{"id":44124,"date":"2024-11-20T13:44:30","date_gmt":"2024-11-20T11:44:30","guid":{"rendered":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/?p=44124"},"modified":"2024-11-21T13:45:36","modified_gmt":"2024-11-21T11:45:36","slug":"mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/","title":{"rendered":"Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp"},"content":{"rendered":"<p><strong>Uitgesluit: Sosiale isolasie van Christen-kinders en -jeug<\/strong><br \/>\nMet W\u00eareldkinderdag wat op Woensdag, 20 November 2024, gevier word om die Verenigde Nasies se Verklaring van die Regte van die Kind van 1959 te herdenk, word daar weer w\u00eareldwyd gefokus op kinders en om hulle welstand te verbeter.<\/p>\n<p>Dit is daarom skokkend om te hoor dat die vervolging van Christen-kinders regoor die w\u00eareld besig is om skerp te styg en dat hulle dikwels \u0149 verskriklike prys moet betaal vir hulle ouers se Christelike geloof. In baie lande wat vyandiggesind is teenoor die Christelike geloof, word die kinders van Christene en kerkleiers deur ernstige gewelddadige vervolging geteiken en word hulle soos kommoditeite behandel.<\/p>\n<p>In lande met vervolging is kinders uiters kwesbaar vir vervolging, veral in gebiede waar voortdurende konflik voorkom. Christen-seuns word dikwels gedwing om by milit\u00eare groepe aan te sluit, en meisies word blootgestel aan mensehandel, seksuele geweld en gedwonge huwelike.<\/p>\n<p><strong>Skokkende nuwe navorsing<\/strong><br \/>\nDit is sommige van die bevindings in \u0149 skokkende nuwe verslag van die bedieningsorganisasie Geopende Deure Internasionaal. Die verslag, getiteld \u201cUitgesluit: Sosiale isolasie van Christen-kinders en -jeug\u201d, beskryf die uiterste vervolging wat kinders in vervolgde lande weens hul geloof in die gesig staar.<\/p>\n<p>Die verslag bevat die bevindings oor vervolgde kinders en jongmense in die top 76 lande op Geopende Deure se W\u00eareldwaarnemingslys (WWL), \u0149 jaarlikse lys van die lande waar dit die moeilikste is om \u0149 Christen te wees, met baie ho\u00eb of uiterste vervolging. Kinders en jongmense onder die ouderdom van 18 jaar is vir die doeleindes van hierdie verslag oorweeg.<\/p>\n<p>Die navorsing wys dat Christen-kinders en -jeug in 72% van die top 50 lande waar Christene die hoogste vlakke van vervolging vir hulle geloof ervaar, sosiaal uitgesluit word. Die meeste van hierdie jongmense ervaar dat die uitleef van hulle geloof in die konteks van ho\u00eb vlakke van vervolging en diskriminasie hulle uiters alleen en ge\u00efsoleerd laat voel \u2013 hulle word deur ander verwerp en kry geen hulp of ondersteuning nie.<\/p>\n<p>Patrone van sosiale uitsluiting is in 72% van die top 50 WWL-lande gesien. Verbale teistering, wat \u0149 belangrike manier van uitsluiting is, is in 92% van die top 50 WWL-lande gesien.<\/p>\n<p>Wanneer ontdek word dat kinders en tieners Christen-bekeerlinge is, of wanneer hulle hul geloof in die openbaar bely, ervaar hulle dikwels dat die gemeenskap hulle uitstoot en dit lei tot sosiale verwerping. Hierdie sosiale uitsluiting het \u0149 rimpeleffek op verskeie aspekte van hulle lewens, onder andere toegang tot onderwys en gedeelde gemeenskaphulpmiddels.<\/p>\n<p><strong>Belangrikste bevindings<\/strong><br \/>\nDie belangrikste bevindings van die verslag is:<\/p>\n<p><strong>Geloof:<\/strong> Sosiale uitsluiting verhinder Christen-kinders en -jeug om in hulle geloof te groei en versplinter verhoudings in die vervolgde kerk regoor die w\u00eareld. \u201cDie potensi\u00eble gevolge, insluitende die verwydering van hulle families en gemeenskappe, beteken dat jong Christene se vryheid om hulle geloof aktief uit te leef, beperk word,\u201d deel \u0149 landkenner van die Comore. Christen-kinders en -jeug het verhoudings met ander mense en samesyn nodig om hulle te help om sterk te staan in hulle geloof.<\/p>\n<p><strong>Welstand:<\/strong> Isolasie en sosiale uitsluiting het \u0149 impak op jongmense se gevoel van identiteit en om te behoort, wat hulle geestesgesondheid en psigososiale welstand vir baie jare in die toekoms vorm. Om sosiale uitsluiting as kind of adolessent te beleef, het negatiewe nagevolge op \u0149 mens se geestes- en emosionele gesondheid, insluitende geestesgesondheid-uitdagings soos depressie, \u0149 lae selfbeeld, angs, posttraumatiese stresversteuring, slegte slaappatrone en gevoelens van waardeloosheid.<\/p>\n<p><strong>Fisiese gesondheid:<\/strong> Daar is bewys dat sosiale uitsluiting ook kan bydra tot fisiese gesondheidsprobleme, soos verhoogde spanning en \u0149 verlaagde immuunstelsel. Dit kan die risiko om demensie te ontwikkel met tot 50% verhoog, en die moontlikheid van \u0149 beroerte of kardiovaskul\u00eare siekte tot met 30%.<\/p>\n<p><strong>Verhoudings:<\/strong> Kinders en jongmense maak staat op die beskerming van volwassenes en beskik nie altyd oor die fisiese en regshulpbronne om hulself te beskerm nie. Die leemte wat hierdie \u201cveiligheidsnet\u201d laat as gevolg van uitsluiting en isolasie, maak dat jongmense ekstra kwesbaar is. Ge\u00efsoleerde kinders en jongmense het \u0149 groter risiko om uitgebuit te word, insluitende ander vorme van vervolgingsdruk soos mensehandel, doelbewuste verleiding, seksuele voorbereiding en seksuele uitbuiting.<\/p>\n<p><strong>Geleenthede:<\/strong> Sosiale isolasie en uitsluiting uit gemeenskappe kan jong Christene se opvoedkundige en bestaansgeleenthede ernstig belemmer. Christen-kinders en -jongmense kan formele onderwys geweier word, wat daartoe lei dat hulle in ho\u00eb-risiko, lae-inkomste beroepe opeindig. Wanneer hulle begin werk, be\u00efnvloed sistemiese uitsluiting hulle toegang tot stabiele werksgeleenthede. Hierdie patrone, wat deur sosiale uitsluiting veroorsaak word, versterk siklusse van stigma en armoede, wat die marginalisering van Christene vererger.<\/p>\n<p><strong>Die top 10 drukpunte<\/strong><br \/>\nDie afgelope vier jaar se navorsing oor die godsdiensspesifieke vervolging van Christen-kinders en -jeug wys deurlopende patrone van vervolging en diskriminasie wat die jeug isoleer, hulle identiteit vorm en wreed is.<\/p>\n<p>Die top 10 drukpunte vir kinders en jongmense in die top 50 WWL-lande is:<\/p>\n<ol>\n<li>Diskriminasie\/teistering deur onderwys.<\/li>\n<li>Psigologiese geweld.<\/li>\n<li>Verbale geweld.<\/li>\n<li>Weiering van toegang tot Christelike geloofshulpmiddels, leermiddels en gebruike.<\/li>\n<li>Geen toegang tot \u0149 Christen-ouer nie.<\/li>\n<li>Fisiese geweld.<\/li>\n<li>Weiering van toegang tot sosiale gemeenskappe\/netwerke.<\/li>\n<li>Wettige identiteit as Christen word nie erken nie.<\/li>\n<li>Gedwonge huwelike.<\/li>\n<li>Seksuele geweld.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Diskriminasie\/teistering deur onderwys bly die belangrikste drukpunt n\u00e1 die afgelope vier jaar se kinder- en jeugspesifieke navorsing, en dit is die afgelope twee jaar in elkeen van die top 50 WWL-lande ge\u00efdentifiseer.<\/p>\n<p>Psigologiese geweld is \u0149 voortdurende uitdaging wat dikwels druk op Christen-kinders en -jeug plaas om die meerderheidsgeloof aan te neem, en wat ook veroorsaak dat jong bekeerlinge onder druk geplaas word en dreigemente ontvang.<\/p>\n<p>Die top 10 drukpunte wys hoe kwesbaar kinders en jeugdiges vir vervolging is, veral di\u00e9 wat aan gemarginaliseerde groepe behoort.<\/p>\n<p><strong>Patrone van uitsluiting<\/strong><br \/>\nUit die navorsing oor hoe Christen-kinders en -jongmense geloofsgebaseerde vervolging ervaar, is die volgende patrone van uitsluiting waargeneem:<\/p>\n<p>Deur hulle ouderdomsgroep: Christen-kinders kan tydens hulle skooljare uitgebreide afknouery ervaar van klasmaats wat met die manier waarop hulle bid, spot en hulle weens hul geloof teister. Christen-leerlinge wat deel is van \u0149 geloofs- en etniese minderheidsgroep, word dikwels geteiken en sleg behandel. Lande soos Maleisi\u00eb, Mianmar en Marokko is \u0149 bewys van hoe Christen-jongmense deur hulle sosiale ouderdomsgroep verwerp word.<\/p>\n<p><strong>Deur hulle gesin of die regering:<\/strong> Wanneer \u0149 gesin of die regering beheer oor die lewens van jongmense uitoefen, kan dit tot sosiale uitsluiting lei. In Algeri\u00eb en China veroorsaak beperkings deur die regering op Christelike aanbiddingsplekke en -byeenkomste dat veral Christene jonger as 18 jaar verhoed word om saam met ander Christene bymekaar te kom. In ander plekke word Christen-jongmense deur hulle gesinne daarvan weerhou om deel te wees van \u0149 sosiale gemeenskap. Huisarres kan as \u0149 manier van sosiale uitsluiting gebruik word wanneer kinders en jongmense in \u0149 kamer toegesluit word en belet word om kontak met ander te h\u00ea.<\/p>\n<p><strong>Deur die gemeenskap of uitgebreide familie:<\/strong> Wanneer jy as kind deur jou gemeenskap uitgesluit word, is dit nie net \u0149 proses van isolering nie, maar ook \u0149 proses waartydens jou begrip van jou identiteit in verhouding tot die w\u00eareld rondom jou gevorm word. Jong Christen-bekeerlinge in dele van Asi\u00eb sal waarskynlik minstens deur hulle uitgebreide familie vermy word en kan selfs formeel deur die gemeenskap verdryf word. In baie w\u00earelddele kan jongmense wat gekies het om Christene te word, deur hulle familie onterf word en sosiale bande met hulle uitgebreide familielede kan weens hulle geloof verbreek word.<\/p>\n<p><strong>Deur gesagsfigure:<\/strong> Gesagsfigure in jongmense se lewens, soos onderwysers en jeuggroepleiers, beskik oor die vermo\u00eb om jongmense op te hef of af te breek. In plekke soos Kameroen, Indi\u00eb en Sentraal-Asi\u00eb misbruik gesagsfigure hulle mag om jong Christene te verneder en te vervolg, wat ander mense die mag gee om dit ook te doen. Christene se kinders kan voor ander kinders deur onderwysers verneder en slegges\u00ea word, hulle kan swakker punte kry, gedwing word om aan gebruike van die meerderheidsgeloof deel te neem of hulle kan van geleenthede ontneem word.<\/p>\n<p><strong>In strukture en instansies:<\/strong> Christen-kinders en -jongmense wat in die WWL-lande bly, beleef ook uitsluiting op strukturele en institusionele vlakke. Dit kan gesien word in beperkte sosiale regte of sistematiese verwaarlosing deur owerhede. Voorbeelde hiervan is om kinders die geleentheid te ontneem om \u0149 wettige identiteit as Christene te h\u00ea, of om hulle toegang tot skole en opvoedkundige geleenthede te weier op grond van hulle geloof.<\/p>\n<p>In Mauritani\u00eb en Kuba kan skoolgaande meisies en seuns ervaar dat hulle vriende hulle verwerp en as vyande beskou sodra dit bekend word dat hulle gelowiges is. In die Arabiese Skiereiland kan kinders wat Christene geword het vanuit \u0149 Moslem-agtergrond sosiale verwerping en mishandeling beleef \u2013 nie net in die klaskamer nie, maar ook in die openbaar by winkelsentrums en speelgronde. In die noordelike dele van Kameroen word kinders van bekeerde ouers weens hulle nuutgevonde geloof verneder en as sosiale uitgeworpenes behandel.<\/p>\n<p>Lynette Leibach, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, s\u00ea: \u201cUit die bevindings wat in die navorsingsverslag gepubliseer is, is dit duidelik dat kinders en jongmense wat weens hul ouers se geloof en godsdiens ge\u00efsoleer en geteiken word \u0149 negatiewe uitwerking op hul geestesgesondheid ervaar. Hulle is op die agtervoet wanneer dit kom by toegang tot geleenthede as gevolg van die afwesigheid van \u0149 veiligheidsnet, wat gewoonlik deur ondersteunende gemeenskappe en netwerke van volwassenes voorsien word.<\/p>\n<p>\u201cDis skokkend dat meisies steeds strategies geteiken word deur gedwonge huwelike en seksuele geweld om hulle plek in die samelewing te vernietig. Hoewel ons nou aan die einde van die jaar \u0149 tyd van feesvieringe en samesyn binnegaan, is dit belangrik om aan maniere te dink oor hoe ons namens hierdie kinders en jongmense kan optree. Geopende Deure het gevolglik \u0149 Kersfees-veldtog bekendgestel om in gebed te tree vir hierdie kinders, asook om fondse in te samel om die behoeftes van vervolgde kinders en jongmense aan te spreek.\u201d<\/p>\n<p><strong>Navorsingsmetodologie<\/strong><br \/>\nDie verslag is saamgestel deur Open Doors World Watch Research (WWR). Gedurende die rapporteringstydperk van die verslag, wat van 1 Oktober 2023 tot 30 September 2024 was, het Open Doors WWR die godsdienstige vervolgingsdinamika in meer as 100 lande gemonitor. Analiste het data van die top 76 vervolgde lande bestudeer waar Christene baie ho\u00eb of uiterste vervolging ervaar.<\/p>\n<p>Die data is deur Geopende Deure se veldpersoneel en -bydraers, eksterne kenners en WWR-vervolgingsanaliste ingesamel. As deel van die proses om data in te samel, het streeksgebaseerde kenners kwalitatiewe data by traumaspesialiste, kerkleiers, fokusgroepe en plaaslike vervolgingskenners gekry.<\/p>\n<p><strong>Meer inligting<\/strong><br \/>\nVir meer inligting of om \u0149 onderhoud te re\u00ebl, kontak asseblief vir Elizabeth Botha, Geopende Deure se mediabeampte, by <a href=\"mailto:elizabethb@od.org\">elizabethb@od.org<\/a>, 083 227 8164 of 011 888 9341.<\/p>\n<p>Geopende Deure Suider-Afrika (ODSA) vorm deel van die Geopende Deure Internasionaal-bediening, wat vervolgde Christene in meer as 70 lande regoor die w\u00eareld bystaan en ondersteun met die lewering van Bybels en Christelike literatuur, besoeke aan vervolgde Christene, dissipelskap en opleiding, asook die verkondiging en bevordering van bewustheid deur voorspraak.<\/p>\n<p>Persverklaring uitgereik deur Elizabeth Botha<br \/>\nMediabeampte: Geopende Deure Suider-Afrika<br \/>\nTel: 083 227 8164 \/ (011) 888 9341<br \/>\nE-pos: <a href=\"mailto:elizabethb@od.org.za\">elizabethb@od.org.za<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Uitgesluit: Sosiale isolasie van Christen-kinders en -jeug Met W\u00eareldkinderdag wat op Woensdag, 20 November 2024, gevier word om die Verenigde Nasies se Verklaring van die Regte van die Kind van 1959 te herdenk, word daar weer w\u00eareldwyd gefokus op kinders en om hulle welstand te verbeter. Dit is daarom skokkend om te hoor dat die&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":260,"featured_media":44120,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[98],"tags":[398,399],"class_list":["post-44124","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika","tag-mediaverklarings","tag-mediaverklarings-afr","entry","has-media"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.1.1 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp - Geopende Deure<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp - Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Uitgesluit: Sosiale isolasie van Christen-kinders en -jeug Met W\u00eareldkinderdag wat op Woensdag, 20 November 2024, gevier word om die Verenigde Nasies se Verklaring van die Regte van die Kind van 1959 te herdenk, word daar weer w\u00eareldwyd gefokus op kinders en om hulle welstand te verbeter. Dit is daarom skokkend om te hoor dat die&hellip;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-11-20T11:44:30+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-11-21T11:45:36+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Kinders-en-jeug-vervolginsverslag-2024.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/\"},\"author\":{\"name\":\"Milandre Hartze\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\"},\"headline\":\"Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp\",\"datePublished\":\"2024-11-20T11:44:30+00:00\",\"dateModified\":\"2024-11-21T11:45:36+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/\"},\"wordCount\":1756,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Kinders-en-jeug-vervolginsverslag-2024.jpg\",\"keywords\":[\"Mediaverklarings\",\"Mediaverklarings\"],\"articleSection\":[\"Suider-Afrika\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/\",\"name\":\"Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp - Geopende Deure\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Kinders-en-jeug-vervolginsverslag-2024.jpg\",\"datePublished\":\"2024-11-20T11:44:30+00:00\",\"dateModified\":\"2024-11-21T11:45:36+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Kinders-en-jeug-vervolginsverslag-2024.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Kinders-en-jeug-vervolginsverslag-2024.jpg\",\"width\":1000,\"height\":500},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"\",\"item\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"description\":\"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"width\":606,\"height\":76,\"caption\":\"Geopende Deure\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\",\"name\":\"Milandre Hartze\",\"sameAs\":[\"http:\/\/Open%20Doors%20\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp - Geopende Deure","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp - Geopende Deure","og_description":"Uitgesluit: Sosiale isolasie van Christen-kinders en -jeug Met W\u00eareldkinderdag wat op Woensdag, 20 November 2024, gevier word om die Verenigde Nasies se Verklaring van die Regte van die Kind van 1959 te herdenk, word daar weer w\u00eareldwyd gefokus op kinders en om hulle welstand te verbeter. Dit is daarom skokkend om te hoor dat die&hellip;","og_url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/","og_site_name":"Geopende Deure","article_published_time":"2024-11-20T11:44:30+00:00","article_modified_time":"2024-11-21T11:45:36+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":500,"url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Kinders-en-jeug-vervolginsverslag-2024.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Milandre Hartze","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Milandre Hartze","Est. reading time":"9 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/"},"author":{"name":"Milandre Hartze","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4"},"headline":"Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp","datePublished":"2024-11-20T11:44:30+00:00","dateModified":"2024-11-21T11:45:36+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/"},"wordCount":1756,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Kinders-en-jeug-vervolginsverslag-2024.jpg","keywords":["Mediaverklarings","Mediaverklarings"],"articleSection":["Suider-Afrika"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/","name":"Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp - Geopende Deure","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Kinders-en-jeug-vervolginsverslag-2024.jpg","datePublished":"2024-11-20T11:44:30+00:00","dateModified":"2024-11-21T11:45:36+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Kinders-en-jeug-vervolginsverslag-2024.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Kinders-en-jeug-vervolginsverslag-2024.jpg","width":1000,"height":500},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-gewelddadige-vervolging-van-christen-kinders-styg-skerp\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"","item":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Mediaverklaring: Gewelddadige vervolging van Christen-kinders styg skerp"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","name":"Geopende Deure","description":"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.","publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization","name":"Geopende Deure","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","width":606,"height":76,"caption":"Geopende Deure"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4","name":"Milandre Hartze","sameAs":["http:\/\/Open%20Doors%20"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/44124","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/260"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=44124"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/44124\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/44120"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=44124"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=44124"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=44124"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}