Skip to content

Beste Vriend/in van die vervolgde Kerk,

As jy in die donker na die kleurglasmuur in ons kerk kyk, is dit moeilik om te sien wat die kunstenaar probeer uitbeeld het. Maar in die oggend, wanneer die son daardeur skyn, sal jy sien hoe die gefragmenteerde glas lewendig word. En dan word die kunstenaar se visie in volle kleur geopenbaar.

Op dieselfde manier, openbaar ons vervolgde familie se getuienisse dinge rakende God wat ons nie andersins sou raaksien nie. Hulle openbaar nuwe fasette van Sy krag en Sy liefde.

Wanneer ons oor die beproewinge lees wat hierdie brawe gelowiges verduur kan dit ons verbysterd laat en ons laat wonder waarmee God besig is. Maar dit is omdat ons menslike ervaringe nie genoeg lig werp om God se visie te sien nie.

ʼn Kollega het een keer gesê,

“Die vervolgde Kerk is soos ʼn son wat openbaar wat reeds in die Skrif staan – waarhede wat ons moontlik mag gemis het. Hulle verlig die sentrale kenmerke van ons geloof wat in die Bybel gevind word, maar dikwels selfs ‘in die helder daglig versteek bly.’”

Die vervolgde Kerk kan vir ons dinge leer rakende God, die Bybel en ons geloof wat ons beide sal uitdaag en bemoedig.

Op ons beurt, kan ons hulle bemoedig en versterk deur ons geskenke en gebede. Namate jy uitreik om te help, herinner jy hulle daaraan dat ons almal deel van een liggaam is en dat hulle nie alleen is nie – en dit beteken die wêreld vir hulle.

Dankie dat jy jou broers en suster help om Christus se liefde deur jou te sien skyn!

Saam in Sy diens,

Jan Gouws
Uitvoerende Direkteur
Geopende Deure Suider-Afrika

Back To Top
Soek