Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Iran

Streek: Midde-ooste
2019 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #9 in die top 50 lande
Leier: Ali Hosseini Khamenei
Bevolking: 82,012,000 (slegs 1% Christene)
Meerderheidsgeloof: Islam
Regering: Teokratiese Republiek
Bron van Vervolging: Islamitiese Onderdrukking en Diktatoriale Paranoia

Christenskap word as ʼn laakbare Westerse invloed gesien en ʼn konstante bedreiging tot die Islamitiese identiteit van Iran. Dit word tans gesien as ʼn toenemende bedreiging, omdat die getal Christene groei. En daar word berig dat selfs die kinders van Iran se politieke en geestelike leiers Islam verlaat vir Christenskap.

Alle etniese Perse word as Moslems gesien. Dit is onwettig om Christelike literatuur te vervaardig of kerkdienste te hou in hulle taal, Persies. Wanneer etniese Perse Islam verlaat, kan hulle die doodstraf opgelê word – alhoewel hulle meer waarskynlik in die tronk gegooi sal word vir “oortredings teen nasionale sekuriteit”.

Bid vir gelowiges in Iran:

  • Bid vir vertroosting en bemoediging vir diegene in die tronk, en beskerming en voorsiening vir hul families.
  • Bid dat God deur Geopende Deure se traumasorg-konferensies sal werk om voormalige gevangenes te help om te herstel van hul afgryslike ervarings.
  • Bid vir beskerming vir geheime gelowiges en ondergrondse kerke in Iran, en dat die Kerk in Iran sal aanhou om te groei.
Back To Top
Soek