Lande soos Egipte en Afganistan het min in gemeen, maar daar is wel iets wat hulle verbind. Iets wat ʼn groot impak op Christene het…
As jy Islam verlaat en dit word uitgevind, sal jy ly.
Maar dit is nie net in hierdie lande nie. In baie lande regoor die wêreld en wat oor kulturele grense strek, moet Jesus se volgelinge in die geheim leef en aanbid omdat hulle Christene is. Ongeag of dit Islam, ʼn ander dominante godsdiens, die staat of die samelewing is, dit kan wrede en langdurige gevolge hê as ʼn Christen ontdek word.
Christene staan in hierdie lande voor ʼn harde keuse: Bly weggesteek of word aangeval, mishandel of selfs vermoor.
Op sommige plekke moet Christene beide hul identiteit en hul geloof wegsteek. Soms sal die staat hulle weens hul geloof teiken of selfs doodmaak. Ander kere kom die bedreiging vanaf hul families en gemeenskappe, en dit kan beide aanvalle en intense druk insluit.
Hoewel hulle stories en agtergronde verskil, deel hierdie Christene dieselfde realiteit: Hulle volg Jesus (meestal) alleen of saam met ʼn baie klein groepie mense. Hulle voel dikwels alleen, met min geleenthede om saam met ander Christene bymekaar te kom of te aanbid – en dit is ons verantwoordelikheid om te verseker dat hulle weet dat hulle ondersteuning en gebedsvennote regoor die wêreld het.
Vandag kan jy geheime gelowiges regoor die wêreld versterk deur Bybels, dissipelskapopleiding en praktiese hulp te gee.
Vandag kan jy geheime gelowiges regoor die wêreld versterk deur Bybels, dissipelskapopleiding en praktiese hulp te gee.
Ondersteun geheime gelowiges wat dit waag om Jesus te volg, wetende wat die koste is>>
Elke R150 kan Bybels aan twee gelowiges voorsien, sodat hulle God in Sy Woord kan ontmoet.
Elke R405 kon ʼn geïsoleerde gelowige deur ʼn radio-uitsending bemoedig en dissipel.
Elke R940 kan ʼn jaar se opleiding en dissipelskap aan ʼn nuwe Christen gee sodat hulle die geestelike fondament kan kry wat hulle nodig het om te floreer (tweejaarlange opleidingskursus).