Skip to content

SIEN VERSTEEKTE VERVOLGING RAAK

“‘U is ʼn God wat my sien,’ het sy gesê.” – Genesis 16:13

Dis moeilik om ʼn vrou te wees in Iran, maar dinge het selfs nog erger geraak vir Sahar nadat sy ʼn Christen geword het.

Sy het intense vervolging deurgemaak. “Alles is van my af weggevat,” sê sy.

Soos met so baie vroue wat alles waag om Jesus te volg, was Sahar se vervolging vir die buitewêreld weggesteek.

Vervolgde vroue het nodig om gesien, gehoor en toegerus te word om hul Godgegewe potensiaal te bereik.

Sal jy die versteekte vervolging van Christen-vroue raaksien en hulle bemagtig vir verandering?

  • Elke R250 kan een vervolgde vrou met noodleniging en veilige behuising ondersteun.
  • Elke R855 kan ʼn vrou of meisie help om traumasorg te ontvang sodat sy kan genees en haar Godgegewe identiteit en waarde kan besef.
  • Elke R1 150 kan vier vroue oplei om vervolging met moed en selfvertroue te weerstaan.

 

*Enige oortollige fondse sal gebruik word om vervolgde Christene te versterk in ander lande waar dringende hulp nodig is.

Back To Top