{"id":30224,"date":"2021-11-19T13:38:53","date_gmt":"2021-11-19T11:38:53","guid":{"rendered":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/?p=30224"},"modified":"2021-11-19T13:49:44","modified_gmt":"2021-11-19T11:49:44","slug":"mediaverslag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/","title":{"rendered":"Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging"},"content":{"rendered":"<p>Met W\u00eareldkinderdag wat op 20 November gevier word om die Verklaring van die Regte van die Kind deur die Verenigde Nasies in 1959 te herdenk, val die kollig opnuut op kinders regoor die w\u00eareld en die verbetering van kinders se welstand.<\/p>\n<p>Dit is daarom skokkend om te verneem dat die vervolging van Christen-kinders regoor die w\u00eareld skerp toeneem en dat hulle dikwels \u0149 verskriklike prys vir hul ouers se Christelike geloof betaal. In minstens 28 lande word die kinders van Christene en kerkleiers met ernstige gewelddadige vervolging geteiken en as kommoditeite behandel.<\/p>\n<p>In lande met vervolging is kinders uiters kwesbaar om vervolg te word, veral in gebiede met voortslepende konflik. Christen-seuns word dikwels gedwing om by milit\u00eare groepe aan te sluit en meisies word aan seksuele geweld en gedwonge huwelike blootgestel.<\/p>\n<p><strong>Nuwe verslag oor vervolging van kinders<\/strong><\/p>\n<p>Dit is sommige van die bevindings in \u0149 skokkende nuwe verslag deur die bedieningsorganisasie Geopende Deure Internasionaal. Die verslag, getitel \u201cKinders en jeug-spesifieke godsdienstige vervolging 2021\u201d, beskryf die uiterste vervolging wat kinders in lande wat tot vervolging geneig is weens hul geloof in die gesig staar.<\/p>\n<p>Duisende kinders regoor die w\u00eareld ervaar vervolging, geweld en diskriminasie weens hul geloof. Hulle word geteiken om te voorkom dat die Kerk deur die volgende generasie groei en uitbrei.<\/p>\n<p>Die verslag bevat die bevindings oor vervolgde kinders en jeug in die top 50 lande op Geopende Deure se W\u00eareldwaarnemingslys, wat \u0149 jaarlikse lys is van die 50 lande in die w\u00eareld waar dit die moeilikste is om \u0149 Christen te wees, met vervolging wat baie hoog of ekstreem is. Vir die doeleindes van die studie is kinders en jeug gereken as individue wat jonger as 18 jaar is.<\/p>\n<p><strong>Belangrikste bevindings<\/strong><\/p>\n<p>Die sewe belangrikste bevindings in die verslag is:<\/p>\n<ul>\n<li>Kinders en jeug word geteiken om te verhoed dat die volgende generasie die Kerk opbou. Christen-gemeenskappe loop die gevaar om van die huidige jong generasie ontneem te word, sowel as van die toekomstige stigters van families of leiers in die Christen-geloof, aangesien kinders en jeug die potensiaal het om die Kerk te laat herleef en te verewig.<\/li>\n<li>Die kinders van kerkleiers en bekeerlinge in minstens 28 lande word deur oortreders geteiken, met oortredings teen die kerk se kwesbaarste en mees magtelose lede. Dit is \u0149 vorm van straf wat teen hul ouers gemik is.<\/li>\n<li>Die vervolging van kinders is daarop gemik om jongmense se emosionele, sielkundige en godsdienstige identiteit negatief te verander. Aangesien hulle op \u0149 stadium van hul lewens is waar hul identiteit be\u00efnvloedbaar en in die proses van vorming is, beperk dit die keuses wat aan hulle beskikbaar is deur hulle te be\u00efnvloed om selfbeperkend op te tree rakende die geleenthede en regte wat hulle nastreef en internaliseer dit die dominante godsdienstige of ideologiese identiteit.<\/li>\n<li>Die top drie drukpunte vanaf staatsinstellings en die samelewing is diskriminasie en teistering deur onderrig; die weiering van toegang tot Christelike materiaal, onderrig en rituele; en die weiering van toegang tot Christen-ouers. Gesamentlik verhoed dit die volgende generasie om in hul vormingsjare meer oor die Christelike geloof te leer.<\/li>\n<li>Kinders en jeug word as kommoditeite en produkte behandel, wat by ander geloofsgroepe ingelyf word of gedwing word om hulle te dien, eerder as om hulle soos individue te behandel wat integrale lede van hul gemeenskappe met inherente waardes en individuele menseregte is.<\/li>\n<li>Breedweg word beide wettelose optrede en wetgewing in verskillende grade en kontekste gebruik as \u0149 manier van godsdienstige diskriminasie en\/of vervolging. Christen-kinders en jeug is veral kwesbaar in gebiede wat erg deur konflik geraak word. In sub-Sahara Afrika is onwettige geweld \u0149 algemene metode van onderdrukking, terwyl staatswetgewing in die Midde-Ooste en Noord-Afrika dikwels gebruik word om toegang tot \u0149 wettige identiteit as Christene en Christelike godsdienstige onderrig te weier.<\/li>\n<li>Die vervolging van kinders en jeug is onlosmaaklik verbind tot geslagspesifieke godsdienstige vervolgingsdinamika. Soos wat seuns en dogters hul adolessensie nader, word die godsdienstige vervolging wat hulle ervaar toenemend deur hul geslag bepaal. Seuns in sommige Afrikalande en Latyns-Amerikaanse lande ervaar dikwels die bedreiging van gedwonge werwing vir militante groepe, terwyl meisies w\u00eareldwyd teen \u0149 ho\u00eb tempo aan seksuele geweld en gedwonge kinderhuwelike blootgestel word.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die belangrikste drukpunte wat vervolgde kinders en jeug in die gesig staar, is diskriminasie en teistering deur onderrig, die weiering van toegang tot Christelike godsdienstige materiaal, onderrig en rituele, die weiering van toegang tot Christen-ouers, verbale, fisiese (insluitende marteling), seksuele en sielkundige geweld, gedwonge huwelike, die weiering van hul wettige identiteit as \u0149 Christen en ontvoering.<\/p>\n<p><strong>Kinders moet beskerm word<\/strong><\/p>\n<p>Die uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, Lynette Leibach, s\u00ea: \u201cKinders en jeug-spesifieke vervolging is \u0149 baie ernstige kwessie wat kinders se welstand en geleenthede direk be\u00efnvloed. Soos wat die onlangse verslag wys, kom vervolging in baie verskillende vorms voor. Die bedoeling daaragter is egter deurentyd om die Christelike geloof en die voortsetting van die Kerk te stop of te bemoeilik.<\/p>\n<p>\u201cEk is hartseer oor die realiteit van hierdie kwessie en die vernietiging wat veroorsaak word deur vervolging wat op ons geloofsfamilie se kinders gemik is. Ons moet saamstaan om hulle te beskerm.\u201d<\/p>\n<p>Ingrid Smit, \u0149 bekende Suid-Afrikaanse maatskaplike werker, voeg by: \u201cAs \u0149 vrou, Christen en maatskaplike werker, breek die vervolging van kinders my hart. Kinders is so kwesbaar en weerloos. Hulle is van volwassenes afhanklik vir beskerming, leiding en voorsiening.<\/p>\n<p>\u201cKinders moet gekoester word, want die Bybel waarsku ons om hulle nie op \u0149 dwaalspoor te lei of skade te berokken nie. Daarom is enige vorm van kindervervolging minagtend, donker en boos; dit het \u0149 vernietigende uitwerking op die hele samelewing.\u201d<\/p>\n<p>Volgens pastoor Jackie Gouws, \u0149 senior pastoor by die Rustenburg Baptistekerk, moet kinders goed ingelig word oor vervolging en geleer word oor die gevare wat hulle weens hul geloof kan ervaar. \u201cVervolgde kinders moet besef dat Jesus ook weens Sy geloof vervolg is en dat Sy volgelinge weens hul geloof vervolg sal word. Dit is van kardinale belang om kinders in die \u2018vrye\u2019 Westerse w\u00eareld in te lig oor die lewe in lande waar daar ernstige vervolging is \u2013 dit sal hulle help om bewus te wees van die swaarkry wat vervolgde kinders ervaar.\u201d<\/p>\n<p>Errol Otto, jeugleier by die Pinksterkerk in Kraaifontein, s\u00ea: \u201cKinders is \u0149 lewende boodskap van die toekoms wat ons generasie nie sal sien nie. Ons moet onskuldige jeugdiges in ons gemeenskap help om sterk te staan teen vervolging. Dankie aan Geopende Deure vir hulle ondersteuning om vervolgde kinders met kos, \u0149 veilige blyplek en geleenthede om skool toe te gaan, te help. Mag die Here aanhou om hierdie bedieningsorganisasie te gebruik om Sy werk te doen en om kennis oor vervolging regoor die w\u00eareld te versprei.\u201d<\/p>\n<p><strong>Metodologie van navorsing<\/strong><\/p>\n<p>Die verslag is deur Geopende Deure W\u00eareldnavorsing (WWR) saamgestel. Die inligting is van Geopende Deure se veldpersoneel en bydraers in die veld, eksterne kenners en WWR-vervolgingsanaliste verkry. As deel van die proses om data in te samel, het streeksgebaseerde kenners kwalitatiewe data by traumaspesialiste, kerkleiers, fokusgroepe en plaaslike vervolgingskenners gekry.<\/p>\n<p>Hoewel die navorsing die ervarings van Christen-kinders en jeug bestudeer, het die outeurs aangeneem dat hierdie taktieke nie uniek tot Christelike bevolkings is nie. Daar is dus \u0149 behoefte aan baie groter begrip oor kinders en jeug w\u00eareldwyd wat kwesbaar is vir vervolging, diskriminasie en teistering weens hul geloof en hul verbintenis tot Christen-ouers en gemeenskappe.<\/p>\n<p><em>Geopende Deure Suider-Afrika (ODSA) is deel van die Geopende Deure Internasionaal-bediening, wat vervolgde Christene in meer as 60 lande w\u00eareldwyd bystaan met die lewering van Bybels en Christelike literatuur, besoeke aan vervolgde Christene, dissipelskap en opleiding, noodleniging aan slagoffers van vervolging en natuurrampe, en die verkondiging en bevordering van bewustheid deur voorspraak.<\/em><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met W\u00eareldkinderdag wat op 20 November gevier word om die Verklaring van die Regte van die Kind deur die Verenigde Nasies in 1959 te herdenk, val die kollig opnuut op kinders regoor die w\u00eareld en die verbetering van kinders se welstand. Dit is daarom skokkend om te verneem dat die vervolging van Christen-kinders regoor die&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":260,"featured_media":30225,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[255],"tags":[],"class_list":["post-30224","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-world-afr","entry","has-media"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.1.1 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging - Geopende Deure<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging - Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Met W\u00eareldkinderdag wat op 20 November gevier word om die Verklaring van die Regte van die Kind deur die Verenigde Nasies in 1959 te herdenk, val die kollig opnuut op kinders regoor die w\u00eareld en die verbetering van kinders se welstand. Dit is daarom skokkend om te verneem dat die vervolging van Christen-kinders regoor die&hellip;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2021-11-19T11:38:53+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-11-19T11:49:44+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Chilrens-Persecution.png\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1000\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"500\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/png\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/\"},\"author\":{\"name\":\"Milandre Hartze\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\"},\"headline\":\"Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging\",\"datePublished\":\"2021-11-19T11:38:53+00:00\",\"dateModified\":\"2021-11-19T11:49:44+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/\"},\"wordCount\":1254,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Chilrens-Persecution.png\",\"articleSection\":[\"World\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/\",\"name\":\"Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging - Geopende Deure\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Chilrens-Persecution.png\",\"datePublished\":\"2021-11-19T11:38:53+00:00\",\"dateModified\":\"2021-11-19T11:49:44+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Chilrens-Persecution.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Chilrens-Persecution.png\",\"width\":1000,\"height\":500},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"\",\"item\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"description\":\"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"width\":606,\"height\":76,\"caption\":\"Geopende Deure\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\",\"name\":\"Milandre Hartze\",\"sameAs\":[\"http:\/\/Open%20Doors%20\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging - Geopende Deure","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging - Geopende Deure","og_description":"Met W\u00eareldkinderdag wat op 20 November gevier word om die Verklaring van die Regte van die Kind deur die Verenigde Nasies in 1959 te herdenk, val die kollig opnuut op kinders regoor die w\u00eareld en die verbetering van kinders se welstand. Dit is daarom skokkend om te verneem dat die vervolging van Christen-kinders regoor die&hellip;","og_url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/","og_site_name":"Geopende Deure","article_published_time":"2021-11-19T11:38:53+00:00","article_modified_time":"2021-11-19T11:49:44+00:00","og_image":[{"width":1000,"height":500,"url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Chilrens-Persecution.png","type":"image\/png"}],"author":"Milandre Hartze","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Milandre Hartze","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/"},"author":{"name":"Milandre Hartze","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4"},"headline":"Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging","datePublished":"2021-11-19T11:38:53+00:00","dateModified":"2021-11-19T11:49:44+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/"},"wordCount":1254,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Chilrens-Persecution.png","articleSection":["World"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/","name":"Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging - Geopende Deure","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Chilrens-Persecution.png","datePublished":"2021-11-19T11:38:53+00:00","dateModified":"2021-11-19T11:49:44+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Chilrens-Persecution.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/11\/Chilrens-Persecution.png","width":1000,"height":500},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverslag\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"","item":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Nuwe verslag wys Christen-kinders ervaar ernstige gewelddadige vervolging"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","name":"Geopende Deure","description":"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.","publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization","name":"Geopende Deure","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","width":606,"height":76,"caption":"Geopende Deure"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4","name":"Milandre Hartze","sameAs":["http:\/\/Open%20Doors%20"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/30224","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/260"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=30224"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/30224\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/30225"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=30224"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=30224"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=30224"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}