skip to Main Content

Beste Vriend/in van die vervolgde Kerk,

Asië is ʼn ware engte vir Christelike vervolging, tog bly die Kerk groei. Maar die vyand is nie tevrede hiermee nie. Van alle kante ervaar gelowiges teistering.

Dis waarom ek so dankbaar is vir jou.

Aan die eenkant sal jy godsdienstige ekstremiste sien wat probeer om Christenskap uit te wis. Aan die anderkant, vervolg sekere regerings Christene, want hulle glo dat hul geloof ʼn bedreiging tot hul mag is. Bo en behalwe dit, ervaar baie gelowiges verdrukking van hul families, vriende en gemeenskap.

Christene in Asië is in ʼn konstante geestelike stryd op alle fronte. Hulle benodig ons gebede te midde van hierdie stryd. Ons word in Efesiërs 6:18 herinner om “met alle gebed en smeking by elke geleentheid [te] bid in die Gees, en juis daartoe [te] waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges[.]”

Gebed is die sleutel tot oorwinning in al ons geestelike stryde – joune, myne en ons broers en susters s’n waarin hulle elke dag deelneem. Jou gebede is kragtige geestelike wapens om gelowiges in Asië die goeie stryd van die geloof te help stry (1 Timoteus 6:12).

Mag God die mag van die bose ontbloot en vernietig, wat dit ten doel het om die liggaam van Christus in Asië neer te gooi. En mag Hy die oë open van ongelowige mans, vroue en kinders sodat nog baie meer tot geloof in Jesus sal kom.

Dankie vir jou vennootskap om ons broers en susters in Asië by te staan!

Saam in Sy diens,

Jan Gouws
Uitvoerende Direkteur
Geopende Deure Suider-Afrika

Back To Top
Soek