Skip to content

Wêreldwaarnemingslys

Meerderheidsgeloof: Islam
Bron van Vervolging: Islamitiese Verdrukking

In baie van die top 10 Moslemlande op die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys – soos Afganistan, Somalië, Libië, Jemen, Iran en die Maledive – moet Christene hul geloof ʼn geheim hou. In Pakistan is die land se berugte godslasteringswette steeds ʼn noemenswaardige uitdaging vir Christene, want net die blote aantygings gemaak deur Moslems is genoeg om ʼn Christen hul werk en selfs hul lewe te kos.

In Soedan word kriminele wette, gebaseerde op Islam, toegepas om plaaslike Christene van Afrika, valslik en voor die voet, te straf met amputerings en geseling vir dade van “onsedelikheid” en “immoraliteit”.

En alhoewel die Islamitiese Staat hul mag verloor het in Sirië en Irak, word daar verwag dat hulle sal voortgaan met hul terroristiese aktiwiteite in ʼn poging om hulle volgehoue belangrikheid te bewys.

Bid:

  • Vir Christene wat in Moslemlande woon, dat hulle deur die Heilige Gees versterk sal word en braaf genoeg sal wees om die Evangelie te deel.
  • Dat baie Moslems in hierdie lande ʼn ontmoeting met Jesus sal hê en Hom sal leer ken as hul Here en Redder.
  • Vir die beskerming van Christene wat voorheen Moslem was en nou as geheime gelowiges in lewensgevaar verkeer indien hul geloof ontdek sou wor
Back To Top
Soek