Skip to content

Siriese Christene wat kos en hoop benodig sê dankie!

Sirië se burgeroorlog het baie mense gedwing om van hul tuisland te vlug. Maar daar is steeds baie Christene in hierdie oorloggeteisterde land wat veg vir oorlewing.

Samir se familie het probeer skuiling vind in Aleppo – net voordat die geveg daar uitgebreek het, en baie lewens en geboue deur bomaanvalle vernietig is. Hulle is een van meer as 17,000 families wat jy help, deur hulle elke maand met kos te ondersteun deur ʼn plaaslike kerkvennoot van Geopende Deure.

“Daar is nie ʼn enkele familie in Aleppo wat kan voortbestaan en aanhou om hul kinders groot te maak sonder hulp nie,” sê Samir. “Die kos wat ek ontvang stel ons in staat om hier te bly. Dankie.”

Die volgende stap is om families in Aleppo weer op hul voete te help deur ʼn kerkgebaseerde Sentrum van Hoop te begin – om beroepsopleiding en mikrolenings te voorsien aan mense wat klein sakeondernemings wil begin.

Jou ondersteuning het Geopende Deure reeds in staat gestel om saam met twee kerke te werk en sulke sentrums in twee ander stede te begin. Fr. Elias Farah dien in een van hierdie sentrums en sê, “Ons moet iets doen om mense te help om weer te werk, om hul eie inkomste te verdien. Dit is ʼn manier om mense hoop te gee.”

Jou getroue ondersteuning is van kardinale belang, namate kerke in Sirië versterk word en hoop gegee word aan Christene wat alles in die oorlog verloor het. Mag God jou seën omdat jy Sy liefde aan die mense van Sirië betoon!

*Verteenwoordigende foto gebruik.

Back To Top
Soek