{"id":39645,"date":"2024-01-17T09:41:38","date_gmt":"2024-01-17T07:41:38","guid":{"rendered":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/?p=39645"},"modified":"2024-07-12T13:53:00","modified_gmt":"2024-07-12T11:53:00","slug":"mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/","title":{"rendered":"Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd"},"content":{"rendered":"<p><strong>Militante en outokratiese regimes vererger gevaar in sub-Sahara Afrika<\/strong><\/p>\n<p>Geopende Deure Internasionaal het sy 2024 W\u00eareldwaarnemingslys (WWL)* op 17 Januarie 2024 bekendgestel. Di\u00e9 lys, wat nou in sy 31ste jaar is, wys weereens die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hul geloof ervaar en skep bewustheid van die swaarkry wat vervolgde Christene elke dag in die gesig staar. Lande word gelys volgens die erns van vervolging en diskriminasie wat Christene wat daar bly, ervaar.<\/p>\n<p>In hierdie w\u00eareldwye opname wys die algehele tendens dat die vervolging van Christene regoor die w\u00eareld teen \u0149 kommerwekkende tempo toegeneem het, veral in Afrika.<\/p>\n<p>Verskeie skokkende voorvalle van vervolging in Afrika het die afgelope jaar die nuusopskrifte gehaal, insluitende verskeie gruwelike gebeure in Nigeri\u00eb. Gewapende mans van die militante Fulani-bendes het minstens 200 mense in Christen-gedomineerde dorpe in Plateau-staat, Nigeri\u00eb, doodgemaak. Meer as 300 mense is ook in die aanval, wat minstens 36 dorpe regoor die streek geteiken het, doodgemaak en duistende huise is verwoes. Die goed-geko\u00f6rdineerde aanval het op Oukersaand begin en tot in die vroe\u00eb oggendure op 26 Desember 2023 aangehou.<\/p>\n<p>In April tot Junie 2023 het verskerpte aanvalle op Christelike gemeenskappe in Plateau-staat meer as 340 mense se lewens ge\u00ebis en nog 80\u00a0000 is ontwortel. Altesaam 54 dorpe is in hierdie ernstige vlaag van geweld en amper daaglikse aanvalle, wat meestal in die Mangu Plaaslike Regeringsgebied gebeur het, aangeval.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Kommerwekkende statistieke<\/strong><\/p>\n<p><strong>Meer as 365 miljoen Christene<\/strong> staar ho\u00eb vlakke van vervolging en diskriminasie in die gesig weens hul geloof (\u0149 styging van laasjaar se syfer van 360 miljoen). Di\u00e9 syfer verteenwoordig <strong>een uit elke sewe Christene w\u00eareldwyd<\/strong>, op vanaf een uit elke agt drie jaar gelede. In die WWL top 50 lande alleen ervaar 317 miljoen Christene baie ho\u00eb of uiterste vlakke van vervolging of diskriminasie weens hul geloof.<\/p>\n<p>Oor die 31 jaar van Geopende Deure se W\u00eareldwaarnemingslys-rapportering het die aantal lande waar Christene uiterste, baie ho\u00eb of ho\u00eb vlakke van vervolging ervaar amper verdubbel vanaf 40 lande in 1993 tot 78 lande in 2024. Dit kan soos volg opgedeel word:<\/p>\n<ul>\n<li>Uiterste vlakke van vervolging: Nommers 1 tot 13.<\/li>\n<li>Baie ho\u00eb vlakke van vervolging: Nommers 14 tot 57.<\/li>\n<li>Ho\u00eb vlakke van vervolging: Nommers 58 tot 78.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Sommige van die grootste bekommernisse op vanjaar se lys is die geweld teenoor Christene in sub-Sahara Afrika wat nuwe hoogtes bereik het, die invloed van radikale Islamitiese elemente en outokratiese regimes wat onstabiele politieke toestande regoor die Afrika-kontinent uitbuit, die Wagner-groep wat Mali ge\u00efnfiltreer het, die styging in geweld teenoor Christene in Indi\u00eb, die toename in kerkaanvalle in China, Indi\u00eb en verskeie ander lande, en die skerp toename in vervolging in Nicaragua.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Top 5 lande<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noord-Korea <\/strong>beklee weereens die nommer een-plek op die W\u00eareldwaarnemingslys. Christene hier word gedwing om hul geloof in algehele geheimhouding te beoefen. Inligting oor strooptogte bereik selde die internasionale media, maar een geval het in April 2023 uitgelek toe vyf Christene in \u0149 afgele\u00eb plaashuis in sentrale Noord-Korea vergader het om saam te bid \u2013 net om uit te vind dat die polisie \u0149 wenk van \u0149 informant gekry het en vir hulle wag. Die vyf gearresteerde Christene staar nou jare se harde dwangarbeid in die gesig.<\/p>\n<p><strong>Somali\u00eb<\/strong> is weereens vanjaar in die tweede posisie \u2013 dieselfde as verlede jaar. Hierna volg <strong>Libi\u00eb<\/strong> in die derde plek, <strong>Eritrea<\/strong> in die vierde plek en <strong>Jemen<\/strong> in die vyfde plek.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>WWL 2024 in getalle<\/strong><\/p>\n<p>Die belangrikste tendense van die 2024 WWL is:<\/p>\n<ul>\n<li>Altesaam 4 998 Christene is w\u00eareldwyd in geloofsverwante aanvalle doodgemaak. Die syfers is waarskynlik baie ho\u00ebr, maar baie gevalle word nie aangemeld nie.<\/li>\n<li>\u0149 Sewevoudige toename in aanvalle op kerke, Christen-skole en hospitale vanaf 2 110 in 2023 tot 14 766 in 2024.<\/li>\n<li>Christene wat aangerand of gedreig word, het toegeneem vanaf 29 411 aangemelde sake in 2023 tot 42\u00a0849 in 2024.<\/li>\n<li>Aanvalle op huise het met 371% vanaf die 2023-getalle toegeneem (4 547 tot 21 431).<\/li>\n<li>Christene wat gedwing is om hul huise te verlaat of weg te kruip, het meer as verdubbel vanaf 124 310 tot 278\u00a0716.<\/li>\n<li>Altesaam 365 miljoen Christene (een uit elke sewe w\u00eareldwyd) ervaar ho\u00eb vlakke van vervolging en diskriminasie weens hul geloof \u2013 op vanaf verlede jaar se syfer van 360 miljoen.<\/li>\n<li>Vyf uit die top 10 lande op die 2024 WWL is in Afrika.<\/li>\n<\/ul>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Tendense in sub-Sahara Afrika<\/strong><\/p>\n<p>Die 2024 W\u00eareldwaarnemingslys fokus veral op die lot van Christene in sub-Sahara Afrika, met die geweld teen hulle wat kommerwekkende nuwe vlakke bereik soos wat gewelddadige Islamitiese militante die streek destabiliseer. Dit is die ergste in Nigeri\u00eb (6), waar militante van Fulani, Boko Haram, Islamitiese Staat Wes-Afrika Provinsie (ISWAP) en ander strooptogte op Christen-gemeenskappe uitvoer waartydens mense doodgemaak, vermink, verkrag en ontvoer word vir lospryse of seksuele slawerny.<\/p>\n<p>Islamitiese militante en outokratiese regimes vererger die gevaar vir Christene in sub-Sahara Afrika. Meer as 82% van Christene wat vanjaar w\u00eareldwyd weens hul geloof doodgemaak is, was in Nigeri\u00eb en geloofsverwante moorde in sub-Sahara het di\u00e9 in enige ander streek op die jaarlikse lys ver oortref. Hierdie tendens kan al vir verskeie jare gesien word.<\/p>\n<p>Net soos die vorige jaar, was Nigeri\u00eb vir sowat nege uit elke tien godsdienstig gemotiveerde moorde in Afrika se W\u00eareldwaarnemingslys-lande verantwoordelik. Die aantal moorde in di\u00e9 lande is egter waarskynlik baie ho\u00ebr omdat dit moeilik is om tydens konflik en die nasleep daarvan betroubare verslae oor die impak van geweld te kry.<\/p>\n<p>Intense geweld in Ethiopi\u00eb (32) het meegebring dat die aantal aanvalle op kerke en skole skerp toegeneem het. Daar was ook \u0149 opwaartse styging in die aantal ondernemings wat deur Christene besit word, wat in Burkina Faso (20) en die Sentraal-Afrikaanse Republiek (28) geplunder of gekonfiskeer is.<\/p>\n<p>Hierdie tendense word elders in Afrika en in ander lande op die jaarlikse lys weerspie\u00ebl omdat aanvalle w\u00eareldwyd toegeneem het.<\/p>\n<p>Minstens 4 606 Christene is weens hul geloof doodgemaak in 18 van die 26 lande op die W\u00eareldwaarnemingslys wat suid van die Saharawoestyn is. Altesaam 15 van hierdie 26 lande het die hoogste vlak bereik in die telling vir algehele geweld. Ten minste 16,2 miljoen Christene in sub-Sahara Afrika is teen die einde van 2022 gewelddadig ontwortel.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Radikale Islamitiese elemente en outokratiese regimes<\/strong><\/p>\n<p>Radikale Islamitiese elemente wat onstabiele politieke toestande uitbuit, is \u0149 algemene gesig regoor die Afrika-kontinent. Regerings- en veiligheidsgebreke maak die deur oop vir die jihadistiese aktiwiteite wat byvoorbeeld in Burkina Faso (20), Mali (14), Mosambiek (39), Nigeri\u00eb (6) en Somali\u00eb (2) gesien word.<\/p>\n<p>\u201cDie bedreiging vanaf Islamitiese militante in sub-Sahara Afrika het skerp toegeneem tot op die punt waar baie Christene in die streek toenemend in vrees moet leef,\u201d s\u00ea Frans Veerman, besturende direkteur van <em>Open Doors World Watch Research<\/em>.<\/p>\n<p>\u201cChristene word doelbewus geteiken of is ekstra kwesbaar op \u0149 kontinent wat deur die dubbele probleme van radikale Islamitiese elemente en toenemende outokratiese regimes oorheers word. Dit is die altyd-groeiende bedreiging vir Christene suid van die Saharawoestyn en indien dit ongemerk gelaat word, word dit verwag dat hierdie dubbele druk hulle sal oorweldig en uit hul huise en dorpe sal dwing.<\/p>\n<p>\u201cRegerings in die streek moet betekenisvolle aksie neem om die groeiende invloed van jihadistiese groepe aan te spreek en dit prioritiseer om kwesbare mense teen hul aggressors te beskerm. Sonder di\u00e9 aksie sal Christelike gemeenskappe wat eens op \u0149 tyd gefloreer het, verdwyn.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Mali en die Wagner-groep<\/strong><\/p>\n<p>Toe die Franse troepe in 2022 uit Mali wegbeweeg het, het die Wagner-groep in hul basisse ingetrek. Hulle invloed het die burgerlike ruimte vir Christene aansienlik gesmoor. Dit het gevaarlik geword om uitsprake teen regeringsonregte of die Wagner-groep se brutale optrede te maak.<\/p>\n<p>Die privaatweermag tree nie op teen Islamitiese militante, mensehandelaars en georganiseerde misdaadsindikate nie, wat daartoe lei dat Christene in Mali dikwels onder polisiebeskerming moet bymekaarkom. Die regering se invloedsfeer neem skerp af, wat \u0149 kommerwekkende tendens is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Brutale konflik in Indi\u00eb<br \/>\n<\/strong>Daar was in die WWL 2024-rapporteringstydperk \u0149 aansienlike styging in die aantal Christene wat in Indi\u00eb (11) doodgemaak is en die aantal kerke, Christen-skole en huise wat aangeval is. Die episentrum van die oplewing in geweld en ontworteling is die noordoostelike staat van Manipur, waar vyandigheid tussen die meerderheid Meitei en die minderheid Kuki etniese groepe in Mei 2023 losgebars het. Wat as \u0149 dispuut tussen etniese groepe begin het, het \u0149 ontstellende godsdienstige dimensie aangeneem deurdat Christene in alle etniese groepe geteiken is.<\/p>\n<p>Die geweld het daartoe gelei dat 160 Christene doodgemaak is en duisende uit hul huise gejaag is om elders skuiling te vind nadat hulle toegekyk het hoe hul huise afbrand. Die verskyning van \u0149 gruwelike video wat twee naakte vroue van die Kuki-stam, waarvan die meerderheid mense Christene is, wys wat deur \u0149 skare in die geweldgeteisterde Indiese staat van Manipur geparadeer en gemolesteer word, het beklemtoon dat vroue dikwels \u0149 ho\u00eb prys tydens konflik betaal.<\/p>\n<p>Indi\u00eb in getalle:<\/p>\n<ul>\n<li>\u0149 Negevoudige toename in Christelike sterftes sedert WWL 2023: 17 tot 160.<\/li>\n<li>\u0149 Uiterste toename in aanvalle op kerke en Christen-skole vanaf 67 verlede jaar tot 2\u00a0228 hierdie jaar.<\/li>\n<li>Die aantal Christen-huise wat in die WWL 2022-rapporteringstydperk aangeval is, was 91. Dit het die volgende jaar tot 180 verdubbel en die WWL 2024-syfer is 5\u00a0900.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Meer as 62\u00a0000 Indiese Christene is gedurende die WWL 2024-rapporteringstydperk gedwing om hul huise te verlaat. Dit was \u0149 eksponensi\u00eble sprong vanaf 380 op die 2022-lys en 834 op die 2023-lys.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Kerksluitings en -aanvalle<br \/>\n<\/strong>China (19) en Indi\u00eb (11) was die grootste oortreders wat kerksluitings en -aanvalle betref. Syfers wys dat \u0149 beraamde 10 000 kerke in China gesluit en 2 228 in Indi\u00eb aangeval is. Hierdie twee lande vorm saam amper 83% van al die sluitings- en aanval-insidente op kerke in alle lande op die 2024-lys.<\/p>\n<p>China het duisende kerke gesluit deur \u0149 stel ou en nuwe outorit\u00eare maatre\u00ebls. Groot ongeregistreerde \u201chuiskerke\u201d, wat in hotelle of kantoorblokke ontmoet het, is gedwing om in \u0149 magdom minder sigbare huisgroepe te versplinter, en baie van die persele vir staatsgoedgekeurde kerke is gedwing om te sluit en met groter kerke saam te smelt.<\/p>\n<p>In kontras hiermee is kerkaanvalle in Indi\u00eb deur aggressiewe skares gepleeg. Volgens aartsbiskop Dominic Lupon van Imphal is 249 kerke in die eerste 36 uur van die Manipur-geweld vernietig.<\/p>\n<p>Kerkaanvalle in Angola (71), Burkina Faso (20), Ethiopi\u00eb (32), Nicaragua (30), Nigeri\u00eb (6), Niger (27), Rwanda (63) en Soedan (8) was ook besonder hoog.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Skerp styging in vervolging in Nicaragua<br \/>\n<\/strong>Kommunistiese diktatorskappe in Latyns-Amerika is toenemend vyandig teenoor die Kerk. Nicaragua (30) is geen uitsondering nie, en di\u00e9 land het vanjaar 20 plekke ho\u00ebr op die lys gespring. Daniel Ortega se regering raak al meer openlik in hul onderdrukking van godsdiensvryheid. In Februarie 2023 is die biskop van Matagalpa, Rolando \u00c1lvarez, \u0149 vokale verdediger van burgerlike vryhede, van sy burgerskap gestroop en tot 26 jaar in die tronk gevonnis.<\/p>\n<p>Lynette Leibach, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, s\u00ea: \u201cTerwyl ons terugkeer werk toe, skool toe en na \u0149 normale lewe n\u00e1 die vakansie, wys die navorsing die ernstige situasie wat deur al meer lede van ons Christen-familie in die gesig gestaar word \u2013 veral op ons kontinent.<\/p>\n<p>\u201cEk word weereens uitgedaag deur die feit dat daar agter elke statistiek \u0149 individuele volwassene of kind, familie of gemeenskap is wie se lewe nie ongestoord voortgaan nie. Om in woord en daad by hulle te staan, is \u0149 saak van dringendheid.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Oor die WWL en hoe die syfers ingesamel is<\/strong><\/p>\n<p>Die eerste WWL is in Januarie 1993 bekendgestel. Lande se algehele vervolgingstellings is \u0149 samestelling van ses verskillende tellings: Vervolgingsvlakke in die privaatlewe, familielewe, gemeenskapslewe en nasionale lewe, en kerkgemeenskappe, saam met die geweldvlakke. Regeringsbeperkings en die hoeveelheid sosiale vyandigheid teenoor Christene word ook in ag geneem. Vanjaar se lys dek die tydperk vanaf 1 Oktober 2022 tot 30 September 2023.<\/p>\n<p>Die lys, wat aan die begin van elke jaar bekendgestel word, gebruik omvattende navorsing, data vanaf Geopende Deure-veldwerkers, hulle netwerke in die verskillende lande, eksterne kundiges en vervolgingsanaliste om die vervolging w\u00eareldwyd te kwantifiseer en analiseer. Elke uitgawe word deur die Internasionale Instituut vir Godsdiensvryheid geoudit.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Meer inligting<\/strong><\/p>\n<p>Besoek <a href=\"http:\/\/www.opendoors.org.za\">www.opendoors.org.za<\/a> om die volledige 2024 W\u00eareldwaarnemingslys, die top 50 landprofiele en vervolgingstatistieke, sowel as die top 50 lande se media- en voorspraakdossiere, te besigtig en af te laai.<\/p>\n<p>Vir enige vrae oor die 2024 W\u00eareldwaarnemingslys, die navorsingsmetodologie of om \u0149 onderhoud te re\u00ebl, kontak Elizabeth Botha, mediabeampte, by <a href=\"mailto:elizabethb@od.org\">elizabethb@od.org<\/a>, 083\u00a0227 8164 of 011\u00a0888 9341.<\/p>\n<p><em>Geopende Deure Suider-Afrika (ODSA) is deel van die Geopende Deure Internasionaal-bediening, wat vervolgde Christene in meer as 70 lande w\u00eareldwyd ondersteun en bystaan met die lewering van Bybels en Christelike literatuur, besoeke aan vervolgde Christene, dissipelskap en opleiding, praktiese hulp soos kos, medisyne, traumasorg, regshulp, skuilhuise en skole, geestelike ondersteuning, en die verkondiging en bevordering van bewustheid deur voorspraak. Die organisasie het 25 nasionale basisse wat vervolgde Christene al vir meer as 60 jaar ondersteun en versterk.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><em>Mediaverklaring uitgereik deur Elizabeth Botha<\/em><\/p>\n<p><em>Mediabeampte: Geopende Deure Suider-Afrika<\/em><\/p>\n<p><em>Tel: 083\u00a0227 8164 \/ (011) 888 9341<\/em><\/p>\n<p><em>Epos: elizabethb@od.org<\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><strong>*WWL-lande se ranglysposisies in hakies regdeur die dokument.<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Militante en outokratiese regimes vererger gevaar in sub-Sahara Afrika Geopende Deure Internasionaal het sy 2024 W\u00eareldwaarnemingslys (WWL)* op 17 Januarie 2024 bekendgestel. Di\u00e9 lys, wat nou in sy 31ste jaar is, wys weereens die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hul geloof ervaar en skep bewustheid van die swaarkry wat vervolgde Christene&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":260,"featured_media":39659,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[255],"tags":[398],"class_list":["post-39645","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-world-afr","tag-mediaverklarings","entry","has-media"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.1.1 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd - Geopende Deure<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd - Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Militante en outokratiese regimes vererger gevaar in sub-Sahara Afrika Geopende Deure Internasionaal het sy 2024 W\u00eareldwaarnemingslys (WWL)* op 17 Januarie 2024 bekendgestel. Di\u00e9 lys, wat nou in sy 31ste jaar is, wys weereens die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hul geloof ervaar en skep bewustheid van die swaarkry wat vervolgde Christene&hellip;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2024-01-17T07:41:38+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-07-12T11:53:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WWL-2024-general-homepage-hightlight_Afr.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"10 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/\"},\"author\":{\"name\":\"Milandre Hartze\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\"},\"headline\":\"Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd\",\"datePublished\":\"2024-01-17T07:41:38+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-12T11:53:00+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/\"},\"wordCount\":2033,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WWL-2024-general-homepage-hightlight_Afr.png\",\"keywords\":[\"Mediaverklarings\"],\"articleSection\":[\"World\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/\",\"name\":\"Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd - Geopende Deure\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WWL-2024-general-homepage-hightlight_Afr.png\",\"datePublished\":\"2024-01-17T07:41:38+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-12T11:53:00+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WWL-2024-general-homepage-hightlight_Afr.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WWL-2024-general-homepage-hightlight_Afr.png\",\"width\":1000,\"height\":500},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"\",\"item\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"description\":\"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"width\":606,\"height\":76,\"caption\":\"Geopende Deure\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\",\"name\":\"Milandre Hartze\",\"sameAs\":[\"http:\/\/Open%20Doors%20\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd - Geopende Deure","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd - Geopende Deure","og_description":"Militante en outokratiese regimes vererger gevaar in sub-Sahara Afrika Geopende Deure Internasionaal het sy 2024 W\u00eareldwaarnemingslys (WWL)* op 17 Januarie 2024 bekendgestel. Di\u00e9 lys, wat nou in sy 31ste jaar is, wys weereens die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hul geloof ervaar en skep bewustheid van die swaarkry wat vervolgde Christene&hellip;","og_url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/","og_site_name":"Geopende Deure","article_published_time":"2024-01-17T07:41:38+00:00","article_modified_time":"2024-07-12T11:53:00+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":500,"url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WWL-2024-general-homepage-hightlight_Afr.png","type":"image\/png"}],"author":"Milandre Hartze","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Milandre Hartze","Est. reading time":"10 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/"},"author":{"name":"Milandre Hartze","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4"},"headline":"Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd","datePublished":"2024-01-17T07:41:38+00:00","dateModified":"2024-07-12T11:53:00+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/"},"wordCount":2033,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WWL-2024-general-homepage-hightlight_Afr.png","keywords":["Mediaverklarings"],"articleSection":["World"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/","name":"Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd - Geopende Deure","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WWL-2024-general-homepage-hightlight_Afr.png","datePublished":"2024-01-17T07:41:38+00:00","dateModified":"2024-07-12T11:53:00+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WWL-2024-general-homepage-hightlight_Afr.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2024\/01\/WWL-2024-general-homepage-hightlight_Afr.png","width":1000,"height":500},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skerp-styging-in-die-vervolging-van-christene-wereldwyd\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"","item":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Mediaverklaring: Skerp styging in die vervolging van Christene w\u00eareldwyd"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","name":"Geopende Deure","description":"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.","publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization","name":"Geopende Deure","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","width":606,"height":76,"caption":"Geopende Deure"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4","name":"Milandre Hartze","sameAs":["http:\/\/Open%20Doors%20"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/39645","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/260"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=39645"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/39645\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/39659"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=39645"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=39645"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=39645"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}