Skip to content

Sirië Noodtoestand: Bid asseblief

Geopende Deure se vennote op grondvlak in noordelike Sirië reageer op die ontluikende krisis, en sorg vir die wat vasgevang is in die gevegte.

Geopende Deure gaan voort om Christene in Sirië by te staan met noodleniging, pastorale sorg, onmiddellike trauma-ondersteuning, en om te belê in hul lewensbestaan sodat hulle in hul land kan bly. Ons plaaslike vennote assesseer tans die situasie om te bepaal hoe om die kerk gemeenskap op die beste wyse te ondersteun.

Sal jy vandag bid en gee – om in onmiddellike behoeftes te voldoen en langtermyn ondersteuning te voorsien vir jou familie in Sirië?

Dankie dat jy aan jou familie in Christus wys dat al word hulle vervolg, hulle nooit alleen is nie!

Sien my geskenk hieronder om dringende en langtermyn hulp vir my familie in Sirie* te voorsien.

*Jou geskenk sal aangewend word vir die onmiddellike reaksie en langtermyn ondersteuning vir geaffekteerde gelowiges. Indien meer geld ingesamel word as wat benodig word vir hierdie situasie, sal jou geskenk aangewend word vir ander situasies van kritiese nood in Sirië en die omliggende area.

Back To Top
Soek