Skip to content

Families in Kerstyd

Bring hierdie Kersfees vreugde vir geïsoleerde Christen-kinders

Geboelie. Aangeval. Geïsoleer. Opvoeding geweier.

Dit is hartverskeurend dat kinders op so ʼn jong ouderdom sulke dinge ervaar bloot omdat hulle Christene is. Baie sukkel om te verstaan waarom God hulle toelaat om te ly.

Kersfees is dikwels ʼn tyd wanneer kinders besonder kwesbaar is. Hulle voel dan veral geïsoleer van hul gemeenskappe, nie in staat om Christus se geboorte te vier nie of gedwing om dit in die geheim te doen.

Vir sommige jong gelowiges is Kersfees dalk die een tyd van die jaar wanneer hulle saam met Christen-kinders van hul eie ouderdom kan feesvier – altyd met die wete dat hulle na ʼn lewe van isolasie sal terugkeer.

Hulle moet weet dat hulle nie alleen is nie.

“Christelike kinders en jeug staar talle uiteenlopende maniere van vervolging en diskriminasie in die gesig. Vir baie kinders is die ervaring om hul geloof in ʼn konteks van ernstige vervolging uit te leef, uiters eensaam en isolerend – hulle word deur ander verwerp en benodig hulp en ondersteuning.” – Uittreksel uit die Kinder- en Jeug Vervolgingsverslag.

Sal jy hierdie Kersfees die geskenk van vreugde aan geïsoleerde en kwesbare kinders gee?

Gee vreugde

Wys aan ʼn vervolgde kind dat hulle nie alleen is nie.

*Indien die veldtog ten volle befonds is, sal ons jou geskenk aanwend waar die behoefte die grootste is.

Back To Top
Soek