skip to Main Content

Dit was net na Pinkster wat vervolging van die vroeë Kerk begin het, en dit was die tyd toe die Evangelie van Christus begin versprei het… “Daardie dag het daar ʼn hewige vervolging van die gemeente in Jerusalem begin… Die gelowiges wat uitmekaar gejaag is, het so ver as wat hulle gegaan het die Evangelie verkondig.” (Handelinge 8:1&4)

Op 12 Junie, onthou ons diegene wat deur die eeue heen op die die frontlinies van ons geloof gestaan het. Kom sluit by ons aan en word bemoedig en uitgedaag op jou reis met Jesus, terwyl ons aan ons vervolgde geloofsfamilie dink wat ʼn getuie vir Christus is, ongeag die koste

Hier is drie manier waarop jy betrokke kan raak:

Wees ‘n stem vir diegene in ons geloofsfamilie wat nie namens hulself kan praat nie deur as vrywilliger-spreker op te tree in jou eie kerk op Vervolgingsondag.

Voltooi die onderstaande vorm om een van ons sprekers na jou kerk se oggenddiens te nooi op 12 Junie, om meer te deel oor ons vervolgde familie se opofferings vir ons geloof.

Die aanlyn geleenthede sal aangebied word in Engels, Zoeloe of Afrikaans. Daar sal ook ʼn spesiale sessie aangebied word vir kinders van alle ouderdomme.

Vir jou gerief sal die sessies beskikbaar wees vir besigtiging enige tyd van 09:00 tot 21:00 op Sondag, 12 Junie.

Back To Top