Skip to content

Stuur hoop en ondersteuning aan Christene in Afrika, wat geweld ervaar!

Anti-Christelike geweld neem toe in verskeie dele van Afrika. Etniese suiwering van Christene raak algemeen in lande soos Somalië. Islamitiese terrorisme het ook die toenemende vervolging van Christene in baie nasies tot gevolg.

Jou geskenk as deel van die R11,742,442-doelwit vir die Wêreldwye Somersaanslag sal dringend benodigde hoop en ondersteuning te bring aan weduwees soos Comfort, en aan baie ander vervolgde gelowiges.

In Nigerië se Middel-Belt, het Fulani-veewagters Comfort se man vermoor tydens ʼn aanval op haar hoofsaaklik Christelike dorpie. Sy roep uit…

 “Hoekom het God toegelaat dat hulle my man vermoor? Wie sal na my vier kinders omsien. Ek  dink nie dat ek ooit weer gelukkig sal wees tot die dag dat ek sterf en ek hom weer ontmoet nie.”

Jou geskenk sal help om gelowiges soos Comfort te voorsien van kos, skuiling, klere, komberse, traumaberading en skoolgeld na die verpletterende verlies van ʼn eggenoot en pa.

Jy rus hulle ook toe met Bybels, dissipelskapopleiding en beroepsvaardighede, sodat hulle hul lewens kan herbou.

Stuur asseblief ʼn geskenk om die R11,742,442-doelwit te help bereik sodat ons kan help om weduwees, weeskinders en die wat geweld ervaar vir hul geloof, regoor Afrika, te versterk.

Deur jou geskenke en gebede kan jy die Kerk in Afrika help om te bly voortuitbeur en die donkerte met die lig van Christus te bestorm. Dankie vir jou vennootskap.

Back To Top