Beste Vriend/in van die vervolgde Kerk,
Terwyl ek terugdink oor die afgelope jaar, staan ek verwonderd oor hoe God vriende soos jy gebruik het om vervolgde Christene om die wêreld te vertroos en te versterk. En ek is opgewonde om te sien hoe Hy dit sal bly doen namate ons 2019 saam betree!
Jou gebede is meer noodsaaklik as ooit, namate Satan sy aanslag verdiep. Die gevaar vir die liggaam van Christus is groot, soos wat jy op bladsy 2 sal lees waar bekeerlinge Tim en Jigme vertel oor wat hulle ervaar het omdat hulle Christus volg in Boeddhistiese Asië.
Stories soos hierdie tref ons diep. En ʼn mens kan maklik moedeloos voel. Maar hou moed! Soos Psalm 5:11 ons herinner, “Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat U naam liefhet, en hulle juig oor U.”
Die wonderlike waarheid is dat die Here hierdie Skrif onder ons vervolgde broers en susters deurvoer – en Hy doen dit deur jou deernisvolle hart, jou gebede en jou ruimhartigheid!
So maak seker jy lees oor die Christengemeenskap in Ethiopië (bladsy 1), waar daar vandag gesing word en beskutting en blydskap is – alles omdat God vriende soos jy gebruik om die duisternis van vervolging te verdryf!
En bid asseblief vir ondersteuning om in te stroom vir die Wêreldwye Somersaanslag wat nou in volle gang is. Saam, deur hierdie veldtog, kan ons meer gelowiges anker om die storm te weerstaan, toerus vir die geveg, en God se Koninkryk uitbou waar geloof die meeste kos.
Saam in Sy diens,
Jan Gouws
Uitvoerende Direkteur
Geopende Deure Suider-Afrika