Skip to content

Beste Vriend/in van die vervolgde Kerk,

In Johannes 6:35 sal jy lees dat Jesus verklaar, “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom sal nooit weer honger kry nie…” (1983 Vertaling).

En ons almal weet dat sonder brood kan die mens nie lewe nie. Om brood te maak moet jy ʼn proses volg. Elke stap speel ʼn noodsaaklike rol sodat ons gevoed kan word.

As Christene het ons, ons eie “brood”: Jesus, wat die Brood van die Lewe is en wie noodsaaklik is tot ons geestelike dieet.

Jy speel ʼn belangrike rol in die proses van die verspreiding van die Evangelie en om die Brood van die Lewe te deel. Saam, plant ons die saad van waarheid, maak dit nat met gebed en dissipelskap, en help ons broers en susters in nood om die voordele te oes.

Dit herinner my aan ʼn vervolgde pastoor wat ek eenkeer ontmoet het. Ten spyte van die onderdrukking wat hy en sy kerk ervaar het, het hulle volhard. Toe hy gevra is hoe dit moontlik was, het hy gesê dat daar wêreldwyd Christene is wat vir hulle bid. En daardie Christene ondersteun hulle finansieel en stel hulle in staat om ons Standing Strong Through the Storm-opleiding by te woon. Christene soos jy.

Jou ondersteuning help om hierdie kerk aan te spoor en baie ander vervolgde kerke, soos die een, te versterk.

Wees asseblief verseker van hoe opreg dankbaar ons beleërde broers en susters is vir jou gebede en geskenke. Jy maak ʼn verskil in baie lewens!

Saam in Sy diens,

Jan Gouws
Uitvoerende Direkteur
Geopende Deure Suider-Afrika

Back To Top
Soek