{"id":28282,"date":"2021-07-01T14:03:52","date_gmt":"2021-07-01T12:03:52","guid":{"rendered":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/?p=28282"},"modified":"2021-07-01T15:14:35","modified_gmt":"2021-07-01T13:14:35","slug":"mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/","title":{"rendered":"MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging"},"content":{"rendered":"<div class=\"wpb-content-wrapper\">[vc_row][vc_column]<div class=\"vcex-spacing wpex-w-100 wpex-clear\"><\/div>[vc_column_text]Die vervolging van Christene skerp styg in Indi\u00eb, en word gedryf deur Hindoe-ekstremiste se doelwit om die land van alle nie-Hindoe-gelowe te bevry en die Kerk teen die einde van 2021 uit te wis. Christene regoor die land leef in voortdurende vrees, namate \u0149 sistematiese veldtog van gewelddadige teistering, verkragting en moord teen hulle gevoer word.<\/p>\n<p>Dit is die bevindings van \u0149 skokkende nuwe verslag van die London School of Economics (LSE), wat in opdrag van die bedieningsorganisasie Geopende Deure Internasionaal saamgestel is. Die verslag, getiteld \u201cDestructive lies \u2013 Disinformation, speech that incites violence and discrimination against religious minorities in India\u201d, beskryf die uiterste vervolging wat Christene en Moslems ervaar. Gewelddadige groepe Hindoe-nasionaliste of Hindutva*, wat hulle gedurig dophou, is hiervoor verantwoordelik.<\/p>\n<p>Ekstremiste is uiters georganiseerd en huiwer nie om uiterste geweld te gebruik om hul doelwit te bereik nie. Hulle gebruik propaganda om geweld en diskriminasie aan te hits, en beywer hulle vir veranderinge in amptelike beleide om die Kerk se vryheid te beperk. Daar word teen Christene gediskrimineer, hulle word deur hul families en gemeenskappe verwerp, hulle sukkel om te oorleef en vrees dikwels vir hul lewens.<\/p>\n<h3><strong>Skending van regte<\/strong><\/h3>\n<p>Alle kategorie\u00eb van Christen-gemeenskappe se regte word in Indi\u00eb geskend en bekeerlinge vanaf \u0149 Hindoe-agtergrond word op die volgende maniere die swaarste vervolg:<\/p>\n<ul>\n<li>Christene word weens hul geloof doodgemaak.<\/li>\n<li>Christen-vroue en -meisies word verkrag en seksueel misbruik weens hul geloof.<\/li>\n<li>Christene word aangeval, uitgewis en onregverdig daarvan beskuldig dat hulle ander dwing om tot bekering te kom.<\/li>\n<li>Christene is die slagoffers van brandstigting en smeerveldtogte wat geweld en diskriminasie aanhits.<\/li>\n<li>Vreedsame godsdienstige byeenkomste van Christene word deur gewelddadige groepe en aanvalle ontwrig.<\/li>\n<li>Christen-Dalits word weens hul geloof uitgesluit van regstellende aksie deur die regering.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Volgens die verslag word aanvalle en vervolging deur regeringsamptenare en wetstoepassers ge\u00efgnoreer, en selfs goedgekeur \u2013 insluitende die nasionale en streeksregerings, polisie en die media \u2013 om in die goeie boekies van Indi\u00eb se magtige Hindutva-organisasies te bly.<\/p>\n<p>Een van die verslag se outeurs, wat anoniem wil bly, s\u00ea: \u201cDie omvang van die regeringsamptenare en wetstoepassers se betrokkenheid by die geweld is skokkend; dit vind selfs op grondvlak plaas. Die burokrate, polisie en regters in die howe span openlik saam om hierdie minderhede te teister. En die politici, magtigste godsdiensleiers en invloedryke media-eienaars gee te kenne dat hierdie optrede wenslik is.\u201d<\/p>\n<h3><strong>Covid-19-pandemie<\/strong><\/h3>\n<p>Die Covid-19-pandemie het die situasie nog verder vererger. Mense is nou meer kwesbaar omdat hulle in hul dorpe ingeperk is en nie kan wegkom nie. Dit is baie moeiliker vir hulle om toegang tot ondersteuning van die wyer gemeenskap te kry of werk te kry, en Christene word dikwels afgeskeep met amptelike noodleniging.<\/p>\n<p>Christene en Moslems word gedurende die huidige Covid-19-krisis geteiken in geko\u00f6rdineerde veldtogte wat verkeerde inligting versprei. Dit sluit bewerings in dat hulle opsetlik probeer om die virus te versprei en Hindoes deur hulle aanbiddingsrituele daarmee besmet.<\/p>\n<h3><strong>\u00a0<\/strong><strong>Verdere bevindings van die verslag<\/strong><\/h3>\n<ul>\n<li>Die veldtog van geweld en intimidasie word erg aangevuur deur nuwe sosiale media-platforms. Gewelddadige groepe gryp slagoffers se fone en neem die aanvalle dan op, waarna dit op sosiale media geplaas word om ander Hindutva-groepe daaroor in te lig en hul subjektiewe weergawe van die inligting te versprei.<\/li>\n<li>Wanneer die hoofstroommedia aanvalle deur gewelddadige groepe hoegenaamd dek, word die oortreders se weergawe dikwels onveranderd herhaal sonder om dit te betwis en weier hulle om met die slagoffers te praat.<\/li>\n<li>Die polisie en plaaslike regstrukture weier om enige van die misdade wat gepleeg word te erken of om enige klagtes teen die oortreders te l\u00ea.<\/li>\n<li>Die geweld en vervolging word op regeringsvlak aangemoedig, met die staat wat wette instel om Christene te straf vir \u201cgedwonge bekering\u201d (in praktyk is dit net Christene wat hul godsdiens beoefen).<\/li>\n<li>Brandstigting-aanvalle word dikwels uitgevoer op plekke van aanbidding en godsdienstige items.<\/li>\n<li>Valse aantygings teen Christene word deur die hoofstroommedia en nuwe media versprei, insluitende bewerings dat Christene die Hindoes opsetlik met Covid-19 besmet.<\/li>\n<\/ul>\n<p>Die navorsing is uitgevoer deur \u0149 LSE-navorsingspan wat in Indi\u00eb gebaseer is. Die data is ingesamel op plekke waar voorvalle van geweld teen Christene of Moslems aangemeld is.<\/p>\n<h3><strong>Gevallestudies en aanbevelings<\/strong><\/h3>\n<p>\u0149 Reeks ontstellende gevallestudies word in die verslag beskryf, insluitende Sunita Verma**, wat geboorte gegee het aan \u0149 doodgebore baba nadat \u0149 groep Hindutva-aanvallers haar gewelddadig in die maag geskop het; Ravi, \u0149 plaaslike arbeider wat deur \u0149 gewelddadige groep aanvallers vasgekeer en aangerand is en deur die polisie in \u0149 sel gelos is om dood te gaan; en die besonderhede van \u0149 massa-aanval op \u0149 Moslem-dorp deur \u0149 skare van 6\u00a0000 mense, wat brandstigting gepleeg en talle mense permanent uit hul huise verdryf het.<\/p>\n<p>Die verslag bevat \u0149 aantal dringende aanbevelings, insluitende die samestelling van \u0149 internasionale kommissie om die regte feite te bevestig en die vlakke van geweld en skending van menseregte teen godsdienstige minderhede te dokumenteer.<\/p>\n<p>Die uitvoerende direkteur van Geopende Deure Suider-Afrika, Jan Gouws, s\u00ea: \u201cDie internasionale gemeenskap kan nie langer die gebeure in Indi\u00eb ignoreer nie. Hulle kan nie meer hul rug draai op hierdie gruweldade nie. Ons vra vir \u0149 deeglike ondersoek van die brutale en sistematiese vervolging van godsdienstige minderhede.\u201d<\/p>\n<p>Intussen word \u0149 beroep op sosiale media-maatskappye gedoen om \u0149 reeks onmiddellike maatre\u00ebls toe te pas, insluitende:<\/p>\n<ul>\n<li>Meer moderators om plaaslike kwessies van diskriminasie, teistering en geweld aan te spreek.<\/li>\n<li>Die verskerping van algoritmes om onmenslike optrede en die aanhitsing van geweld teen godsdienstige minderhede in Suid-Asi\u00eb aan te spreek.<\/li>\n<li>Die onmiddellike opskorting van rekeninge wat sulke materiaal versprei.<\/li>\n<\/ul>\n<p>\u201cWat veral skokkend is, is dat hierdie kwessie nie ernstig opgeneem word deur sosiale media-platforms en maatskappye wat menseregte ondersteun nie,\u201d s\u00ea die anonieme mede-outeur van die verslag. \u201cHulle behoort dit as \u0149 baie ernstige situasie te hanteer. Ek dink hulle sou anders gereageer het as Christene in Amerika of Brittanje so vervolg word.\u201d<\/p>\n<p>Die verslag is op 1 Julie 2021 w\u00eareldwyd vrygestel as die begin van Geopende Deure se Impact India-veldtog. Hierdie veldtog se doelwit is om bewustheid te skep oor die situasie van Christene in Indi\u00eb en om ondersteuning vir hulle te versterk. Vir meer inligting, besoek die Suid-Afrikaanse veldtog se webblad by <a href=\"http:\/\/www.standfortruthindia.co.za\">www.standfortruthindia.co.za<\/a>.<\/p>\n<p><em>* Hindutva vertaal as \u201cHindoe-heid\u201d en is \u0149 vorm van nasionalisme. Dit definieer die Indiese identiteit uitsluitlik in terme van Hindoe\u00efsme en sien alle gelowe en filosofie\u00eb wat nie inheems aan Indi\u00eb is nie (Christenskap, Islam, sekularisme) as \u201cnie-Indiese\u201d indringers in die nasie. <\/em><\/p>\n<p><em>\u00a0<\/em><em>** Name verander weens sekuriteitsredes. <\/em><\/p>\n<p><strong>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><em>Mediaverklaring uitgereik deur Elizabeth Botha<br \/>\n<\/em><em>Media- en Voorspraakbeampte: Geopende Deure Suider-Afrika<br \/>\n<\/em><em>Tel: 083\u00a0227 8164 \/ (011) 888 9341<br \/>\n<\/em><em>Epos: elizabethb@od.org<\/em>[\/vc_column_text][\/vc_column][\/vc_row]\n<\/div>","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>[vc_row][vc_column][vc_column_text]Die vervolging van Christene skerp styg in Indi\u00eb, en word gedryf deur Hindoe-ekstremiste se doelwit om die land van alle nie-Hindoe-gelowe te bevry en die Kerk teen die einde van 2021 uit te wis. Christene regoor die land leef in voortdurende vrees, namate \u0149 sistematiese veldtog van gewelddadige teistering, verkragting en moord teen hulle gevoer&hellip;<\/p>\n","protected":false},"author":260,"featured_media":28288,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[164],"tags":[],"class_list":["post-28282","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-indie","entry","has-media"],"acf":[],"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.1.1 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging - Geopende Deure<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"af_ZA\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging - Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"[vc_row][vc_column][vc_column_text]Die vervolging van Christene skerp styg in Indi\u00eb, en word gedryf deur Hindoe-ekstremiste se doelwit om die land van alle nie-Hindoe-gelowe te bevry en die Kerk teen die einde van 2021 uit te wis. Christene regoor die land leef in voortdurende vrees, namate \u0149 sistematiese veldtog van gewelddadige teistering, verkragting en moord teen hulle gevoer&hellip;\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Geopende Deure\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2021-07-01T12:03:52+00:00\" \/>\n<meta property=\"article:modified_time\" content=\"2021-07-01T13:14:35+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Photo-3-1.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1920\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1281\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"Milandre Hartze\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"5 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\/\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/\"},\"author\":{\"name\":\"Milandre Hartze\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\"},\"headline\":\"MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging\",\"datePublished\":\"2021-07-01T12:03:52+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-01T13:14:35+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/\"},\"wordCount\":1086,\"commentCount\":0,\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Photo-3-1.jpg\",\"articleSection\":[\"Indi\u00eb\"],\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"CommentAction\",\"name\":\"Comment\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#respond\"]}]},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/\",\"name\":\"MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging - Geopende Deure\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Photo-3-1.jpg\",\"datePublished\":\"2021-07-01T12:03:52+00:00\",\"dateModified\":\"2021-07-01T13:14:35+00:00\",\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Photo-3-1.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Photo-3-1.jpg\",\"width\":1920,\"height\":1281},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"\",\"item\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"description\":\"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.\",\"publisher\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\"},\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"af-ZA\"},{\"@type\":\"Organization\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization\",\"name\":\"Geopende Deure\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/\",\"logo\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"af-ZA\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\",\"url\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"contentUrl\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png\",\"width\":606,\"height\":76,\"caption\":\"Geopende Deure\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/\"}},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4\",\"name\":\"Milandre Hartze\",\"sameAs\":[\"http:\/\/Open%20Doors%20\"]}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging - Geopende Deure","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/","og_locale":"af_ZA","og_type":"article","og_title":"MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging - Geopende Deure","og_description":"[vc_row][vc_column][vc_column_text]Die vervolging van Christene skerp styg in Indi\u00eb, en word gedryf deur Hindoe-ekstremiste se doelwit om die land van alle nie-Hindoe-gelowe te bevry en die Kerk teen die einde van 2021 uit te wis. Christene regoor die land leef in voortdurende vrees, namate \u0149 sistematiese veldtog van gewelddadige teistering, verkragting en moord teen hulle gevoer&hellip;","og_url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/","og_site_name":"Geopende Deure","article_published_time":"2021-07-01T12:03:52+00:00","article_modified_time":"2021-07-01T13:14:35+00:00","og_image":[{"width":1920,"height":1281,"url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Photo-3-1.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"Milandre Hartze","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"Milandre Hartze","Est. reading time":"5 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/"},"author":{"name":"Milandre Hartze","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4"},"headline":"MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging","datePublished":"2021-07-01T12:03:52+00:00","dateModified":"2021-07-01T13:14:35+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/"},"wordCount":1086,"commentCount":0,"publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Photo-3-1.jpg","articleSection":["Indi\u00eb"],"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"CommentAction","name":"Comment","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#respond"]}]},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/","name":"MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging - Geopende Deure","isPartOf":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Photo-3-1.jpg","datePublished":"2021-07-01T12:03:52+00:00","dateModified":"2021-07-01T13:14:35+00:00","breadcrumb":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#breadcrumb"},"inLanguage":"af-ZA","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#primaryimage","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Photo-3-1.jpg","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2021\/07\/Photo-3-1.jpg","width":1920,"height":1281},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/mediaverklaring-indie-se-christene-ervaar-eksistensiele-bedreiging-weens-gewelddadige-vervolging\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"","item":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"MEDIAVERKLARING: Indi\u00eb se Christene ervaar \u201ceksistensi\u00eble bedreiging\u201d weens gewelddadige vervolging"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#website","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","name":"Geopende Deure","description":"The world&#039;s largest outreach to persecuted Christians in the most high-risk places.","publisher":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization"},"potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"af-ZA"},{"@type":"Organization","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#organization","name":"Geopende Deure","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/","logo":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"af-ZA","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/","url":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","contentUrl":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/wp-content\/uploads\/2023\/08\/Open-Doors-English-2023.png","width":606,"height":76,"caption":"Geopende Deure"},"image":{"@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/logo\/image\/"}},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/#\/schema\/person\/5b6e7a6326a7afb19a9433adeb6a17f4","name":"Milandre Hartze","sameAs":["http:\/\/Open%20Doors%20"]}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/28282","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/users\/260"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=28282"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/28282\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media\/28288"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=28282"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=28282"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/www.opendoors.org.za\/afr\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=28282"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}