{"id":35197,"date":"2023-01-18T11:22:00","date_gmt":"2023-01-18T09:22:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/?p=35197"},"modified":"2024-07-12T13:55:46","modified_gmt":"2024-07-12T11:55:46","slug":"mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/","title":{"rendered":"Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene"},"content":{"rendered":"<p><strong>Gewelddadige sub-Sahara Afrika staar katastrofiese ineenstorting in die gesig<\/strong><\/p>\n<p>Geopende Deure Internasionaal het sy 2023 W\u00eareldwaarnemingslys (WWL)* op 18 Januarie bekendgestel. Di\u00e9 jaarlikse lys, wat nou in sy 30ste jaar is, wys die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hul geloof ervaar en skep bewustheid oor die swaarkry wat vervolgde Christene elke dag in die gesig staar.<\/p>\n<p>In hierdie w\u00eareldwye opname, wat monitor hoe moeilik dit is om as \u0149 Christen te leef, wys die algehele tendens dat die vervolging van Christene teen \u0149 kommerwekkende tempo regoor die w\u00eareld toeneem, veral in Afrika.<\/p>\n<p>Verskeie skokkende voorvalle van Christen-vervolging in Afrika het die afgelope week die nuusopskrifte gehaal: Minstens 17 mense is dood en sowat 20 beseer in \u0149 bomaanval by \u0149 kerk in die Noord-Kivu-provinsie in die Demokratiese Republiek van die Kongo, sowat 50 vroue is tydens twee insidente in Burkina Faso ontvoer en nog \u0149 kerkleier is brutaal doodgemaak in Niger-staat, Nigeri\u00eb, terwyl verskeie aanbidders in Katsina-staat ontvoer is.<\/p>\n<p>Vanjaar is die hoogste vlakke van vervolging aangeteken sedert die eerste lys 30 jaar gelede gepubliseer is, en dit het die afgelope paar jaar \u0149 bestendige toename getoon. Vandag word meer Christene weens hul geloof vermoor as enige ander tyd die afgelope 30 jaar.<\/p>\n<p>Die WWL het bevind dat <strong>meer as 360 miljoen Christene<\/strong> uiterste of baie ho\u00eb vlakke van vervolging en diskriminasie weens hul geloof ervaar \u2013 \u0149 styging van 20 miljoen sedert twee jaar gelede. In die top 50 lande alleen staar 312 miljoen Christene nou baie ho\u00eb of uiterste vlakke van vervolging in die gesig. Di\u00e9 syfer verteenwoordige <strong>een uit elke sewe Christene w\u00eareldwyd<\/strong>, op vanaf een uit agt twee jaar gelede \u2013 met een uit vyf in Afrika, twee uit vyf in Asi\u00eb en een uit 15 in Latyns-Amerika.<\/p>\n<p>Oor die 30 jaar van Geopende Deure se W\u00eareldwaarnemingslys-rapportering, het die aantal lande waar Christene ho\u00eb tot uiterste vlakke van vervolging ervaar amper verdubbel vanaf 40 lande in 1993 tot 76 lande in 2023.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong>Sommige van die grootste bekommernisse op vanjaar se lys is die geweld teenoor Christene in sub-Sahara Afrika wat nuwe hoogtes bereik het, die toenemende vervolging en digitale beheer in China wat die Kerk bedreig, die verslegtende omstandighede vir die Kerk in Latyns-Amerika en die voortgesette druk op die Kerk in die Midde-Ooste.<\/p>\n<p>Behalwe vir die top 50, is daar nog vyf lande wat baie ho\u00eb tellings aangeteken het. Altesaam 76 lande wys uiterste, baie ho\u00eb of ho\u00eb vlakke van vervolging en diskriminasie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Top 5 lande<\/strong><\/p>\n<p><strong>Noord-Korea (1)<\/strong> is terug in die topposisie nadat dit verlede jaar deur Afganistan onttroon is weens die Taliban-oorname van hierdie land in 2021. Voor dit was Noord-Korea egter vir die vorige 20 jaar (van 2002 tot 2021) in die eerste plek.<\/p>\n<p>Noord-Korea het vanjaar die hoogste vervolgingstelling ooit. Dit reflekteer \u0149 toename in die arrestasie van Christene en meer ondergrondse huiskerke wat ontdek en gesluit word. Arrestasie lei tot teregstelling, of \u0149 lewe in een van die land se gruwelike onmenslike kampe vir politieke gevangenes, waar gevangenes verhongering, marteling en seksuele geweld ervaar. Die nuwe toename kom saam met die afdwinging van die nuwe \u201canti-reaksion\u00eare denkewet\u201d, wat enige gepubliseerde materiaal van vreemde oorsprong in Noord-Korea kriminaliseer, saam met die Bybel.<\/p>\n<p>Ondanks die feit dat <strong>Afganistan (9)<\/strong> vanaf die topposisie in 2022 tot die negende posisie vanjaar afbeweeg het, bring die skerp daling min vreugde en bly vervolging in hierdie land op \u0149 uiterste vlak. Die groot daling in sy ranglysposisie word daaraan toegeskryf dat bekeerlinge nou nog dieper ondergronds as tevore leef \u2013 wat \u0149 groter uitdaging skep om geverifieerde data oor geweld te bekom.<\/p>\n<p>N\u00e1 die brutale Taliban-oorname in 2021 is baie Christene tereggestel, aangesien die Taliban van deur tot deur gegaan het om gelowiges uit te roei. Talle Christene het dieper weggekruip of oorsee gevlug. In 2022 het die Taliban se fokus om di\u00e9 wat met die ou regime verbind kan word nog meer verskerp, meer as om die baie klein aantal oorblywende Christene te ontwortel.<\/p>\n<p><strong>Somali\u00eb<\/strong>, wat in 2022 in die derde plek was, het vanjaar opbeweeg na die tweede posisie. Dit word gevolg deur <strong>Jemen<\/strong> in die derde plek, <strong>Eritrea<\/strong> in die vierde plek en <strong>Libi\u00eb<\/strong> in die vyfde plek.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Geweld in sub-Sahara Afrika<\/strong><\/p>\n<p>Geweld teenoor Christene in sub-Sahara Afrika het kommerwekkende nuwe vlakke bereik, met gewelddadige Islamitiese militante wat die gebied destabiliseer deur uiterste geweld te gebruik. Dit is die ergste in Nigeri\u00eb (6), waar militante van Fulani, Boko Haram, Islamitiese Staat Wes-Afrika Provinsie (ISWAP) en ander strooptogte op Christen-gemeenskappe uitvoer, asook moorde, verminkings, verkragtings en ontvoerings vir \u0149 losprys of seksuele slawerny.<\/p>\n<p>Sub-Sahara Afrika staar \u0149 enorme humanit\u00eare katastrofe in die gesig, soos wat die vlaag godsdienstig gemotiveerde geweld vanaf Nigeri\u00eb oor die res van die streek versprei, met Christen-bevolkings wat teen \u0149 kommerwekkende tempo in lande soos Mali (17), Burkina Faso (23), Niger (28) en Kameroen (45) geteiken word. Tekens van jihadistiese uitbreiding is ook duidelik sigbaar in Mosambiek (32), die Demokratiese Republiek van die Kongo (37) en ander lande.<\/p>\n<p>Godsdienstig gemotiveerde moorde in Nigeri\u00eb het toegeneem vanaf 4 650 verlede jaar tot 5 014 \u2013 \u0149 verbysterende 89% van die internasionale totaal. Honderdduisende meer is tot interne ontworteling gedwing of het vlugtelinge geword. Vanjaar het die geweld ook oorgespoel na die suide van die nasie, wat \u0149 Christen-meerderheid het.<\/p>\n<p>Geweld is slegs \u0149 deel van die prentjie, met die steeds toenemende Islamisering wat druk op talle Christene in hul alledaagse lewens plaas. Nigeri\u00eb se regering hou aan om te ontken dat dit godsdienstige vervolging is, so die skending van Christene se regte gaan ongestraf voort.<\/p>\n<p>Jihadistiese geweld word \u0149 alledaagse verskynsel regoor sub-Sahara Afrika, met 26 lande in die streek wat beduidende vlakke van vervolging toon. Die Islamitiese terreurveldtog in die streek word aangevuur deur \u0149 dodelike mengsel van mensehandel, veranderinge aan die politieke klimaat en \u0149 instroming van huursoldate vanaf die skaduagtige Kremlin-ondersteunde Wagner Groep.<\/p>\n<p>Die gekombineerde totale telling vir geweld vir al 26 sub-Sahara Afrikalande wat minstens 41 totale punte op die Geopende Deure WWL behaal het, het met 8% toegeneem. Die helfte van hierdie lande het geweldstellings in die uiters ho\u00eb reikwydte.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>China en verder: Die dood van universele menseregte<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>China (16) dryf \u0149 internasionale veldtog om menseregte weg van die tradisionele universele begrippe te herdefinieer na meer subjektiewe \u201cregte\u201d soos bestaansreg, ontwikkeling en veiligheid.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>China smee \u0149 netwerk van nasies saam wat op soek is na die herdefini\u00ebring van menseregte \u2013 weg van die universele standaarde en godsdiensvryheid. Andersdenkende stemme soos di\u00e9 van Christene ervaar vervolging as \u201cmoeilikheidmakers\u201d of selfs \u201cterroriste\u201d.<\/li>\n<li>China verstewig hul greep op Christene met die bekendstelling van ingrypende nuwe re\u00ebls oor kerke se gebruik van die Internet.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Lande soos Rusland (61) en Indi\u00eb (11) volg hul voorbeeld, asook Sri Lanka (62), Mianmar (14), Maleisi\u00eb (43) en verskeie Sentraal-Asiatiese state.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>Christen-minderhede wat teenkanting teen die nuwe \u201cregte\u201d toon deur te weier om die regerende party te ondersteun, kan gebrandmerk word as \u201cversteurders van die vrede\u201d of selfs \u201cterroriste\u201d. Hulle staar arrestasie, sloping van hul kerkgeboue en die deregistrasie van hul kerke in die gesig.<\/li>\n<\/ul>\n<ul>\n<li>In China het die ingrypende nuwe re\u00ebls oor kerke se gebruik van die Internet die vryheid van die nasie se amper 100 miljoen Christene verder beperk. Intussen het Beijing nog meer sensorskap, disinformasie en uiterste monitering ingestel om sy beheer van Christene en ander godsdienstige groepe te versterk.<\/li>\n<li>Opsporingstoepassings wat bekendgestel is en data wat oor Covid-19 ingesamel is, word weer opnuut benut. China en Rusland het gewys dat hulle meer as gewillig is om die nodige tegnologie uit te voer, asook \u0149 aantal Westerse maatskappye, wat bereid is om hulle blind te hou vir die impak van hul handeldrywery.<\/li>\n<\/ul>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Ander belangrike tendense:<\/strong><\/p>\n<ul>\n<li>Die Christelike Kerk hou aan om in die Midde-Ooste te kwyn. Dit is nie in staat om te herstel na die oplewing van die Islamitiese Staat nie, ondanks \u0149 vermindering in die aantal Christene wat die afgelope jare doodgemaak is. Een uitsondering is Siri\u00eb (12), wat in die WWL 2023-rapporteringstydperk \u0149 vlaag gewelddadige insidente ervaar het.<\/li>\n<li>Nog \u0149 Latyns-Amerikaanse land het die lys betree (Nicaragua op 50). Direkte regeringsonderdrukking teen Christene wat as opposisiestemme gesien word, is volop in Nicaragua, Venezuela (64) en Kuba (27), waar Christen-leiers sonder \u0149 verhoor in die tronk gegooi is vir hul aandeel in verlede jaar se demonstrasies. In baie Latyns-Amerikaanse lande het georganiseerde misdaad posgevat, met kriminele groepe wat die drywers van vervolging word omdat Christene hulle teen die kartelle se aktiwiteite uitspreek, veral in landelike gebiede.<\/li>\n<li>Die totale aantal Christene wat weens hul geloof doodgemaak is, het effens afgeneem vanaf 5 898 aangetekende gevalle (WWL 2022) tot 5 621 (WWL 2023) \u2013 met sub-Sahara Afrika as die duidelike uitsondering, soos hierbo uiteengesit. In sub-Sahara Afrika het die totale aantal Christene wat weens geloofsverwante redes ontvoer is, toegeneem vanaf 3 829 aangetekende gevalle (WWL 2022) tot 5 259 (WWL 2023).<\/li>\n<li>Groter verdraagsaamheid word in verskeie Midde-Oosterse lande aangemoedig, insluitende Bahrain (66) en die Verenigde Arabiese Emirate (54), en ook in Egipte (35). Ongelukkig het die staatsvervolging van bekeerlinge vanaf Islam na Christenskap in Egipte onverpoosd voortgegaan. Katar (34) het ook vanjaar \u0149 laer vervolgingstelling. Dit is veroorsaak deur die feit dat geen addisionele kerke gedwing is om te sluit in die WWL 2023-rapporteringstydperk nie. Baie kerke wat in die vorige rapporteringstydperk gesluit is, het egter gesluit gebly.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Lynette Leibach, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, s\u00ea: \u201cDit laat \u0149 mens nederig voel om te besef dat vanjaar se 30-jarige herdenking miljoene gesinne, vroue, mans, jeugdiges en kinders verteenwoordig wat spesifiek geteiken word om \u0149 ho\u00eb tot uiterste prys vir hul geloof in Jesus en hul Christelike identiteit te betaal.<\/p>\n<p>\u201cDit is \u0149 donker prentjie \u2013 maar steeds beklemtoon dit die dringendheid en geleentheid om die plaaslike Kerk in hierdie lande te vind, met hulle in verbinding te tree en by hulle te staan om te verseker dat ons broers en susters moedige ligdraers in die donkerte kan wees. Die bevindings vereis optrede.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Oor die WWL en hoe die syfers ingesamel is<\/strong><\/p>\n<p>Die eerste WWL is in Januarie 1993 bekendgestel. Lande se algehele vervolgingstellings is \u0149 samestelling van ses verskillende tellings: Vervolgingsvlakke in die privaatlewe, familielewe, gemeenskapslewe en nasionale lewe, en kerkgemeenskappe, saam met die geweldvlakke. Vanjaar se lys dek die tydperk vanaf 1 Oktober 2021 tot 30 September 2022.<\/p>\n<p>Die lys, wat aan die begin van elke jaar bekendgestel word, gebruik omvattende navorsing, data vanaf Geopende Deure-veldwerkers, hulle netwerke in die verskillende lande, eksterne kundiges en vervolgingsanaliste om die vervolging w\u00eareldwyd te kwantifiseer en analiseer. Elke uitgawe word deur die Internasionale Instituut vir Godsdiensvryheid gesertifiseer.<\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Meer inligting<\/strong><\/p>\n<p>Besoek <a href=\"http:\/\/www.opendoors.org.za\">www.opendoors.org.za<\/a> om die volledige 2023 W\u00eareldwaarnemingslys, die top 50 landprofiele en vervolgingstatistieke te besigtig en af te laai.<\/p>\n<p>Vir enige vrae oor die 2023 W\u00eareldwaarnemingslys, die navorsingsmetodologie of om \u0149 onderhoud te re\u00ebl, kontak Elizabeth Botha, mediabeampte, by <a href=\"mailto:elizabethb@od.org\">elizabethb@od.org<\/a>, 083\u00a0227 8164 of 011\u00a0888 9341 (onderhoude kan ook op versoek gere\u00ebl word met sommige vervolgde Christene in sub-Sahara Afrika).<\/p>\n<p><em>Geopende Deure Suider-Afrika (ODSA) is deel van die Geopende Deure Internasionaal-bediening, wat vervolgde Christene in meer as 65 lande w\u00eareldwyd bystaan met die lewering van Bybels en Christelike literatuur, besoeke aan vervolgde Christene, dissipelskap en opleiding, noodleniging aan slagoffers van vervolging en natuurrampe, en die verkondiging en bevordering van bewustheid deur voorspraak.<\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><em>Mediaverklaring uitgereik deur Elizabeth Botha<\/em><\/p>\n<p><em>Mediabeampte: Geopende Deure Suider-Afrika<\/em><\/p>\n<p><em>Tel: 083\u00a0227 8164 \/ (011) 888 9341<\/em><\/p>\n<p><em>Epos: elizabethb@od.org<\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><strong>*WWL-lande se ranglysposisies in hakies regdeur die dokument.<\/strong><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gewelddadige sub-Sahara Afrika staar katastrofiese ineenstorting in die gesig Geopende Deure Internasionaal het sy 2023 W\u00eareldwaarnemingslys (WWL)* op 18 Januarie bekendgestel. Di\u00e9 jaarlikse lys, wat nou in sy 30ste jaar is, wys die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hul geloof ervaar en skep bewustheid oor die swaarkry wat vervolgde Christene elke&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":260,"featured_media":35181,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[150,157,182,255],"tags":[398],"class_list":["post-35197","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-afganistan","category-china-afr","category-noord-korea","category-world-afr","tag-mediaverklarings","entry","has-media"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.1.1 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene - Geopende Deure<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene - Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Gewelddadige sub-Sahara Afrika staar katastrofiese ineenstorting in die gesig Geopende Deure Internasionaal het sy 2023 W\u00eareldwaarnemingslys (WWL)* op 18 Januarie bekendgestel. Di\u00e9 jaarlikse lys, wat nou in sy 30ste jaar is, wys die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hul geloof ervaar en skep bewustheid oor die swaarkry wat vervolgde Christene elke&hellip;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2023-01-18T09:22:00+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-07-12T11:55:46+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/MicrosoftTeams-image-7-1024x512.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1024\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"512\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"9 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/\"},\"author\":{\"name\":\"Milandre Hartze\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\"},\"headline\":\"Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene\",\"datePublished\":\"2023-01-18T09:22:00+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-12T11:55:46+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/\"},\"wordCount\":1801,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/MicrosoftTeams-image-7.png\",\"keywords\":[\"Mediaverklarings\"],\"articleSection\":[\"Afganistan\",\"China\",\"Noord-Korea\",\"World\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/\",\"name\":\"Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene - Geopende Deure\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/MicrosoftTeams-image-7.png\",\"datePublished\":\"2023-01-18T09:22:00+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-12T11:55:46+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/MicrosoftTeams-image-7.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/MicrosoftTeams-image-7.png\",\"width\":2083,\"height\":1042},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"\",\"item\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"description\":\"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"width\":606,\"height\":76,\"caption\":\"Geopende Deure\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\",\"name\":\"Milandre Hartze\",\"sameAs\":[\"http:\/\/Open%20Doors%20\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene - Geopende Deure","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene - Geopende Deure","og_description":"Gewelddadige sub-Sahara Afrika staar katastrofiese ineenstorting in die gesig Geopende Deure Internasionaal het sy 2023 W\u00eareldwaarnemingslys (WWL)* op 18 Januarie bekendgestel. Di\u00e9 jaarlikse lys, wat nou in sy 30ste jaar is, wys die top 50 lande waar Christene die ergste vervolging weens hul geloof ervaar en skep bewustheid oor die swaarkry wat vervolgde Christene elke&hellip;","og_url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/","og_site_name":"Geopende Deure","article_published_time":"2023-01-18T09:22:00+00:00","article_modified_time":"2024-07-12T11:55:46+00:00","og_image":[{"width":1024,"height":512,"url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/MicrosoftTeams-image-7-1024x512.png","type":"image\/png"}],"author":"Milandre Hartze","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Milandre Hartze","Est. reading time":"9 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/"},"author":{"name":"Milandre Hartze","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4"},"headline":"Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene","datePublished":"2023-01-18T09:22:00+00:00","dateModified":"2024-07-12T11:55:46+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/"},"wordCount":1801,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/MicrosoftTeams-image-7.png","keywords":["Mediaverklarings"],"articleSection":["Afganistan","China","Noord-Korea","World"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/","name":"Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene - Geopende Deure","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/MicrosoftTeams-image-7.png","datePublished":"2023-01-18T09:22:00+00:00","dateModified":"2024-07-12T11:55:46+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/MicrosoftTeams-image-7.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/01\/MicrosoftTeams-image-7.png","width":2083,"height":1042},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-kommerwekkende-groei-in-die-wereldwye-vervolging-van-christene\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"","item":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Mediaverklaring: Kommerwekkende groei in die w\u00eareldwye vervolging van Christene"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","name":"Geopende Deure","description":"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.","publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization","name":"Geopende Deure","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","width":606,"height":76,"caption":"Geopende Deure"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4","name":"Milandre Hartze","sameAs":["http:\/\/Open%20Doors%20"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35197","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/260"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=35197"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/35197\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/35181"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=35197"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=35197"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=35197"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}