Sirië: Dorpe langs die Khaboer-rivier Bevry van die Islamitiese Staat
Volgens World Watch Monitor dui berigte deur die Catholic News Service (CNS) daarop dat al die dorpe langs die Khaboer-rivier, wat drie maande gelede deur Islamitiese Staat-militante binnegeval is, bevry is.
“Dit is baie goeie nuus,” het Vader Emanuel Youkhana van die Christian Aid Program in noordelike Irak aan CNS vertel.
Hy het Christendorpenaars egter gewaarsku om nie te spoedig terug te keer huis toe nie, omdat landmyne deur die militante agtergelaat is. “Drie Koerdiese-vegters het omgekom as gevolg van [Islamitiese Staat] landmyne. En ʼn operasie om die landmyne skadeloos te stel is onderweg,” het Youkhana gesê.
Assiriese Christene en Koerdiese magte het beheer oor die dorpe teruggewen met behulp van VS-koalisie begeleide lugaanvalle.