Skip to content

Wereldwaarnemingslys 2024

“En op hierdie rots sal Ek my kerk bou; en die poorte van Hades sal dit nie oorweldig nie.”
Matteus 16:18

Die jaarlikse vrystelling van die WWL kan heel moontlik ʼn gevoel van nederlaag vir Christene regoor die wêreld bring. Elke jaar wys die data dat meer en meer van ons broers en susters onder risiko en dwang leef bloot omdat hulle Jesus volg. Dit kan moeilik wees om te sien waar God nog aan die werk is – as niks verander nie, is ons hoop dan tevergeefs?

In hierdie oomblikke moet ons vashou aan die beloftes van Jesus in Matteus 16:18 – die belofte dat niks ooit die Kerk van God sal oorwin nie, al is dit die poorte van hel en dood. Jesus se woorde behoort ons te druk om dieper te kyk. En wanneer ons dit doen, wat sien ons?

Ons sien deur die verhale van gelowiges soos Ji Ho* van Noord-Korea (wat in ons spesiale WWL-nuusbrief verskyn), hoe God selfs in die donkerste plekke aan die werk is.

GEOPENDE DEURE SE VISIE

Dit is maklik om Geopende Deure se visie op te som, want dit is al sedert 1955 dieselfde: “Versterk wat oorbly en op die punt staan ​​om te sterf.” Ons doel is om die Kerk te help floreer en vir Jesus te lewe waar dit die uiterste vervolging in die gesig staar. Geopende Deure werk in elke Wêreldwaarnemingslys-land om seker te maak dat Christene weet hulle is nie alleen nie.

WAT DOEN ONS?

Geopende Deure is op die grond deur vennote (of, in seldsame gevalle, as onsself) regoor die wêreld, en ons doen alles van Bybelverspreiding tot sosio-ekonomiese ontwikkelingsverligting en leierskapopleiding. Ons word gedryf deur  ons vervolgde familie in Christus se behoeftes, en daarom is ons werk so uiteenlopend soos die Liggaam se behoeftes.

WAT KAN JY DOEN?

Jy kan op een van drie maniere saam met ons vervoldge familie staan:

Die Wêreldwaarnemingslys dien nie net as ʼn inligtingsbron nie, maar skep ook bewustheid oor ons vervolgde geloofsfamilie.

Vul die vorm hieronder in om die kaart en top 50-gebedskalender af te laai om vir die lande op die Wêreldwaarnemingslys te bid.

Kyk na die 2024 Wêreldwaarnemingslys-video om die nuutste top 50 te sien en hoor ʼn paar interessante tendense wat ons geloofsfamilie beïnvloed.

KYK DIE WWL PREMIERE

Volgens die 2024 Wêreld waarnemingslys is Noord-Korea die gevaarlikste plek in die wêreld om Jesus te volg. Die besit van ʼn Bybel kan ʼn doodsvonnis wees.

Maar selfs in die donkerste plekke kan God nie stil gemaak word nie.

Ons geloofsfamilie in lande met uiterste vervolging (soos Somalië, Libië, Eritrea en Jemen) het dringend jou ondersteuning en gebede nodig.

Sal jy Christene help om in die donkerste plekke op aarde te oorleef?

R250 help ʼn geïsoleerde gelowige om God deur ʼn gereelde radio-uitsending te hoor praat.

R1 050 verskaf ʼn kospakkie aan die mees vervolgde gelowiges om hulle aan die lewe te hou.

R1 600 lei ʼn Christen op om vervolging in een van die wêreld se donkerste plekke te verduur.

Verwante veldtogte en gebeure

Veldtogte

Staanop Afrika

Sien meer
Back To Top
Soek