{"id":35681,"date":"2023-03-08T10:12:33","date_gmt":"2023-03-08T08:12:33","guid":{"rendered":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/?p=35681"},"modified":"2024-07-12T13:55:01","modified_gmt":"2024-07-12T11:55:01","slug":"mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/","title":{"rendered":"Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue"},"content":{"rendered":"<p>Digitale vervolging is \u0149 groeiende metode om teen Christen-bekeerlinge en veral vroue te diskrimineer. Dit is een van die bevindings van \u0149 nuwe verslag oor die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue deur die bedieningsorganisasie Geopende Deure Internasionaal, wat vervolgde Christene regoor die w\u00eareld ondersteun en versterk.<\/p>\n<p>Die verslag, getitel \u201cA web of forces: The 2023 Gender Report\u201d, is op Internasionale Vrouedag bekendgestel. Met die viering van Internasionale Vrouedag op Woensdag, 8 Maart, val die kollig opnuut op die lot van vroue en meisies \u2013 veral op die Afrika-kontinent.<\/p>\n<p>Vroulike bekeerlinge tot Christenskap staar \u0149 groeiende bedreiging rakende vervolging in die gesig: Dwingende beheer en monitering deur digitale toestelle. Volgens Geopende Deure se nuwe verslag word alledaagse items soos slimfone en tablette deur die gesinne en gemeenskappe van Christene gebruik om tred te hou van hul daaglikse lewens en dit te beheer.<\/p>\n<p><strong>Beheer deur digitale vervolging<\/strong><\/p>\n<p>Geopende Deure se vrouevervolgingspesialis, Elizabeth Lane Miller, s\u00ea: \u201cOns sien \u0149 toename in families wat beheer oor hul vroulike familielede uitoefen deur hul bewegings te monitor, hul digitale items te konfiskeer en hul websoektogte te monitor. Die gevolge is dikwels gewelddadig en lei tot die beheer van hierdie vroue.<\/p>\n<p>\u201cOns neem dikwels ons privaatheid as vanselfsprekend, maar hulle websoektogte en sosiale media-rekeninge word gereeld nagegaan \u2013 waarna hulle dan ge\u00efsoleer of gestraf word omdat hulle \u0149 ander geloof ondersoek het.\u201d<\/p>\n<p><strong>Belangrikste bevindings van die verslag<\/strong><\/p>\n<p>Die 2023-verslag toon dat Nigeri\u00eb, Kameroen en Somali\u00eb die lande is waar om \u0149 vrou te wees die grootste invloed het op \u0149 Christen-vrou se ervaring van godsdienstige vervolging, grootliks weens kontekstueel-spesifieke en nou verweefde kulturele en konflikdinamika, wat geslagsgebaseerde geweld normaliseer. Die impak van vervolging se groot interaktiewe druk kan oorweldigend wees, en dit kan die stabiliteit van Christen-gesinne ontwrig en bedreig.<\/p>\n<p>Sub-Sahara Afrika is die streek waar die ervaring van godsdienstige vervolging vir Christen-vroue die meeste deur hul geslag be\u00efnvloed word. Amper al die lande in sub-Sahara wat deel van die 2023 W\u00eareldwaarnemingslys (WWL) se top 50 is, is onder die lande met die ergste geslagspesifieke ervaring van godsdienstige vervolging vir vroue.<\/p>\n<p><strong>\u0149 Fundamentele mensereg<\/strong><\/p>\n<p>Geopende Deure se globale spesialis in geslagsvervolging, Helene Fisher, s\u00ea: \u201cGodsdiens- of geloofsvryheid is \u0149 fundamentele mensereg, en dit word geskend in talle van die lande waaroor ons verslag doen.<\/p>\n<p>\u201cDie ervarings van Christen-vroue en -meisies word deur hul geslag bepaal. Dit is geneig om in \u0149 gefokusde manier te wees, wat die sterkpunte vernietig wat hulle in hul families verteenwoordig. Wanneer jy vroue en meisies se kwesbaarheid in manlik-gebaseerde samelewings in ag neem, gekombineer met hul gesinne se verwagtinge en wetlike beperkings, is daar \u0149 web van druk wat nog meer gekompliseerd raak wanneer hulle kies om een geloof te verlaat en na \u0149 ander een oor te skakel.\u201d<\/p>\n<p><strong>Belangrikste drukpunte wat Christen-vroue en -meisies be\u00efnvloed<\/strong><\/p>\n<p>Christen-vroue en meisies w\u00eareldwyd word dikwels vasgevang in \u0149 besonder komplekse web van saamgestelde kwesbaarhede. Hulle is nie net kwesbaar as Christene in die W\u00eareldwaarnemingslys-lande nie, maar hulle addisionele geslagsbepalende kwesbaarhede oorvleuel en is tot \u0149 groter mate in wisselwerking met mekaar as vir Christen-mans en -seuns in dieselfde konteks. In hierdie omgewings ervaar alle vroue wetlik en in die samelewing \u0149 benadeelde status, bevooroordeeld teenoor hul gebrek aan opvoeding of \u0149 verhoogde risiko van armoede.<\/p>\n<p>Seksuele geweld word deurgaans gekies om Christen-vroue en -meisies regoor die w\u00eareld te teiken. Seksuele geweld is dikwels slegs een deel in \u0149 web van ander drukpunte soos sielkundige geweld, ontvoering, gedwonge huwelike en gedwonge godsdienstige kleredrag. \u0149 Groot aantal kwesbaarheidsfaktore kan die weg baan vir gewelddadige vorme van geslagspesifieke godsdienstige vervolging \u2013 enigiets van \u0149 gebrek aan wetgewing oor kinderhuwelike tot assosiasies met sekere soorte kleredrag wat op seksuele beskikbaarheid dui.<\/p>\n<p>Die doeltreffendheid van seksuele geweld word ook toegeskryf aan die magdom van skadelike gevolge wat dit kan h\u00ea. \u0149 Web van aandadige magte kan die impak daarvan vererger en tot \u0149 verlies aan behuising, kos, toekomstige geleenthede en \u0149 gemeenskap lei.<\/p>\n<p>Een van die plekke waar die seksuele mishandeling van Christen-vroue verskuil is, is geteikende godsdienstige gemotiveerde ontvoering vir die doeleindes van mensehandel.<\/p>\n<p><strong>Top vyf vroulike drukpunte<\/strong><\/p>\n<ol>\n<li>Seksuele geweld.<\/li>\n<li>Gedwonge huwelike.<\/li>\n<li>Fisiese geweld.<\/li>\n<li>Opsluiting deur familie (huisarres).<\/li>\n<li>Sielkundige geweld.<\/li>\n<\/ol>\n<p><strong>Lande-ranglys vir vroue<\/strong><\/p>\n<p>Uit die 20 lande waar geslag die grootste invloed op die vervolging van vroulike Christene het, is 12 van sub-Sahara Afrika, insluitende die vier lande bo-aan die ranglys: Nigeri\u00eb, Kameroen, Somali\u00eb en Soedan.<\/p>\n<p>In die noordelike dele van Nigeri\u00eb, waar Christene alreeds uiterste vlakke van geweld ervaar, staar vroulike Christene veral ho\u00eb vlakke van ontvoering, gedwonge ontworteling, mensehandel, moord en seksuele geweld in die gesig. Geslagspesifieke geweld word hoofsaaklik deur Islamitiese militante aktiwiteite in die streek gedryf. Ho\u00eb vlakke van interne ontworteling kan ook die kwesbaarheid van Christen-vroue en -meisies vir ontvoering en seksuele geweld verhoog.<\/p>\n<p>Ander lande van belang in die top 20:<\/p>\n<ul>\n<li>Indi\u00eb en Pakistan, waar Pew Research, sowel as Solotaroff en Pande, aanhoudende en uiteenlopende vorms van geweld teenoor vroue en meisies rapporteer, teen die agtergrond van streekspesifieke tradisionele patriargale norme.<\/li>\n<li>Iran, waar betogings aangevuur deur die dood van Mahsa Amini in September 2022 terwyl sy in polisie-aanhouding was, aangehou volgens hijab-wette, die deurlopende geslagsverwante onregte uitgedaag het.<\/li>\n<li>Afganistan, waar Amnestie Internasionaal gedokumenteer het hoe die vordering wat rakende vroueregte gemaak is deur die Taliban omgeswaai is sedert hulle in Augustus 2021 weer aan bewind gekom het.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>Midde-Ooste en Noord-Afrika<\/strong><\/p>\n<p>Volgens die sesde verslag oor geslagspesifieke godsdienstige vervolging, is die Midde-Ooste en Noord-Afrika (MENA) veral in Geopende Deure se WWL-navorsing ge\u00efdentifiseer as die streek waar digitale vervolging skerp toeneem. Digitale vervolging word deur gesinslede en gemeenskappe, sowel as regeringsamptenare, uitgevoer om digitale toegang te beheer en aktiwiteite in die daaglikse lewens van Christene te monitor.<\/p>\n<p>In die MENA-streek is digitale vervolging \u0149 moderne manier vir familielede om beheer oor vroulike Christene te versterk. Streeksdata onthul hoe die algemene beheer van vroue deur manlike familielede daartoe lei dat beheer oor vervolgde Christen-vroue se digitale lewens algemener voorkom as by Christen-mans.<\/p>\n<p>Telefoonboodskappe, ligging-opsporing en sosiale media-rekeninge kan gemonitor word, en toestelle kan gekonfiskeer word as \u0149 eerste stap van isolering en straf in lande soos Katar en Saoedi-Arabi\u00eb. Die ontdekking van gesprekke via sosiale media, digitale Christelike hulpbronne of Christelike websoektogte op toestelle kan tot gewelddadige gevolge vir vroue en meisies lei.<\/p>\n<p>Christen-vroue vanuit \u0149 Moslem-agtergrond in die MENA-streek ervaar die grootste risiko vir gedwonge egskeidings en gedwonge huwelike. Die bedreiging van gedwonge egskeidings in MENA teiken bekeerlinge tot Christenskap, oorwegend Christen-vroue, eksklusief. Gedwonge huwelike word op dieselfde manier grootliks gekorreleer met Christen-vroue wat tot bekering gekom het.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Die verslag bevat \u0149 gedetailleerde ondersoek oor die resultate vir die MENA-streek, met klem op die kompleksiteit wat Christen-vroue in die gesig staar, en die kollig val op digitale vervolging en die ervarings van bekeerlinge.<\/p>\n<p>Christen-vroue vanuit \u0149 nie-Christen agtergrond in MENA ervaar veral die risiko om in \u0149 web van onderdrukking vasgevang te word weens hul geslag, geloof en ander sosio-kulturele en wetlike faktore in hul lewens wat kwesbaarheid skep. Navorsing wys dat die familiestandaarde van getrouheid en verbintenis in samelewings in die MENA-streek dikwels die grootste bedreiging inhou vir Christene wat vanaf Islam tot bekering gekom het.<\/p>\n<p>Lynette Leibach, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, s\u00ea: \u201cDie navorsingsverslag se analogie van vervolgingsdinamika tot di\u00e9 van \u0149 spinnerak is gepas omdat die verskillende drade elke aspek van die teiken se lewe kan be\u00efnvloed \u2013 persoonlik, familie, gemeenskap, nasionaal \u2013 om te ontmagtig, te verswak en nakoming af te dwing.<\/p>\n<p>\u201cAs \u0149 vrou en ma, is dit inderdaad skokkend vir my dat geslagspesifieke taktieke op \u0149 toenemende wyse teen vroue gebruik word. Deur Geopende Deure se vennote, is ons mikpunt om te verseker dat niemand alleen gelos word terwyl hulle hierdie realiteit in die gesig staar nie. Dit is \u0149 groot uitdaging, met een uit elke sewe Christene wat vervolging ervaar. Dit vereis eenstemmigheid met die plaaslike Kerk.\u201d<\/p>\n<p><strong>Meer oor die verslag<\/strong><\/p>\n<p>Die GSRP-verslag word sedert 2018 jaarliks vrygestel. Die 2023-verslag bevat data wat deur Open Doors World Watch Research verkry is vir die 2023 W\u00eareldwaarnemingslys. Streeksgebaseerde kundiges het die prim\u00eare data vanaf globale versorgers, kerkleiers, fokusgroepe en streekskundiges versamel. Geopende Deure se geslagspan het die data geanaliseer om te bepaal hoe Christen-mans en -vroue in hierdie lande verskeie vorms van druk ervaar, om die algehele vervolgingstendense volgens geslag uit te lig.<\/p>\n<p><strong>Meer inligting<\/strong><\/p>\n<p>\u201cA web of forces: The 2023 Gender Report\u201d kan hier afgelaai word: <a href=\"http:\/\/www.opendoors.org\/thegenderreport\">www.opendoors.org\/thegenderreport<\/a>\/.<\/p>\n<p>Vir enige vrae oor die GSRP-verslag of om \u0149 onderhoud te re\u00ebl, kontak Elizabeth Botha, mediabeampte, by <a href=\"mailto:elizabethb@od.org\">elizabethb@od.org<\/a>, 083\u00a0227 8164 of 011\u00a0888 9341.<\/p>\n<p><em>Geopende Deure Suider-Afrika (ODSA) is deel van die Geopende Deure Internasionaal-bediening, wat vervolgde Christene in meer as 65 lande w\u00eareldwyd bystaan met die lewering van Bybels en Christelike literatuur, besoeke aan vervolgde Christene, dissipelskap en opleiding, noodleniging aan slagoffers van vervolging en natuurrampe, en die verkondiging en bevordering van bewustheid deur voorspraak.<\/em><\/p>\n<p><em>Mediaverklaring uitgereik deur: Elizabeth Botha<\/em><\/p>\n<p><em>Mediabeampte: Geopende Deure Suider-Afrika<\/em><\/p>\n<p><em>Tel: 083\u00a0227 8164 \/ (011) 888 9341<\/em><\/p>\n<p><em>Epos: elizabethb@od.org<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Digitale vervolging is \u0149 groeiende metode om teen Christen-bekeerlinge en veral vroue te diskrimineer. Dit is een van die bevindings van \u0149 nuwe verslag oor die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue deur die bedieningsorganisasie Geopende Deure Internasionaal, wat vervolgde Christene regoor die w\u00eareld ondersteun en versterk. Die verslag, getitel \u201cA web of forces: The 2023&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":260,"featured_media":35594,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[98,221,255],"tags":[398],"class_list":["post-35681","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika","category-wereld","category-world-afr","tag-mediaverklarings","entry","has-media"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.1.1 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue - Geopende Deure<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue - Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Digitale vervolging is \u0149 groeiende metode om teen Christen-bekeerlinge en veral vroue te diskrimineer. Dit is een van die bevindings van \u0149 nuwe verslag oor die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue deur die bedieningsorganisasie Geopende Deure Internasionaal, wat vervolgde Christene regoor die w\u00eareld ondersteun en versterk. Die verslag, getitel \u201cA web of forces: The 2023&hellip;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-03-08T08:12:33+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-07-12T11:55:01+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/GSRP-2023_A-Web-of-Forces_pop-up.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"700\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"300\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"7 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/\"},\"author\":{\"name\":\"Milandre Hartze\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\"},\"headline\":\"Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue\",\"datePublished\":\"2023-03-08T08:12:33+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-12T11:55:01+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/\"},\"wordCount\":1453,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/GSRP-2023_A-Web-of-Forces_pop-up.png\",\"keywords\":[\"Mediaverklarings\"],\"articleSection\":[\"Suider-Afrika\",\"W\u00eareld\",\"World\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/\",\"name\":\"Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue - Geopende Deure\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/GSRP-2023_A-Web-of-Forces_pop-up.png\",\"datePublished\":\"2023-03-08T08:12:33+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-12T11:55:01+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/GSRP-2023_A-Web-of-Forces_pop-up.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/GSRP-2023_A-Web-of-Forces_pop-up.png\",\"width\":700,\"height\":300},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"\",\"item\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"description\":\"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"width\":606,\"height\":76,\"caption\":\"Geopende Deure\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\",\"name\":\"Milandre Hartze\",\"sameAs\":[\"http:\/\/Open%20Doors%20\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue - Geopende Deure","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue - Geopende Deure","og_description":"Digitale vervolging is \u0149 groeiende metode om teen Christen-bekeerlinge en veral vroue te diskrimineer. Dit is een van die bevindings van \u0149 nuwe verslag oor die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue deur die bedieningsorganisasie Geopende Deure Internasionaal, wat vervolgde Christene regoor die w\u00eareld ondersteun en versterk. Die verslag, getitel \u201cA web of forces: The 2023&hellip;","og_url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/","og_site_name":"Geopende Deure","article_published_time":"2023-03-08T08:12:33+00:00","article_modified_time":"2024-07-12T11:55:01+00:00","og_image":[{"width":700,"height":300,"url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/GSRP-2023_A-Web-of-Forces_pop-up.png","type":"image\/png"}],"author":"Milandre Hartze","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Milandre Hartze","Est. reading time":"7 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/"},"author":{"name":"Milandre Hartze","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4"},"headline":"Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue","datePublished":"2023-03-08T08:12:33+00:00","dateModified":"2024-07-12T11:55:01+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/"},"wordCount":1453,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/GSRP-2023_A-Web-of-Forces_pop-up.png","keywords":["Mediaverklarings"],"articleSection":["Suider-Afrika","W\u00eareld","World"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/","name":"Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue - Geopende Deure","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/GSRP-2023_A-Web-of-Forces_pop-up.png","datePublished":"2023-03-08T08:12:33+00:00","dateModified":"2024-07-12T11:55:01+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/GSRP-2023_A-Web-of-Forces_pop-up.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/03\/GSRP-2023_A-Web-of-Forces_pop-up.png","width":700,"height":300},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-skokkende-toename-in-die-geslagspesifieke-godsdienstige-vervolging-van-vroue\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"","item":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Mediaverklaring: Skokkende toename in die geslagspesifieke godsdienstige vervolging van vroue"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","name":"Geopende Deure","description":"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.","publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization","name":"Geopende Deure","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","width":606,"height":76,"caption":"Geopende Deure"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4","name":"Milandre Hartze","sameAs":["http:\/\/Open%20Doors%20"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35681","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/260"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=35681"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35681\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/35594"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=35681"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=35681"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=35681"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}