Skip to content

Wêreldwaarnemingslys: Ethiopië

Streek: Horing van Afrika
2018 Wêreldwaarnemingslys Posisie: #29
Leier: President Mulatu Teshome Wirtu
Populasie: 104,345,000 (59% is Christene)
Meerderheidsgeloof: Christenskap (Ortodoks)
Regering: Federale Republiek
Bronne van Vervolging: Islamitiese Onderdrukking, Denominasionele Beskerming, en Diktatoriale Paranoia

Ethiopië was een van die eerste Afrika-lande om Christenskap te aanvaar en as die land se staatsgeloof aan te neem. Maar, ten spyte daarvan dat Ethiopië ʼn Christenmeerderheid land is, ervaar Christene vervolging van die regering, ekstremistiese Moslems, en selfs mekaar.

Islamitiese onderdrukking hou werklik ʼn gevaar in vir volgelinge van Christus. In areas waar daar ʼn Moslemmeerderheid is, word Christene geteister en dikwels toegang tot gemeenskaplike hulpbronne geweier. Christene wat die Ortodokse Kerk verlaat, staar ook vervolging in die gesig, siende dat die Ortodokse Kerk hulself as die enigste ware kerk ag. Christene ervaar ook vervolging op ʼn nasionale vlak, namate die regering meer outoritêr en agterdogtig oor geloof geword het. Dit het tot gevolg dat die regering gelowige uitsendingsdienste en gelowige aktiwiteite in skole verbied het.

  • Bid vir eenheid en reformasie in die Kerk in Ethiopië.
  • Bid vir meer vryheid vir die Kerk en vir God om die harte van die Ethiopiese regeringsamptenare te verander.
  • Bid vir voorsiening vir Christene, veral die wie toegang tot gemeenskaplike hulpbronne geweier word of deur hul families verwerp is omdat hulle Islam verlaat het.
Back To Top
Soek