Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Libië

Streek: Noord-Afrika
2018 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #4
Leier: Eerste Minister Fayez al-Sarraj
Populasie: 6,409,000 (0.7% is Christene)
Meerderheidsgeloof: Islam
Regering: Oorgangsregering
Bronne van Vervolging: Vervolging Islamitiese Verdrukking

Die klein minderheid van Christene in Libië bestaan uit inheemse Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond en immigrante van Sub-Sahara-Afrika wat op soek is na werk of toegang tot Europa. Dié van ʼn Moslemagtergrond ervaar veral gewelddadige en intense druk om hul geloof te herroep. Die situasie van wetteloosheid en burgeroorlog in die land het tot gevolg dat georganiseerde kriminele groepe betrokke raak in mensehandel en dat Islamitiese militante groepe Christene kan aanval en ongestraf bly. Hierdie groepe ontvoer gereeld Christene, en daar was ook al gevalle waar Christene doodgemaak is, dikwels op ʼn baie brutale en skokkende manier. Christen-immigrante ervaar ook onverdraagsaamheid, en word benadeel deur inheemse mense op grond van hul ras en geloof. Alle gelowiges wat hul geloof openlik verkondig loop die gevaar van arrestasie, geweld en selfs die dood.

Bid:

  • Dat baie mense die Evangelie deur Arabiese satelliet- en webuitsendings sal hoor.
  • Dat God die geloof van geïsoleerde gelowiges sal opbou, asook Sy groeiende Kerk en die wat regoor Europa versprei is vanweë vervolging.
  • Vir die uiters vervolgde, maar groeiende aantal Christene vanuit ʼn Moslemagtergrond – dat die Kerk in Libië deur hulle sal groei.
Back To Top
Soek