{"id":43299,"date":"2024-09-13T11:50:32","date_gmt":"2024-09-13T09:50:32","guid":{"rendered":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/?p=43299"},"modified":"2024-09-13T11:50:32","modified_gmt":"2024-09-13T09:50:32","slug":"mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/","title":{"rendered":"Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika"},"content":{"rendered":"<p><strong>Miljoene beland in vlugtelingkampe te midde van voortdurende gevaar<\/strong><\/p>\n<p>Die geweld teenoor Christene regoor sub-Sahara Afrika is besig om \u0149 enorme ontwortelingskrisis te veroorsaak. Teen die einde van 2023 was daar reeds \u0149 verbysterende 16,2 miljoen Christene in sub-Sahara Afrika wat weens vervolging gewelddadig uit hulle huise en vanaf hulle grond verdryf is. Hierdie toename word toegeskryf aan die teenwoordigheid van jihadistiese groepe in \u0149 toenemende aantal lande. Verder is nege uit elke tien Christene wat weens hul geloof doodgemaak word in Afrika.<\/p>\n<p>In 2024, die tweede jaar van Geopende Deure Internasionaal se meerjarige Arise Africa-veldtog, val die kollig op die ontwortelingskrisis in sub-Sahara Afrika. Christene wat as gevolg van hulle geloof in Jesus gedwing is om hulle huise en grond te verlaat, leef in ondraaglike toestande in vlugtelingkampe vir interne ontwortelde mense (IDP\u2019s).<\/p>\n<p><strong>Talle gewelddadige insidente<\/strong><br \/>\nDie algehele tendens wys dat die vervolging van Christene en geweld teenoor hulle in sub-Sahara Afrika teen \u0149 kommerwekkende tempo gestyg het.<\/p>\n<p>Die afgelope jaar het verskeie skokkende voorvalle van vervolging en ontworteling in sub-Sahara Afrika die nuusopskrifte gehaal, insluitende afgryslike voorvalle in Nigeri\u00eb, Burkina Faso, Ethiopi\u00eb, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Mali, Mosambiek, Somali\u00eb, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Kameroen, Soedan en ander lande. Twee voorvalle in Nigeri\u00eb en Burkina Faso, waar honderde mense met hul lewens betaal het vir hul Christelike geloof, het die nuus die afgelope week oorskadu.<\/p>\n<p>Militante van groepe soos Fulani, Boko Haram, al-Shabaab en Islamitiese Staat Wes-Afrika Provinsie (ISWAP) voer strooptogte op Christelike gemeenskappe uit waartydens mense vir lospryse of seksuele slawerny doodgemaak, vermink, verkrag en ontvoer word. Meer as 82% van die Christene wat w\u00eareldwyd weens geloofsredes doodgemaak word, was in Nigeri\u00eb, en geloofsverwante moorde in sub-Sahara Afrika het di\u00e9 in enige ander streek op die jaarlikse lys ver oortref.<\/p>\n<p><strong>Verslag oor ontworteling<\/strong><br \/>\nGeopende Deure Internasionaal het onlangs \u0149 in-diepte verslag oor die kwessie van ontworteling vrygestel, met die titel \u201cNo road home: Christian IDPs displaced by extremist violence in Nigeria\u201d. Hierdie verslag, wat saamgestel is in samewerking met die Internasionale Instituut vir Godsdiensvryheid (IIRF) en die W\u00eareld Evangeliese Alliansie (WEA), bevat uitgebreide navorsing wat wys hoe godsdienstige affiliasie die ervarings van ontwortelde Christene vorm, in die gebiede van Nigeri\u00eb wat die ergste geraak word.<\/p>\n<p>Bestaande bewyse skets \u0149 komplekse prentjie van die oorsake van ontworteling \u2013 faktore soos armoede, omgewingstoestande, etnisiteit en \u0149 voedseltekort word ook verbind met voortslepende geweld en godsdienstige ekstremisme.<\/p>\n<p><strong>Belangrikste bevindings<\/strong><br \/>\nGewelddadige optrede deur ekstremistiese groepe in dele van Nigeri\u00eb oor die laaste dekade het tot die massa-ontworteling van Christen-gemeenskappe gelei. In die noordelike staat Borno, waar Islamitiese militante floreer en Christene teiken, en in Plateau-staat, waar geweld deur Fulani-militante tot die ontworteling van Christene lei, is die probleem meedo\u00ebnloos.<\/p>\n<p>Alhoewel die geweld beide Christene en nie-Christene be\u00efnvloed, dui getuienisse daarop dat Boko Haram, die Islamitiese Staat Wes-Afrika Provinsie (ISWAP) en Fulani-militante opsetlik Christene of Christen-gemeenskappe, hulle lewensbestaan, geestelike leiers en plekke van aanbidding teiken deur moord, ontvoering en die verwoesting van kerkgeboue.<\/p>\n<p>IDP\u2019s vanuit Christen-gemeenskappe in beide Borno- en Plateau-state het ook berig dat aanvallers ontwortelde Christene se grond beset en dan daar aanbly. Die aanvallers bly dus \u0149 aktiewe bedreiging vir die ontwortelde Christene terwyl hulle grond verwoes word, beset word en nie deur die veiligheidsmagte beveilig word nie.<\/p>\n<p><strong>\u0149 Donker prentjie<\/strong><br \/>\nNigeri\u00eb is onder die top 10 lande regoor die w\u00eareld wat IDP\u2019s huisves. Di\u00e9 land is tans nommer ses op Geopende Deure se W\u00eareldwaarnemingslys (WWL) vir 2024, \u0149 jaarlikse ranglys van lande met ho\u00eb vlakke van godsdienstige vervolging en diskriminasie teen Christene.<\/p>\n<p>Borno- en Plateau-state in Nigeri\u00eb is twee streke met \u0149 aansienlike ho\u00eb aantal IDP\u2019s, en tog duidelike dinamika van geweld. Daar is van Januarie tot April 2024 met altesaam 292 mense, wat deur plaaslike vennote ge\u00efdentifiseer is, onderhoude gevoer. Hierdie mense was hoofsaaklik IDP\u2019s, asook \u0149 paar werkers van humanit\u00eare agentskappe. Die navorsing het gefokus op die plaaslike regeringsgebiede van Gwoza en Ngala in Borno-staat, asook die plaaslike regeringsgebiede van Bassa en Mangu in Plateau-staat.<\/p>\n<p>In 2023 was daar 3,4 miljoen IDP\u2019s in Nigeri\u00eb. Ongeveer 82% van die IDP\u2019s in Plateau-staat bly in gasheergemeenskappe. Sommige rig informele IDP-vlugtelingkampe op, terwyl \u0149 minderheid in kampe bly wat deur die regering bestuur word. Die patroon verander effens in Borno-staat \u2013 teen April 2024 het 58% van die ontwortelde gesinne in vlugtelingkampe of soortgelyke plekke gebly.<\/p>\n<p><strong>Lewensomstandighede in kampe<\/strong><br \/>\nIn beide Borno- en Plateau-state is die lewensomstandighede in die IDP-kampe \u0149 groot bron van kommer. Kwessies wat uitgewys is, is onvoldoende skuiling, oorbevolking, \u0149 gebrek aan kos en water, die onvermo\u00eb om \u0149 bestaan te kan maak, gedwonge werwing vir ekstremistiese groepe, en beperkte toegang tot mediese sorg, opvoeding, vaardigheidsopleiding en wasfasiliteite.<\/p>\n<p>IDP\u2019s kan onwelkom voel in die plekke waar hulle skuiling soek en hierdie \u201cveilige\u201d plekke kan selfs aangeval word, wat die gevaar van geslagsgebaseerde geweld insluit. Wanneer IDP\u2019s nie in formele kampe bly nie, sukkel hulle om regeringsondersteuning te kry en vind hulle dit meer uitdagend om humanit\u00eare bystand te ontvang, soos in Benue-staat.<\/p>\n<p><strong>Wyer as Nigeri\u00eb<\/strong><br \/>\nGedwonge ontworteling is regoor sub-Sahara Afrika \u0149 aansienlike uitdaging in talle lande met kwesbare Christen-gemeenskappe. Kameroen huisves byvoorbeeld meer as 1 miljoen IDP\u2019s en Burkino Faso meer as 2 miljoen. Die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) huisves meer as 6 miljoen IDP\u2019s en Soedan meer as 9 miljoen.<\/p>\n<p>Elkeen van hierdie lande is onder die top 50 lande op die 2024 WWL, wat \u0149 aanduiding is van die teenwoordigheid van Christen-gemeenskappe in hierdie lande wat baie ho\u00eb of uiterste vlakke van diskriminasie en vervolging as gevolg van hulle geloof ervaar. Met die teenwoordigheid van Islamitiese militante wat wydverspreid toeneem in die omgewing, die ontwikkelende en opkomende konflik soos in Soedan, asook geteikende geweld teen Christene wat reeds aangemeld is, is Nigeri\u00eb nie alleen in die ontworteling-verwante uitdagings wat dit in die gesig staar nie.<\/p>\n<p>Die skaal waarop en tydsduur waarteen ontworteling plaasvind, is aansienlik. Teen Desember 2023 was daar al \u0149 totaal van 1 711 481 IDP\u2019s wat in Borno-staat alleen gehuisves is. Borno huisves 74% van die IDP\u2019s in die noordoostelike gebied van Nigeri\u00eb. Van die 1,7 miljoen in Borno, was 74% reeds voor 2021 ontwortel, wat \u0149 aanduiding is van hoe baie IDP\u2019s al vir baie jare met die harde werklikheid van ontworteling moet saamleef. \u0149 Verdere 68% van die IDP\u2019s is al twee of meer kere ontwortel.<\/p>\n<p><strong>Skokkende syfers<\/strong><br \/>\n\u0149 Totaal van 54 457 IDP\u2019s was teen Desember 2023 in Plateau-staat gehuisves. Plaaslike agentskappe soos die Mwaghavul Ontwikkelingsvereniging (MDA) het egter aansienlike ho\u00ebr getalle van IDP\u2019s gerapporteer. Die MDA het byvoorbeeld gedokumenteer dat daar teen Januarie 2024 altesaam 103 000 IDP\u2019s in die Mangu-regeringsgebied was.<\/p>\n<p>Die behoefte aan humanit\u00eare hulp en ondersteuning is uiters groot. Volgens een IDP is voedsel skaars omdat die gewasse deur Fulani verwoes is. \u201cDie kos wat ons uit die grond kry, is nie genoeg nie. Daar is ook kwessies soos siektes en trauma. Ons dank God vir die Christen-organisasies wat traumaberading kom doen het. Daar is geen beskerming teen siektes nie weens die omstandighede waarin mense in die kampe leef. Die IDP\u2019s benodig kos, klere en ander produkte.\u201d<\/p>\n<p>In die Mangu-regeringsgebied is 51 131,69 hektaar landbougrond en gewasse tussen April 2023 en Januarie 2024 vernietig. Daar word verder berig dat meer as 448 plase in die Bassa-regeringsgebied tussen 2018 en 2023 vernietig is.<\/p>\n<p><strong>Stop die geweld, begin die genesing<\/strong><br \/>\nVolgens Lynette Leibach, direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, beklemtoon die \u201cNo Road Home\u201d-navorsingsverslag die kwesbaarheid van Christene te midde van \u0149 humanit\u00eare krisis in Nigeri\u00eb en sub-Sahara Afrika. \u201cDie situasie is uiters erg, met Christene wat oor die hoof gesien word in hulppogings en spesifiek geteiken word deur ekstremiste. Dit is noodsaaklik dat ons bewus moet wees van die situasie op ons kontinent en deur die Arise Africa-veldtog aksie moet neem om die geweld te stop en die genesing te begin,\u201d s\u00ea sy.<\/p>\n<p>Geopende Deure doen \u0149 beroep op mense regoor die w\u00eareld om hul w\u00eareldwye petisie te onderteken, wat daarop aandring dat Christene en ander kwesbare individue in sub-Sahara Afrika met waardigheid en respek behandel moet word deur robuuste beskerming teen gewelddadige militante aanvalle aan hulle te bied. Dit sal geregtigheid deur die regverdige vervolging van aanvallers verseker, asook herstel om genesing vir geraakte gemeenskappe te bring.<\/p>\n<p><strong>Amka Afrika-gebedsbyeenkoms, Boom van Gebed en Geregtigheid en uitstalling<\/strong><br \/>\n\u0149 Beeldhouwerk van \u0149 kamferboom, genoem die Boom van Gebed en Geregtigheid, is deur \u0149 33-jarige Nigeriese kunstenaar, Asiegbu Collins, gemaak. Die kamferboom is die nasionale boom van Nigeri\u00eb en die simbool van die Arise Africa-veldtog. Die boom sal na Geopende Deure-basisse regoor die w\u00eareld reis.<\/p>\n<p>Geopende Deure gaan ook op Saterdag, 14 September, van 10:00 tot 12:00 \u0149 spesiale Amka Afrika (wat die Swahili vir Arise Africa is) gebedsbyeenkoms by Rosebank Union Church hou. Hierdie byeenkoms, wat gratis en oop vir die publiek is, bied \u0149 geleentheid vir mense om in gebed te verenig vir die vervolgde Kerk in sub-Sahara Afrika en die ontwortelingskrisis onder Christene. Manga, \u0149 vervolgde Christen van Nigeri\u00eb, gaan sy kragtige getuienis deel. Die eerste 100 mense wat op die Geopende Deure-webtuiste (www.opendoors.org.za) registreer en die byeenkoms bywoon, sal elkeen \u0149 gratis geskenkpakkie en koepon vir koffie kry.<\/p>\n<p>Verder is daar ook van 11-15 September \u0149 spesiale uitstalling wat die realiteite van vervolging in sub-Sahara Afrika en die lewe in \u0149 ontwortelingskamp uitbeeld. Nadat mense deur die uitstalling geloop het, kan hulle hul gebede neerskryf en \u0149 petisie onderteken.<\/p>\n<p><strong>Meer inligting<\/strong><br \/>\nBesoek www.opendoors.org.za vir meer inligting oor die ontwortelingskrisis in sub-Sahara Afrika en die Arise Africa-veldtog.<\/p>\n<p>Vir enige navrae of om \u0149 onderhoud te re\u00ebl, kontak asseblief vir Elizabeth Botha, mediabeampte, by <a href=\"mailto:elizabethb@od.org\">elizabethb@od.org<\/a>, 083 227 8164 of 011 888 9341.<\/p>\n<p>Geopende Deure Suider-Afrika (ODSA) vorm deel van die Geopende Deure Internasionaal-bediening, wat vervolgde Christene in meer as 70 lande regoor die w\u00eareld bystaan en ondersteun met die lewering van Bybels en Christelike literatuur, besoeke aan vervolgde Christene, dissipelskap en opleiding, en die verkondiging en bevordering van bewustheid deur voorspraak.<\/p>\n<p>Foto\u2019s:<br \/>\nFoto 1: Pastoor Barnabas, een van die kampleiers in die vlugtelingkamp vir Christene in Benue-staat, Nigeri\u00eb, en sy vrou voor hulle tent.<br \/>\nPhoto 2: Twee vroue berei voedsel voor in \u0149 vlugtelingkamp, met honderde tente wat tydelike skuiling verskaf in die agtergrond.<\/p>\n<p>Mediaverklaring uitgereik deur Elizabeth Botha<br \/>\nMediabeampte: Geopende Deure Suider-Afrika<br \/>\nTel: 083 227 8164 \/ (011) 888 9341<br \/>\nE-pos: <a href=\"mailto:elizabethb@od.org\">elizabethb@od.org<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Miljoene beland in vlugtelingkampe te midde van voortdurende gevaar Die geweld teenoor Christene regoor sub-Sahara Afrika is besig om \u0149 enorme ontwortelingskrisis te veroorsaak. Teen die einde van 2023 was daar reeds \u0149 verbysterende 16,2 miljoen Christene in sub-Sahara Afrika wat weens vervolging gewelddadig uit hulle huise en vanaf hulle grond verdryf is. Hierdie toename&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":260,"featured_media":43298,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[98],"tags":[398],"class_list":["post-43299","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika","tag-mediaverklarings","entry","has-media"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.1.1 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika - Geopende Deure<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika - Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Miljoene beland in vlugtelingkampe te midde van voortdurende gevaar Die geweld teenoor Christene regoor sub-Sahara Afrika is besig om \u0149 enorme ontwortelingskrisis te veroorsaak. Teen die einde van 2023 was daar reeds \u0149 verbysterende 16,2 miljoen Christene in sub-Sahara Afrika wat weens vervolging gewelddadig uit hulle huise en vanaf hulle grond verdryf is. Hierdie toename&hellip;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-09-13T09:50:32+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/IDP-report-2024.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/\"},\"author\":{\"name\":\"Milandre Hartze\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\"},\"headline\":\"Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika\",\"datePublished\":\"2024-09-13T09:50:32+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/\"},\"wordCount\":1668,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/IDP-report-2024.png\",\"keywords\":[\"Mediaverklarings\"],\"articleSection\":[\"Suider-Afrika\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/\",\"name\":\"Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika - Geopende Deure\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/IDP-report-2024.png\",\"datePublished\":\"2024-09-13T09:50:32+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/IDP-report-2024.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/IDP-report-2024.png\",\"width\":1000,\"height\":500},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"\",\"item\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"description\":\"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"width\":606,\"height\":76,\"caption\":\"Geopende Deure\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\",\"name\":\"Milandre Hartze\",\"sameAs\":[\"http:\/\/Open%20Doors%20\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika - Geopende Deure","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika - Geopende Deure","og_description":"Miljoene beland in vlugtelingkampe te midde van voortdurende gevaar Die geweld teenoor Christene regoor sub-Sahara Afrika is besig om \u0149 enorme ontwortelingskrisis te veroorsaak. Teen die einde van 2023 was daar reeds \u0149 verbysterende 16,2 miljoen Christene in sub-Sahara Afrika wat weens vervolging gewelddadig uit hulle huise en vanaf hulle grond verdryf is. Hierdie toename&hellip;","og_url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/","og_site_name":"Geopende Deure","article_published_time":"2024-09-13T09:50:32+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":500,"url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/IDP-report-2024.png","type":"image\/png"}],"author":"Milandre Hartze","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Milandre Hartze","Est. reading time":"8 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/"},"author":{"name":"Milandre Hartze","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4"},"headline":"Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika","datePublished":"2024-09-13T09:50:32+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/"},"wordCount":1668,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/IDP-report-2024.png","keywords":["Mediaverklarings"],"articleSection":["Suider-Afrika"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/","name":"Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika - Geopende Deure","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/IDP-report-2024.png","datePublished":"2024-09-13T09:50:32+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/IDP-report-2024.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/09\/IDP-report-2024.png","width":1000,"height":500},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-reuse-ontwortelingskrisis-bedreig-christene-in-sub-sahara-afrika\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"","item":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Mediaverklaring: Reuse ontwortelingskrisis bedreig Christene in sub-Sahara Afrika"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","name":"Geopende Deure","description":"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.","publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization","name":"Geopende Deure","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","width":606,"height":76,"caption":"Geopende Deure"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4","name":"Milandre Hartze","sameAs":["http:\/\/Open%20Doors%20"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/43299","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/260"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=43299"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/43299\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/43298"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=43299"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=43299"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=43299"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}