Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Midde-Ooste

Meerderheidsgeloof Islam
Hoofbron van Vervolging: Islamitiese Onderdrukking

In die meeste plekke in die Midde-Ooste is daar net ʼn eenrigtingstraat – alleenlik in die rigting van Islam. En in daardie plekke waar bekering tot Christenskap wettig toegelaat word, is daar sosiale en kulturele beperkings.

In Afganistan, Iran, Jemen, Saoedi-Arabië en Katar, is Moslems se bekering tot Christenskap onwettig. Dus, indien iemand se geloof ontdek word, staar hulle tronkstraf en, in sommige gevalle, selfs die dood in die gesig. In Sirië en Irak word Christene geteiken deur Islamitiese militante groepe, soos die Islamitiese Staat (IS). In Libië word Christen-vervolging aangevuur deur die wanorde en gewelddadige konflik waarin Islamitiese burgermagte aktief is. In Egipte ervaar Christene ʼn toename in geweld, omdat IS beloof het om die Christene uit te wis. En in die Palestynse Gebiede veroorsaak ʼn verhoogde Islamitiese radikalisme in die samelewing dat bekering tot Christenskap baie gevaarliker is.

Hiermee in gedagte, bid asseblief vir ons broers en susters:

  • Bid dat Christene in die Midde-Ooste standvastig sal bly in die geloof te midde van die druk en vervolging wat hulle ervaar.
  • Bid dat Christene helder ligte vir Christus sal wees in hul families, gemeenskappe en vir hul vriende – húlle is gereeld die mense wat hulle die meeste vervolg.
  • Bid dat God ʼn kragtige werk sal doen in die lewens van die wat Christene vervolg – mag hulle Christus as hul Redder leer ken.
Back To Top
Soek