{"id":40426,"date":"2024-03-08T11:50:04","date_gmt":"2024-03-08T09:50:04","guid":{"rendered":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/?p=40426"},"modified":"2024-07-12T13:52:26","modified_gmt":"2024-07-12T11:52:26","slug":"mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/","title":{"rendered":"Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging"},"content":{"rendered":"<p><strong>Nuwe geslagsverslag wys skokkende toename<\/strong><\/p>\n<p>Die geslagspesifieke godsdienstige vervolging wat Christen-vroue en meisies in die gesig staar, is deurlopend meer kompleks en omvattend as die vervolging wat mans en seuns ervaar. Gewelddadige vorms van onveiligheid bring mee dat vroue en meisies meer kwesbaar vir seksuele geweld is, terwyl mans en seuns \u0149 verhoogde risiko vir fisiese geweld ervaar. D\u00edt is sommige van die bevindings in \u0149 nuwe verslag oor geslagspesifieke godsdienstige vervolging wat van stapel gestuur is deur die bedieningsorganisasie, Geopende Deure Internasionaal, wat vervolgde Christene regoor die w\u00eareld ondersteun en versterk.<\/p>\n<p>Die verslag, getiteld \u201cInsecurity: The 2024 Gender Report\u201d, is op Internasionale Vrouedag vrygestel. Met die viering van Internasionale Vrouedag op Vrydag, 8 Maart, val die kollig opnuut op die lot van vroue en meisies \u2013 veral op die Afrika-kontinent.<\/p>\n<p>Volgens Geopende Deure se nuwe verslag staar vroulike bekeerlinge na Christenskap \u0149 groeiende bedreiging van vervolging in die gesig. Vervolging is kompleks, weggesteek en gewelddadig vir vroue en meisies \u2013 gekenmerk deur seksuele geweld en gedwonge huwelike, sowel as verraderlike, onsigbare geweld agter geslote deure. Aan die ander kant is die vervolging van mans en seuns gefokus, sigbaar en ernstig \u2013 gekenmerk deur geteikende fisiese geweld, insluitende dodelike geweld, sowel as ekonomiese en staatsdruk.<\/p>\n<p>Mans word dikwels met vervolging geteiken vir hul krag as leiers en finansi\u00eble verskaffers, en vroue vir hul seksuele en familie-eer. In lande waar Christene akute vlakke van vervolging weens hul geloof ervaar \u2013 ongeag of dit deur gewelddadige godsdienstige groepe, uitgebreide familielede of ander drywers van godsdienstige vervolging aangevuur word \u2013 is \u0149 persoon se geslag een van die faktore wat bepaal watter soort vervolging hulle in die gesig staar.<\/p>\n<p><strong>Belangrikste drukpunte wat Christen-vroue en -meisies be\u00efnvloed<\/strong><\/p>\n<p>Vroue en meisies regoor die w\u00eareld word aan talle vorms van druk en nadele in hulle alledaagse lewens onderwerp. Di\u00e9 druk is omvattend vir Christen-vroue en meisies, wat beteken dat hulle spesifieke vorms van godsdienstige vervolging weens hul geslag ervaar.<\/p>\n<p>In al die lande op die W\u00eareldwaarnemingslys (WWL) is dit algemeen vir vroue en meisies om vervolging in die private sfeer te ervaar, dikwels agter geslote deure of gepleeg deur mense wat hulle alreeds ken in hul bestaande gemeenskappe en verhoudings.<\/p>\n<p>Vanjaar is geloofsgebaseerde gedwonge huwelike as \u0149 risiko ge\u00efdentifiseer in 84% van die WWL-lande \u2013 \u0149 kommerwekkende algemene praktyk. Gedwonge huwelike is \u0149 vorm van uitbuiting en beheer, en die risiko is verweef met seksuele geweld. S\u00f3 mag jong Moslem-mans in Kameroen byvoorbeeld, te midde van die gewelddadige onveiligheid in die noorde van die land, vroue by markte met krag oorrompel en wegneem&#8230; en hulle word vir weke, selfs maande, aangehou om hulle te verkrag en swanger te maak, wat beteken die vroue moet dan met hulle trou. Hulle versteek die meisies in verafgele\u00eb dorpe, en die meisies het dan nie die finansi\u00eble vermo\u00eb om terug te keer na hul eie dorpe nie.<\/p>\n<p>Seksuele geweld en gedwonge huwelike word as maniere van intimidasie en beheer aangewend, en di\u00e9 strategie\u00eb is daarop gemik om te verhoed dat Christen-vroue en -meisies hul geloof in Christus uitleef.<\/p>\n<p>In sommige dele van Mali, die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), Kirgistan en Mosambiek is die ontvoering van bruide op geloofsgebaseerde gronde \u0149 groot risiko. Christen-vroue en -meisies word ontvoer vir gedwonge huwelike met soldate en ander mans wat nie Christene is nie, dikwels Moslem-mans.<\/p>\n<p>Vroue en meisies wat vanaf \u0149 ander geloof, soos Islam, tot bekering gekom het regoor die Midde-Ooste en Noord-Afrika (MENA)-streek, ervaar die risiko dat hulle gedwing kan word om met \u0149 nie-Christen-man te trou wat \u0149 mate van godsdienstige gesag het of toegewyd is aan sy geloof, met die hoop dat hy haar sal be\u00efnvloed om haar geloof te verwerp. Dit sluit ook jong meisies in wat gedwing word om met veel ouer mans te trou.<\/p>\n<p><strong>Top 5 drukpunte vir vroue:<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Gedwonge huwelike.<\/li>\n<li>Seksuele geweld.<\/li>\n<li>Fisiese geweld.<\/li>\n<li>Sielkundige geweld.<\/li>\n<li>Ontvoering.<\/li>\n<\/ol>\n<p>Die geslagspesifieke godsdienstige vervolging wat vroue en meisies in die gesig staar, is deurlopend meer kompleks en omvattend as die vervolging wat mans en seuns ervaar. Die gemiddelde aantal drukpunte per land vir vroue en meisies in 2024 was 8,4 in vergelyking met 6,6 drukpunte per land vir mans en seuns.<\/p>\n<p><strong>Belangrikste drukpunte wat Christen-mans en -seuns be\u00efnvloed<\/strong><\/p>\n<p>Mans en seuns ervaar veral die risiko van geloofsverwante fisiese geweld in 39 van die 50 WWL-lande, plekke waar Christene ernstige vyandigheid weens hul godsdienstige affiliasie in die gesig staar.<\/p>\n<p>In talle van die lande wat bestudeer is, is kerkleiers hoofsaaklik manlik. Dus word hulle blootgestel aan spesifieke en gewelddadige vervolging vir hul rol as leiers en geestelike voorsieners vir die geloofsgemeenskap. In lande soos Colombi\u00eb word pastore gedwing om van hul huise te vlug weens die risiko van aanvalle en afpersing.<\/p>\n<p>Mans se rol as \u201cbeskermer\u201d word strategies ondermyn deur groepe wat manlike hoofde van huishoudings teiken met herhaalde dade van marteling, wat die druk verhoog om hul geloof te verwerp en \u0149 impak het op hul vermo\u00eb om hul gesinne veilig te hou. Selfs kinders kan teikens van fisiese geweld wees, met berigte van laerskoolseuns wat aangerand word omdat hulle Christene is.<\/p>\n<p>In \u0149 milit\u00eare konteks en vir di\u00e9 wat vanaf \u0149 ander godsdienstige agtergrond tot bekering gekom het, is die risiko van fisiese mishandeling en marteling selfs nog ho\u00ebr en die koste selfs nog groter omdat hulle die Christelike geloof gekies het. In die oostelike DRK word Christen-mans en seuns onderwerp aan werwing deur burgermaggroepe, geteikende ontvoerings en moord.<\/p>\n<p>Sielkundige geweld is \u0149 ander leidende vorm van vervolging vir mans en seuns. Hulle word as deel van die sielkundige druk wat op Christen-mans in MENA toegepas word, gedwing om Vrydae gebedsessies by te woon en selfs om op \u0149 gedwonge \u201chajj\u201d, \u0149 pelgrimstog na Mekka, te gaan.<\/p>\n<p>Die impak van herhaalde siklusse van geweld, beide fisies en emosioneel, kan nie onderskat word nie. Dit veroorsaak langdurige sielkundige skade vir Christen-mans en -seuns. Die rimpeleffek hiervan brei uit na hul gesinne, gemeenskappe en kerke.<\/p>\n<p><strong>Top 5 drukpunte vir mans:<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Fisiese geweld.<\/li>\n<li>Sielkundige geweld.<\/li>\n<li>Tronkstraf deur die regering.<\/li>\n<li>Ekonomiese teistering via besigheid\/werk.<\/li>\n<li>Milit\u00eare\/burgermag diensplig\/diens wat met hul gewete bots.<\/li>\n<\/ol>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><strong>Ander bevindings van die verslag<\/strong><\/p>\n<p>Die 2024-verslag onthul ook die volgende:<\/p>\n<ul>\n<li>Onveilige kontekste en geassosieerde geweld deur ekonomiese ineenstorting, natuurrampe, politieke onstabiliteit en konflik vererger bestaande kwesbaarhede, wat sekere vorms van geslagspesifieke godsdienstige geweld vererger. Geweld dien as \u0149 vonk wat bestaande kwesbaarhede ontbloot en vererger. Dienooreenkomstig is geloofsverwante seksuele geweld vir vroue en fisiese geweld vir mans, insluitende dodelike geweld, algemener in kontekste waar ernstige geweld voorkom. Gewelddadige vorms van onveiligheid soos godsdienstig geteikende geweld, gewapende konflik en kriminele geweld kan lei tot verarming, gedwonge ontworteling en die normalisering van geweld.<\/li>\n<li>Gemarginaliseerde Christene, veral vroue, kan besonder kwesbaar wees in onveilige kontekste soos plekke waar konflik voorkom, gedwonge ontworteling en kriminele geweld. Diegene wat alreeds kwesbaar is, se risiko vererger wanneer geweld eskaleer. Vroue wat aan godsdienstige minderhede behoort, is dikwels s\u00f3 \u0149 groep.<\/li>\n<li>Gewelddadige onveiligheid los vir dekades \u0149 onuitwisbare stempel op gemeenskappe. Selfs wanneer die geweld formeel ophou, staar mans en vroue van gemarginaliseerde gemeenskappe steeds omvattende uitdagings in die gesig. Dit kan trauma, gedwonge ontworteling en volgehoue marginalisering insluit wanneer gemeenskappe herstruktureer, wat alles deur godsdiens en geslag be\u00efnvloed kan word.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lynette Leibach, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, s\u00ea: \u201cVervolging gebeur nie toevallig nie \u2013 dit is opsetlik, bestaan uit verskillende lae en teiken die waargenome waarde van mans, vroue en kinders in die samelewing om die godsdienstige minderheid af te breek. Wat veral kommerwekkend is, is dat kwesbare meisies en vroue deur gedwonge huwelike geteiken word as \u0149 manier om hulle te verhoed om hul Christelike geloof uit te leef. Dit is noodsaaklik om bewustheid te skep oor die realiteit wat baie gemarginaliseerde Christene, veral vroue, in die gesig staar. Hierdie bevindings vereis aksie.\u201d<\/p>\n<p><strong>Metodologie van die verslag<\/strong><\/p>\n<p>Die verslag oor geslagspesifieke godsdienstige vervolging word sedert 2018 jaarliks vrygestel. Die 2024-verslag het data gebruik wat deur Open Doors World Watch Research (WWR) verkry is vir die 2024-WWL. Streeksgebaseerde kundiges het die prim\u00eare data vanaf versorgers, kerkleiers, fokusgroepe en streekskundiges regoor die w\u00eareld versamel. Geopende Deure se geslagspan het die data geanaliseer om te bepaal hoe Christen-mans en -vroue in hierdie lande verskeie vorms van druk ervaar, om die algehele vervolgingstendense volgens geslag uit te lig.<\/p>\n<p>Die spesifieke godsdienstige vervolgingseenheid van Open Doors WWR het data vir die 2024-verslag ingesamel en geanaliseer deur \u0149 benadering van gemengde metodes, wat uit beide kwalitatiewe en kwantitatiewe elemente bestaan. WWR het godsdienstige vervolgingsdinamika in meer as 100 lande gemonitor gedurende die 2024-rapporteringstydperk, wat vanaf 1 Oktober 2022 tot 30 September 2023 is.<\/p>\n<p>Analiste het data vanaf 78 lande bestudeer waar daar ho\u00eb, baie ho\u00eb of uiterste vervolging is. Die verslag verteenwoordig hoofsaaklik \u0149 analise van die top 50 lande op Geopende Deure se 2024-WWL, waar dit die moeilikste is om \u0149 Christen te wees.<\/p>\n<p>Die data wat Geopende Deure se spesifieke godsdienstige vervolgingseenheid bestudeer, is afkomstig vanaf Geopende Deure se veldwerkers en veldbydraers, eksterne kundiges en WWR-vervolgingsanaliste. As \u0149 deel van die data-insamelingsproses het streeksgebaseerde kundiges kwalitatiewe data by traumaspesialiste, kerkleiers, fokusgroepe en kundiges ingesamel.<\/p>\n<p>Verder bied die verslag ook inligting oor gevallestudies wat gebaseer is op onderhoude met Christen-mans en -vroue wat geweld weens hul geloof ervaar het, ingesamel deur Geopende Deure-veldwerkers of vennote. Die eenheid se analiste konsolideer hierdie navorsing met lessenaarnavorsing vanaf media-publikasies, die Verenigde Nasies (VN) en regeringsinstansies, akademici en nie-regeringsorganisasies (NGOs).<\/p>\n<p><strong>Meer inligting<\/strong><\/p>\n<p>Vir enige navrae oor die verslag oor geslagspesifieke godsdienstige vervolging of om \u0149 onderhoud te re\u00ebl, kontak asseblief vir Elizabeth Botha, mediabeampte, by <a href=\"mailto:elizabethb@od.org\">elizabethb@od.org<\/a>, 083\u00a0227 8164 of 011\u00a0888 9341.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nuwe geslagsverslag wys skokkende toename Die geslagspesifieke godsdienstige vervolging wat Christen-vroue en meisies in die gesig staar, is deurlopend meer kompleks en omvattend as die vervolging wat mans en seuns ervaar. Gewelddadige vorms van onveiligheid bring mee dat vroue en meisies meer kwesbaar vir seksuele geweld is, terwyl mans en seuns \u0149 verhoogde risiko vir&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":260,"featured_media":40483,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[98,221],"tags":[398],"class_list":["post-40426","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika","category-wereld","tag-mediaverklarings","entry","has-media"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.1.1 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging - Geopende Deure<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging - Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Nuwe geslagsverslag wys skokkende toename Die geslagspesifieke godsdienstige vervolging wat Christen-vroue en meisies in die gesig staar, is deurlopend meer kompleks en omvattend as die vervolging wat mans en seuns ervaar. Gewelddadige vorms van onveiligheid bring mee dat vroue en meisies meer kwesbaar vir seksuele geweld is, terwyl mans en seuns \u0149 verhoogde risiko vir&hellip;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-03-08T09:50:04+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-07-12T11:52:26+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-2024-afrikaans.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1333\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"667\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"8 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/\"},\"author\":{\"name\":\"Milandre Hartze\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\"},\"headline\":\"Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging\",\"datePublished\":\"2024-03-08T09:50:04+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-12T11:52:26+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/\"},\"wordCount\":1568,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-2024-afrikaans.jpg\",\"keywords\":[\"Mediaverklarings\"],\"articleSection\":[\"Suider-Afrika\",\"W\u00eareld\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/\",\"name\":\"Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging - Geopende Deure\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-2024-afrikaans.jpg\",\"datePublished\":\"2024-03-08T09:50:04+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-12T11:52:26+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-2024-afrikaans.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-2024-afrikaans.jpg\",\"width\":1333,\"height\":667},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"\",\"item\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"description\":\"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"width\":606,\"height\":76,\"caption\":\"Geopende Deure\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\",\"name\":\"Milandre Hartze\",\"sameAs\":[\"http:\/\/Open%20Doors%20\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging - Geopende Deure","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging - Geopende Deure","og_description":"Nuwe geslagsverslag wys skokkende toename Die geslagspesifieke godsdienstige vervolging wat Christen-vroue en meisies in die gesig staar, is deurlopend meer kompleks en omvattend as die vervolging wat mans en seuns ervaar. Gewelddadige vorms van onveiligheid bring mee dat vroue en meisies meer kwesbaar vir seksuele geweld is, terwyl mans en seuns \u0149 verhoogde risiko vir&hellip;","og_url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/","og_site_name":"Geopende Deure","article_published_time":"2024-03-08T09:50:04+00:00","article_modified_time":"2024-07-12T11:52:26+00:00","og_image":[{"width":1333,"height":667,"url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-2024-afrikaans.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Milandre Hartze","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Milandre Hartze","Est. reading time":"8 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/"},"author":{"name":"Milandre Hartze","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4"},"headline":"Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging","datePublished":"2024-03-08T09:50:04+00:00","dateModified":"2024-07-12T11:52:26+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/"},"wordCount":1568,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-2024-afrikaans.jpg","keywords":["Mediaverklarings"],"articleSection":["Suider-Afrika","W\u00eareld"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/","name":"Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging - Geopende Deure","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-2024-afrikaans.jpg","datePublished":"2024-03-08T09:50:04+00:00","dateModified":"2024-07-12T11:52:26+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-2024-afrikaans.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/03\/Geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-2024-afrikaans.jpg","width":1333,"height":667},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-christen-vroue-en-meisies-is-meer-kwesbaar-vir-vervolging\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"","item":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Mediaverklaring: Christen-vroue en meisies is meer kwesbaar vir vervolging"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","name":"Geopende Deure","description":"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.","publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization","name":"Geopende Deure","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","width":606,"height":76,"caption":"Geopende Deure"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4","name":"Milandre Hartze","sameAs":["http:\/\/Open%20Doors%20"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/40426","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/260"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=40426"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/40426\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/40483"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=40426"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=40426"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=40426"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}