{"id":32639,"date":"2022-06-06T14:52:52","date_gmt":"2022-06-06T12:52:52","guid":{"rendered":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/gunmen-massacre-killed-at-least-50-people-at-nigerian-church\/"},"modified":"2024-07-12T13:56:28","modified_gmt":"2024-07-12T11:56:28","slug":"minstens-50-dood-nigerie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/","title":{"rendered":"Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk"},"content":{"rendered":"<p>Die bedieningsorganisasie Geopende Deure, wat vervolgde Christene regoor die w\u00eareld ondersteun, is geskok deur die bloedbad by \u0149 kerk in suidwestelike Nigeri\u00eb waarin minstens 50 mense dood is, talle beseer is en \u0149 onbekende aantal mense ontvoer is \u2013 met die oorledenes wat \u0149 groot aantal kinders insluit.<\/p>\n<p>Geopende Deure is uiters bekommerd oor die stygende geweld in Nigeri\u00eb, veral teenoor kerke. Die geweld was in die verlede tot die noorde van Nigeri\u00eb beperk, maar dit versprei nou na die suidweste en ander dele van hierdie Noord-Afrikaland.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Brutale aanval op aanbidders<\/strong><\/p>\n<p>Onbekende gewapende mans het die St. Francis Katolieke Kerk in die dorp Owo, Ondo-staat, suidwestelike Nigeri\u00eb, op Sondag, 5 Junie, aangeval terwyl gemeentelede bymekaargekom het om Pinkster te vier. Hulle het \u0149 beraamde 50 mense doodgemaak en die leidende priester en \u0149 onbekende aantal teenwoordiges ontvoer.<\/p>\n<p>\u0149 Polisie-woordvoerder vir Ondo-staat, Funmilayo Ibukun Odunlami, s\u00ea die gewapende mans het op mense buite en binne-in die kerkgebou geskiet, wat gelei het tot dood en beserings van aanbidders. Volgens ooggetuies het die aanvallers ook plofstowwe laat ontplof. Volgens \u0149 BBC-verslag het die aanvallers hierna die priester en sommige ander kerkgangers ontvoer.<\/p>\n<p>Daar is tot dusver nog geen amptelike dodetal nie. Adelegbe Timileyin, wat die Owo-gebied in Nigeri\u00eb se laer wetgewende gesag verteenwoordig, s\u00ea minstens 50 mense is dood. Ander beweer egter dat di\u00e9 syfer heelwat ho\u00ebr is en skat dat die dodetal tot 70 mense kan styg. \u0149 Staatspolitikus, Ogunmolasuyi Oluwole, s\u00ea daar is heelwat kinders onder die dooies.<\/p>\n<p>\u0149 Dokter by \u0149 hospitaal, wat geweier het om sy naam bekend te maak, s\u00ea minstens 50 liggame is na twee hospitale gebring. Dosyne gewondes het ook mediese aandag benodig, wat die hospitaalpersoneel oorweldig het.<\/p>\n<p>Die goewerneur van Ondo-staat, Arakunrin Oluwarotimi Akeredolu, het die toneel van die aanval en sommige van die beseerdes in die hospitaal besoek. Hy het Sondag se insident as \u201c\u0149 groot bloedbad\u201d beskryf, wat nie toegelaat moet word om weer te gebeur nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Onbekende motief<\/strong><\/p>\n<p>Niemand het sover verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.<\/p>\n<p>Hoewel sommige bronne s\u00ea dat die motief nog nie duidelik is nie, het Adeyemi Olayemi, \u0149 wetstoepasser in Ondo, ges\u00ea die aanval is waarskynlik die handewerk van etniese Fulani-terroriste, na wie soms as bandiete verwys word. Hulle het al heelwat meedo\u00ebnlose aanvalle in oorwegend noordelike Nigeri\u00eb uitgevoer, maar ook in ander dele van die land.<\/p>\n<p>Olayemi s\u00ea die aanval was waarskynlik uit wraak vir onlangse beperkings deur die regering op weiding in Ondo, insluitende in woude waar die aanvallers aanvalle uitgevoer het. Die beperkings is ingestel n\u00e1 \u0149 toename in ontvoerings in di\u00e9 staat.<\/p>\n<p>\u201cOns het verbeterde sekuriteit geniet nadat veewagters deur die administrasie uit ons woude weggedryf is,\u201d s\u00ea Olayemi. \u201cDit is \u0149 vergeldingsaanval om \u0149 diaboliese boodskap aan die goewerneur te stuur.\u201d<\/p>\n<p>Geopende Deure ondersoek hierdie bewerings en wil bewustheid skep oor die stygende geweld in Nigeri\u00eb deur nuusverslae, gebed en bewusmakingsveldtogte.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Ander onlangse aanvalle op Christene<\/strong><\/p>\n<p>Hoewel sulke aanvalle oor die algemeen skaars is in die suide van Nigeri\u00eb, word geteikende aanvalle soos hierdie een gereeld in die skadu van wetteloosheid op Christene in noordelike Nigeri\u00eb uitgevoer.<\/p>\n<p>Die aanval volg slegs etlike weke n\u00e1 die brutale aanval op Deborah, \u0149 jong vroulike student, wat weens haar Christen-geloof op \u0149 uiters wrede manier doodgemaak is.<\/p>\n<p>\u0149 Week gelede is die leier van die Metodistekerk in Nigeri\u00eb en twee ander godsdienstige leiers ook in die suidooste van die land ontvoer. Die Metodisteleier en sy metgeselle moes $240 000 (\u00a3190 000) betaal om vrygelaat te word.<\/p>\n<p>Twee weke gelede is twee Katolieke priesters in Katsina, president Muhammadu Buhari se tuisstaat in die noorde van die land, ontvoer. Hulle is nog nie vrygelaat nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p><strong>Vreedsame aanbidding verander in verwoesting<\/strong><\/p>\n<p>Dominee Augustine Ikwu, \u0149 sekretaris van die Katolieke Kerk in Ondo, s\u00ea in \u0149 verklaring dat \u201cdie gemeenskap verpletterd gelaat is\u201d deur die aanval. \u201cOns draai na God om di\u00e9 wat hul lewens verloor het se families te vertroos,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Die Vatikaan s\u00ea pous Francis bid vir die slagoffers, wat \u201cpynlik getref is in \u0149 oomblik van feesviering\u201d.<\/p>\n<p>Geopende Deure se woordvoerder vir die werk in sub-Sahara Afrika, Jo Newhouse*, het die volgende kommentaar gelewer: \u201cOns veroordeel die aanval op Christene terwyl hulle in vrede bymekaargekom het om God te aanbid, in die sterkste moontlike terme. Ons doen \u0149 beroep op die Nigeriese regering om sy wetlike verpligtinge om burgers te beskerm, ten volle na te kom, beide onder internasionale en binnelandse wettige regimes.<\/p>\n<p>\u201cOns doen ook \u0149 beroep op die owerhede om sterk standpunt in te neem teen alle vorme van geweld, insluitende geweld deur Fulani-militante. Die owerhede moet ondersoek instel teen die oortreders, hulle verantwoordbaar hou volgens die regstelsel en die siklus van geweld breek wat na ander dele van die land uitbrei, soos wat duidelik deur hierdie voorval ge\u00efllustreer word. Hoe langer hierdie dade ongestraf bly, hoe langer sal dit voortduur.\u201d<\/p>\n<p>Lynette Leibach, uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, voeg by: \u201cDit is verpletterend om die geweld en verwoesting te sien wat families getref het terwyl hulle besig was om te aanbid. Ons gebede en ondersteuning gaan aan almal wat hierdeur geraak word. Om mense te teiken terwyl hulle besig is om aan hul geloof uiting te gee, is \u0149 daad van vervolging. Dit is van die uiterste belang dat die owerhede die basiese mensereg van godsdiens- en geloofsvryheid beskerm.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die bedieningsorganisasie Geopende Deure, wat vervolgde Christene regoor die w\u00eareld ondersteun, is geskok deur die bloedbad by \u0149 kerk in suidwestelike Nigeri\u00eb waarin minstens 50 mense dood is, talle beseer is en \u0149 onbekende aantal mense ontvoer is \u2013 met die oorledenes wat \u0149 groot aantal kinders insluit. Geopende Deure is uiters bekommerd oor die&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":260,"featured_media":32637,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[181],"tags":[398],"class_list":["post-32639","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nigerie","tag-mediaverklarings","entry","has-media"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.1.1 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk - Geopende Deure<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk - Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Die bedieningsorganisasie Geopende Deure, wat vervolgde Christene regoor die w\u00eareld ondersteun, is geskok deur die bloedbad by \u0149 kerk in suidwestelike Nigeri\u00eb waarin minstens 50 mense dood is, talle beseer is en \u0149 onbekende aantal mense ontvoer is \u2013 met die oorledenes wat \u0149 groot aantal kinders insluit. Geopende Deure is uiters bekommerd oor die&hellip;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2022-06-06T12:52:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2024-07-12T11:56:28+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/IDP-Camp-scaled.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"2560\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1340\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/\"},\"author\":{\"name\":\"Milandre Hartze\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\"},\"headline\":\"Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk\",\"datePublished\":\"2022-06-06T12:52:52+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-12T11:56:28+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/\"},\"wordCount\":871,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/IDP-Camp-scaled.jpg\",\"keywords\":[\"Mediaverklarings\"],\"articleSection\":[\"Nigeri\u00eb\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/\",\"name\":\"Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk - Geopende Deure\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/IDP-Camp-scaled.jpg\",\"datePublished\":\"2022-06-06T12:52:52+00:00\",\"dateModified\":\"2024-07-12T11:56:28+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/IDP-Camp-scaled.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/IDP-Camp-scaled.jpg\",\"width\":2560,\"height\":1340,\"caption\":\"People at church IDP Camp in Yola. Supported by OD\"},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"\",\"item\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"description\":\"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"width\":606,\"height\":76,\"caption\":\"Geopende Deure\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\",\"name\":\"Milandre Hartze\",\"sameAs\":[\"http:\/\/Open%20Doors%20\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk - Geopende Deure","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk - Geopende Deure","og_description":"Die bedieningsorganisasie Geopende Deure, wat vervolgde Christene regoor die w\u00eareld ondersteun, is geskok deur die bloedbad by \u0149 kerk in suidwestelike Nigeri\u00eb waarin minstens 50 mense dood is, talle beseer is en \u0149 onbekende aantal mense ontvoer is \u2013 met die oorledenes wat \u0149 groot aantal kinders insluit. Geopende Deure is uiters bekommerd oor die&hellip;","og_url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/","og_site_name":"Geopende Deure","article_published_time":"2022-06-06T12:52:52+00:00","article_modified_time":"2024-07-12T11:56:28+00:00","og_image":[{"width":2560,"height":1340,"url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/IDP-Camp-scaled.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Milandre Hartze","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Milandre Hartze","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/"},"author":{"name":"Milandre Hartze","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4"},"headline":"Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk","datePublished":"2022-06-06T12:52:52+00:00","dateModified":"2024-07-12T11:56:28+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/"},"wordCount":871,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/IDP-Camp-scaled.jpg","keywords":["Mediaverklarings"],"articleSection":["Nigeri\u00eb"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/","name":"Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk - Geopende Deure","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/IDP-Camp-scaled.jpg","datePublished":"2022-06-06T12:52:52+00:00","dateModified":"2024-07-12T11:56:28+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/IDP-Camp-scaled.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2022\/06\/IDP-Camp-scaled.jpg","width":2560,"height":1340,"caption":"People at church IDP Camp in Yola. Supported by OD"},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/minstens-50-dood-nigerie\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"","item":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Minstens 50 mense dood in bloedbad deur gewapende mans by Nigeriese kerk"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","name":"Geopende Deure","description":"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.","publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization","name":"Geopende Deure","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","width":606,"height":76,"caption":"Geopende Deure"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4","name":"Milandre Hartze","sameAs":["http:\/\/Open%20Doors%20"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/32639","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/260"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=32639"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/32639\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/32637"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=32639"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=32639"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=32639"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}