Skip to content
Bemagtig vervolgde vroue om Jesus te volg

In die uitdagende landskap van die Arabiese Skiereiland, tuiste van Islam, draai mense na Jesus – en jou ondersteuning dissipel hulle.

Nadia* het haar hele lewe na die waarheid gesoek. Sy het Islam en Boeddhisme ondersoek voordat sy na New Age en okkultiese praktyke gedraai het. Niks kon egter haar leegheid vul nie, en sy was kwaad en ontsteld.

Toe het Nadia vir Jesus ontmoet…

Lande soos Jemen, Saoedi-Arabië, Oman en Katar is onder die 50 gevaarlikste plekke in die wêreld om ʼn Christen te wees. Diegene wat vanaf Islam tot bekering kom, is uiters kwesbaar – en Christen-vroue word beide weens hul geloof en geslag vervolg. In sulke lande is dit uiters gevaarlik om ʼn Christen te wees.

Dit is waarom jou ondersteuning so noodsaaklik is. Ná jare van isolasie en eensaamheid, verbind jou geskenke en gebede Nadia met ander Christene, voorsien opleiding in dissipelskap en rus haar toe om haar geloof te deel.

“Die eerste keer toe ek ander gelowiges ontmoet het, was ʼn wonderlike ervaring,” sê Nadia. “Ek het lank hiervoor gebid. Dit was baie oorweldigend.”

Sy voeg by: “Die idee dat so baie mense regoor die wêreld vir my en hierdie streek bid, gee my ook hoop. Ek weet hoe dit is om in ʼn geestelike woestyn te leef – en nou het ek die lewende water van Jesus gevind. Ek wil dit met ander deel.”

Help om ons vervolgde geloofsfamilie te bemagtig, soos Nadia, sodat hulle toegerus kan word om die Evangelie met dié rondom hulle te deel en verskeie vorms van opleiding kan ontvang om hulle te help om in hul geloof te groei. Indien jy in staat is om dit te doen, skenk asseblief om hulle te ondersteun sodat hulle die hoop van Jesus na die droë plekke in hul lande kan bring.

 Indien jy iemand ken wat daarin geïnteresseerd sal wees om meer oor Geopende Deure en ons vennote te weet, vra hulle asseblief om in te teken op ons webtuiste, www.opendoors.org.za.

 

*Naam verander vir sekuriteitsredes.

  • Hidden
  • Hidden
  • Hidden
  • Jy sal na PayFast se webwerf verwys word om ʼn maklike en veilige donasie aan Geopende Deure te maak wanneer jy die “Skenk Nou”-knoppie klik

Back To Top