Skip to content

Versterk gelowiges soos klein Daniël namate vervolging styg!

Regoor die wêreld – maar veral in die Islamitiese lande – is vervolging besig om toe te neem vir ons broers en suster in die geloof.

Jou gebede en ondersteuning tydens die 2017-2018 Wêreldwye Somersaanslag, is van kardinale belang om kos, skuiling en geestelike ondersteuning te voorsien aan gelowiges wat geteiken word deur die vyand. Maar ter wille van ons vervolgde broers en susters regoor die wêreld…veral kinders soos Daniël… is daar nog baie wat gedoen moet word.

Na die onlangse string bomaanvalle op kerke in Kaïro en ander dele van Egipte, word Christene in dié land al hoe meer vreesagtig vir hul lewens. Daniël, was voorheen sosiaal en sorgvry, maar in die afgelope tyd het hy meer angstig en teruggetrokke geraak. Sy ma, Rasha, vertel…

 “Hy waag dit nie eers om op sy eie na die kombuis te loop vir ʼn glas water nie.”

Niemand anders snel tot die hulp van broers en susters soos Daniël nie. Hulle roep uit tot God in gebed. En hulle draai na die liggaam van Christus wêreldwyd – na JOU – vir hulp.

Dit is waarom jou groothartige geskenk hieronder, om God se Woord te voorsien, pastore toe te rus en om Christene te versorg wat groot druk ervaar, so baie beteken.

Dankie dat jy vandag ruimhartig gee – om vervolgde gelowiges te versterk soos Rasha en klein Daniël!

*Verteenwoordigende foto gebruik.

  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik
  • Hidden
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Back To Top
Soek