skip to Main Content

Beste Vriend/in van die vervolgde Kerk,

Terwyl ons 2018 betree, dink ek terug oor die afgelope jaar en wonder ek oor die jaar wat voorlê.

As ons terugkyk op 2017, het ons die Here op baie fronte sien werk. Te midde van die oorlog in Sirië en Irak, byvoorbeeld, het Hy gereeld die droewige omstandighede gebruik om mense na Hom te bring. En ten spyte van ongelooflike vervolging, het die Kerk gegroei in sommige van die vyandigste omgewings.

Dit herinner my aan die oorlede Pastoor Samuel Lamb van China, wat gesê het, “Meer vervolging, meer groei.” Hy het dit in sy eie kerk beleef, wat gegroei het nadat hy vrygelaat is uit die tronk.

Die werk wat die Here in die vervolgde Kerk oor die afgelope jaar gedoen het, laat my dink aan Psalm 40:5, “Groot dinge het U gedoen, HERE my God – u wonders en gedagtes vir ons.”

Wanneer ek hierdie vers lees, raak ek ook opgewonde oor die talle wonders wat die Here hierdie jaar gaan doen, en die dinge wat hy vir ons vervolgde broers en susters beplan.

En terwyl ons hulle in 2018 dien, is ek dankbaar vir getroue vriende soos jy wat instrumente in die hand van die Here is. Jou gebede en geskenke is ʼn bemoediging vir so baie!

Namate ons hierdie reis in die nuwe jaar saam aanpak, bid ek dat die Here jou krag daagliks sal hernu – en dat jy sal “vlieg met arendsvlerke” (Jesaja 40:31).

Saam in Sy diens,

Jan Gouws
Uitvoerende Direkteur
Geopende Deure Suider-Afrika

Back To Top
Soek