Skip to content

Sirië Noodtoestand

Veertig- tot vyftigduisend (40,00-50,000) Christene is vasgevang in die toenemende konflik in die noorde van Sirië namate Turkse troepe, Koerdies-geleide magte aanval.

Op hierdie oomblik, is Geopende Deure se vennote op grondvlak besig om die situasie te assesseer en te reageer op die onmiddellike behoeftes, en te sorg vir die wat deur die gevegte geaffekteer is.

Ons het kontak gemaak met Pastoor George (bo regs), wie se kerk in Qamishli skuiling voorsien het aan Koerdiese gelowiges wat dakloos gelaat is deur die gevegte. Hy en sy hele kerk het beplan om gister die stad te verlaat. Bid asseblief vir hul beskerming. Een van die families in sy kerk se huis is reeds in die artillerievuur vernietig en minstens een van sy gemeentelede is ernstig beseer.

“Ons is baie besorgd oor diegene wat vir hulle lewens vlug,” sê Geopende Deure se Velddirekteur. “Die Christene het selfs meer om te vrees: nie net die gevegte nie maar die vryheid wat ekstremiste sal hê namate die situasie ontrafel.

“Hulle kort [die hulp] van hul wêreldwye kerkfamilie, om saam te staan in gebed en saam met hulle te staan in die langduur.”

Bid asseblief dringend. Vra jou kerk om te bid. En, indien jy gelei voel, maak ʼn bydra tot Geopende Deure se Sirië Krisisfonds.

Bid asseblief

  • Vir ʼn vinnige oplossing en effektiewe ingryping deur die internasionale gemeenskap.
  • Vir beskerming vir diegene wat vasgevang is in die gevegte, in besonder die dapper pastore en werkers van die kerk, wat onmiddellike bystand en pastorale sorg voorsien.
  • Vir die toekoms van die Kerk in Sirië: dat hulle nie net sal oorleef nie, maar ʼn lig in hierdie donker tye sal wees.

Dankie dat jy vandag saam met ons familie in Sirië staan, en dankie dat jy aan jou familie in Christus wys dat al word hulle vervolg, hulle nooit alleen is nie!

Back To Top
Soek