Dankie dat jy vandag hierdie spesiale geskenk gee!